Salige stilte, dis verkiesing in Angola

September 1, 2012 in Sonder kategorie

In Angola is daar tans ‘n algemene verkiesing, of liewer iets wat voorgee om dit te wees. Almal weet dat die idioot in beheer gaan nooit toelaat dat hy en sy kommie regering ooit die mag verloor nie…maar dis nie waaroor die storie gaan nie.

Tans is ek besig om op ‘n groot olie projek te werk so 1.5 ure se vlieg met ‘n helikopter, die see in. Ons woon op ‘n drywende wooneenheid wat so 400 mense kan huisves, algemeen bekend as die “barge”. Gemiddeld is daar so 30 nasionaliteite verteenwoordig en omtrent 60% van die mense is Angolese.

Die lot Angolese is dus almal nou weg om te gaan stem en daar is iets wat geen mens kan mis nie: STILTE het oor die hele woonplek en werksplekke toegsak….dis hemels. Geen skreeuende Angolese, geen gestry en baklei, geen chips op skouers, geen gemors aan die etenstafel, geen sokker op elke beskikbare TV, TV klank nie oorverdowend hard nie, geen 70ste rangse Nigeriese flieks, geen musiek met half kaal, dik vroumense nie….en meeste van alles stilte in al die slaap kajuite na 10 uur in die aand.

Blikskottel: Gaan die paar dae geniet vir wat dit werd is.

7 antwoorde op Salige stilte, dis verkiesing in Angola

  1. frikve het gesê op September 1, 2012

    Allawêreld maar jy is ‘n interessante kêrel! Dis nie elke dag dat mens te doen kry met iemand wat sulke werk doen nie.

    Geniet die rus en vrede – daardie deel van jou skrywe verstaan ek goed.

  2. TS het gesê op September 1, 2012

    Geen vroumense ook? hehehehe… is julle uitgehonger soos matrose

  3. *Grin*

    Klink amper soos ‘n army-kamp!

  4. Ek vertel nie altyd alles waarmee ek besig is nie….maar van nature kan ek nie stilsit vir lank nie.

  5. Seker maar, behalwe dat jy baie beter betaal word en langer as 2 weke pas kry….en nie hoef te worry oor RSA se rassistiese wette nie.

  6. Ek is getroud en lief vir my een vrou, dus definieer dit my optrede rondom enige situasie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.