Jy blaai in die argief vir 2012 Desember.

Blanke verset en woorde van Mandela.

Desember 19, 2012 in Uncategorized

when a man is denied the right to live the life he believes in, he has no choice but to become an outlaw.”
― Nelson Mandela, Long Walk to Freedom: Autobiography of Nelson Mandela

As ek nou Mandela se woorde mooi verstaan dan het die Boeremag ouens en die lot wat nou weer gearresteer is mos niks verkeerd gedoen nie. Duidelik word ons Boere en Afrikaanse mense nie die lewe gegun wat ons soek nie, nog minder die van ons wat vry wil wees in ‘n eie land.

Die ander opsie is natuurlik dat Mandela verkeerd was, of nog erger dat hy net vir swartes die regte gegun het wat hom dus ‘n rassis sou maak. Persoonlik is ek teen sluipmoorde en die tipe ding maar ek kan ook verstaan hoekom mense soms die goed doen. As ek bv na Gadaffiduck se einde kyk kan ek amper nie glo dit het so lank gevat voor iemand hom gepos het nie. As hulle eendag ‘n moewie oor hom maak kan die naam iets wees soos: “Ghadaffi to cadaver”.

Ek is seker meeste mense in RSA wil nie suke moorde sien nie, maar as Zoomer of Malema bv so aan hul einde kom sal meeste mense ook nie juis trane stort nie. As so min mense omgee wanneer ou mense afgemaai en verkrag word, jong dogtertjies in die kop geskiet word, mammas voor hul kinders verkrag word en kinders in kook water verdrink word, hoekom sou enige iemand oor politieke dose soos daai twee trane stort?

Miskien moet ons weer kyk na ons samelewing en ons eie uitkyke en sien of ons reg doen deur so afgestomp te wees oor die gemors. Miskien sal ons dan verstaan hoekom party mense tot die besluit kom dat die duiwels aan die hoof van die tafel eerder gepos moet word.

Vroutjie en een storie van wag op die lughawe.

Desember 15, 2012 in Uncategorized

Ek is die week al 10 weke weg van my huis af. Eers was dit 5 weke in Angola, toe twee in Holland en nou weer Angola…genoeg is nou genoeg, maar dis darem nog net 6 dae dan is ek oppad huistoe. Dis nie ‘n maklike lewe nie, maar dit hou die potte vol en aan die kook.

Ek kan hoor as ek bel is vroulief maar baie teer. Sy is al gewoond dat my werksplanne soms op kort kennisgewing verander, daarom dat sy eers lughawe toe ry om my te gaan haal, nadat ek gebel het en laat weet het ek klim op die errie. In 15 jaarwat ek al so weg werk het sy my nog elke keer by die lughawe gaan aflaai en behalwe vir een keer, elke keer ook weer gaan oplaai. Ek mag ‘n kar huur, maar sy wou nog nooit iets daarvan hoor nie en ek aanvaar dit nou maar net so.

Seker so 10 jaar terug het ek in Mali gewerk en moes met Air Afrique vlieg. Hulle was 50% onder Franse besit en eintlik ‘n heel skaflike maatskappy met blinknuwe Airbus erries, maar op tyd wees was nie hul sterkpunt nie. So vlieg ek eendag huistoe vanaf Bamako in Mali, via Abidjan en Brazzaville tot in Johannesburg….probleem is in Brazzaville kan ons nie brandstof kry nie en moet toe terug vlieg Gabon toe om vol te maak. Intussen sit vroulief al op die lughawe en wag.

So wys die borde toe die vlug is laat, later nog later en so gaan dit aan. Vroutjie besluit toe iets is fout en loop soek die Air Afrique kantore om te hoor wat aangaan. Die swart mense wat daar werk, en verl ene Mr Subsuikolu of so iets, praat toe sover ek later gehoor het gebroke Engels met ‘n Franse aksent wat skrik vir niks.

Na groot gesukkel hoor vroutjie toe dat ons eers moes terug gaan Gabon toe vir petrol en daarom dat ons laat is.

Wat haar hart amper laat staan het is to die Mr S haar vertel: ” We is really hoped that they will heve enough petrol to be flying to Jannesbeg this time.”

Nodeloos om te skryf dat ons dit gemaak het, hoe anders kon ek dan hier sit en die storie vir julle tik en pos.

Pageants is net een moerse geldmaak spul

Desember 11, 2012 in Uncategorized

My dogter is ook geseend met alles wat nodig is om ‘n goeie model en selfs “Beauty queen” te wees en ons doen wat ons kan om dit te bevorder. Natuurlik kos dit baie geld vir klere, opleiding vervoer ens, maar ek sien dit as ‘n belegging in my kind.

Wat ek wel agtergekom het is dat daar elke jaar 100de skoonheids kompetisies aangebied word, meestal sonder enige prysgeld om te wen. Inskrywingsgelde is gewoonlik tussen R250 en R450 maar party groot kompetisies kan baie duurder wees. Tenminste bied die grootes ook fantasties pryse te wen. Verder is net tiara en sashes wat aangebied word en vir my is dit nie reg nie. Hoe help dit nou om al die ander uitgawes te help dek? Vir my lyk dit of die organiseerders net uit is om groot wins te maak en dis dit, veral aangsien daar ‘n eindelose toevoer is van jong mense wat net sterretjies sien.

Miskien is ek te negatief, maar na jare se sit en kyk het ek al te veel drome sien verander in nagmerries en te veel ouers wat maar net aanhou betaal agter drome aan wat eintlik nagmerries is.

Gelukkig het my dogter die ding gou raak gesien en konsentreer sy net op betalende modelwerk met so nou nou en dan ‘n pageant net vir die pret en afwisseling. Vir my is dit wat haar so fantasties maak, ‘n mooi gesig, mooi lyfie maar ‘n wyse en lewendige verstand daarmee saam….verseker is sy haar ma se kind ook en ek het goed getrou.