Gebreekte vensters en belastings

Oktober 27, 2012 in Belasting

Ek is absoluut gekant teen belastings op mense en met goeie redes ook. Ter verduideliking gebruik ek ‘n storietjie…

In die dorp hoor die bakker een laatmiddag hoe ‘n baksteen deur sy groot voorvenster gegooi word. Hy storm uit om die krimineel te vang wat dit gedoen het, maar die persoon is skoonveld. Sommer gou-gou staan daar ‘n hele skare wat die ding beskou en bespreek. Party voel jammer vir die bakker, maar baie voel die hele episode kan darem nie net negatief wees nie.

Uit die ding gaan die glas besigheid mos nou besigheid kry en dis mos ‘n goeie ding. R500 in sy sak kan mos nie sleg wees vir besigheid in die dorp nie. Die probleem is dat almal wat so redeneer eintlik idiote is. Hulle sien net die besigheid vir die glasmaker, maar nie dat die bakker graag ‘n mooi pak klere wou koop nie. Hulle mis die feit dat die kleremaker nou sonder R500 se inkomste moet sit, praat nie eers van die materiaal verkoper, garingmaker en knoopmaker wat almal aan die kleremaker vooraad sou verskaf nie.

Is belastings nie maar presies dieselfde nie?

Die idiote sien net die brue, hophuise ens maar hulle sien nie die dinge wat nooit gebou kon word nie, juis omdat iemand anders effektief beroof is van sy inkomste nie. Hulle kla oor die diefstal en swak werk van die regering, maar is in effek self diewe, nog erger, diewe wat by hulle buurman en hul eie kinders ook steel.

Blikskottel is oortuig meeste mense gaan sienende blind deur die lewe.

12 antwoorde op Gebreekte vensters en belastings

  1. vega het gesê op Oktober 27, 2012

    Belasting is ‘n Bybelse beginsel

  2. celia het gesê op Oktober 27, 2012

    Die probleem is natuurlik nie die belasting wat ‘n mens betaal nie maar die aanwending daarvan.

    • Jy is verkeer. Dis juis dat mense belasting moet betaal wat verkeerd is. Hoekom moet jy betaal om net dit te doen wat enige mens of wese in die natuur sou doen, nl werk om jouself en jou gesin te onderhou? Dis mos boos om so iets van mense te verwag. Besighede moet betaal vir die vorreg om met ons as mense handel te dryf en dis dit.

  3. Jy kan darem ‘n ding in ‘n ander lig sien en dit so mooi uiteensit.

    Waar gee mens 5 sterre?

    • Dankie, ek het nie die stuk oorspronklik geskryf nie. Dis lank terug deur iemand anders geskryf en ek het dit net so losweg vertaal en oorgeskryf vir die blog. Dis egter puik ne?

  4. Hulle leef net vir vandag. Dit maak dit moeilik!

  5. Faansie het gesê op Oktober 30, 2012

    Jislaaik man. Die wereld is gewoont aan belasting, net nie jy nie.
    Belasting is nodig vir infrastruktuur ontwikkeling. Ons kan tog nie n wereld he waar elkeen vir homself n stukkie pad bou nie. Ons almal betaal swaar aan belasting en haat dit om dit te doen en n hele bedryf het ontstaan juis om die belasting wat mens moet betaal te probeer ontduik of ten minste te beperk, maar dit is mens se bydrae aan jou medemens. Natuurlik wil ons he dit moet reg aangewend word want anders begin almal voel soos jy voel.

    • As jy teen jou wil betaal beteken dit jy word as slaaf gesien deur die een wat die belasting van jou afdreig. Afdreiging en afpersing is misdade sover ek weet. Belastings behoort net betaal te word deur besighede ens vir die voorreg om met ons as mense van die gemeenskap handel te kan dryf. Hoekom moet mense belas word op dit wat natuurlik is om te doen, nl werk om te leef en vir jou gesin te sorg. Daar is tog geen wons in werk van ‘n mens nie. Die mens ruil mos net gelykop sy arbeid vir iets anders..behalwe natuurlik as jy ‘n regeringsdoos is wat baie meer kry as wat jy doen of werd is. Hulle meot dus ook swaar belas word vir die vorreg om vir ons te dien en te verteenwoordig. Die hele gedagte rondom persoonlike belasting is siek en regerings buit dit net uit.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.