Nou van wie praat die skrywer hierso?

Oktober 24, 2012 in Snaaksighede

Hierdie skrywe het ek onlangs op ‘n ander web bladsy van ‘n Boere patriot gevind. Dit is nie my eie woorde nie, maar ek kon darem humor in die vind.

Jy word wakker op jou R45 000 bed, versterk met ‘n “titanium-alloy” metaalraam want jy kies jou byvroue soos jy jou brood koop, die lekker rond  en ten minste ses rolle. Jy loop na die badkamer, nie om jou tande te borsel nie, dis vir westerlinge, maar om jou kop kaal te skeer met ‘n uiters tradisionele “Mach-12: 4-blade-Ultra- turbo-maximum-close-cornerglider” skeermes met skokbrekers vir die hobbelrige plekke soos presidensiële hoofde. Vir die skeer is dit nodig om in ‘n R15 000 spieël te kyk want jy het ‘n moeilike kop om te skeer. As jy oor die eerste bult kom is jy vir omtrent 20 cm in ‘n blindekol. Na die skeer gaan jy stort in ‘n R80 000 stort want gewone storte was net Sifilis en Gonorrhoea af, vigs is ‘n perd van ‘n ander kleur.

Jy trek jou vakansiedrag aan en na jy jou tradisionele springbokvel uitrusting regggetrek het maak jy jou tradisionele Adidas veters vas en sit jou tradisionele Oakley sonbril op. Jy stap af na jou R4.5 miljoen vlugnabootser, want ‘iemand in jou posisie vlieg baie en as hy nie, selfs met vakansietye, oefen om sy drankmisbruik in regte vliegomstandighede te kan volhou nie, kan jy maar netsowel misdaad erken, jou baasspeeltydtyd is dan elk geval verby. Hierna stap jy na die R28 miljoen pretpark toe, waar jou kinders speel.

Jy gaan nie op die ritte nie want die rye is te lank, maar jy is wel aangenaam verras om nog twee van jou kinders te ontmoet wat jy nie van geweet het nie. Uiteindelik maak jy gou ‘n draai by die R12 miljoen kantoorkompleks om seker te maak die toespraakskrywer vermy die groot en moeilike woorde soos “Government”, “recession”, en “poligamy” wat dit ookal mag beteken. Nou kan jy bietjie voor jou R50 000 platskerm gaan ontspan voor ‘n ou klassieke filmpie soos The gods must be crazy en dink hoe die land sou inmekaartuimel as dáárdie klomp moes regeer!

Blikskottel: Wonder hoeveel sulke mense in beheer van lande is?

2 antwoorde op Nou van wie praat die skrywer hierso?

  1. Sjoe, dis wat ek rassisties noem!

    • Verduielik asb punsgewys watter een van die goed rassisties is en verduidelik hoekom. Ek dink eerder dis die waarheid tong in die kies skryf, maar as iets dalk nie waar is nie, mag jy dit ook uitwys.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.