Rukke en stote maar tenminste wen die Bokke toe..

November 24, 2012 in Uncategorized

Vir die eerste keer in ‘n lang tyd kon ek darem ‘n TV stasie kry wat die Bokke se wedstryde wys. Angola en Holland is nie groot op rugby uitsaai nie. Die wedstryd teen die rooinekke was seker nou nie een wat enige kenner in vervoering sou laat nie, maar wen is wen en dis wat tel.

Hopelik sal die jongmanne in die span net beter raak en ons erg trots maak. Daai Etsebeth seun is verseker ‘n yster wat nog baie manne groot pyne gaan besorg, letterlik en figuurlik.

Slaaptyd in Luanda…..ZZzzzzzz

11 antwoorde op Rukke en stote maar tenminste wen die Bokke toe..

  1. toe ons twee weke gelede in Rome was kom ons op ‘n Irish pub af en gaan in met die hoop om die rugby te kon sien. Daar weet hulle toe nie eers van die wedstryd nie.
    Bowendien was daar ‘n Fulham v Arsenal sokker wedstryd en al die ander mense se oë vasgenael op die skerms

    • Ek het al sulke goed oorgekom in Holland en paar ander lande ook…..almal ondersteun net daai skolliesport met die pissies wat vir niks neerval en kla nie.

  2. tina10 het gesê op November 25, 2012

    Welkom terug. Wat van ‘n paar foto’s?

  3. Wat maak jy in Luanda?
    Skuus as dit ‘n stupid vraag is.

  4. @blikskottel : ja, ‘n wen is ‘n wen. Maar die oorgrote meerderheid van Suid-Afrikaanse rugbyondersteuners is deesdae Kwaad as ons nie so wen dat die oponent vermorsel is nie ! ‘n Eienaardige samelewingspsige wat hier aan die orde van die dag is . . .ys.

    • Alles hang af van die opposisie, mens wil tog goed wen teen swakker opponente. In die wedstryd dink ek net die Bokke het nie op die standaard gespeel wat hulle veronderstel is om te doen nie.

  5. ‘n Wen is ‘n wen ! Mag hulle nou voortbou op hierdie ene!

  6. Wakkerword, opstaantyd!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.