Bose Boere

Julie 19, 2012 in Sonder kategorie

Hierdie stuk is deur my gevind en “gecopy & paste” uit:

Die Vryburger( ‘n Publikasie wat ook op die internet beskikbaar is en waarmee ek nie altyd saamstem nie en ooknie altyd verskil nie)

18 Julie 2102

 

As mens so kyk na die uitlatings van die minister van openbare beskuldigings, Malusi Gigaba, is die boere darem werklik boos! Nie net dit nie, boere het so min om te doen, dat hulle selfs uitgewerkte komplotte uitwerk en deurvoer om massamoorde te kan pleeg. Toe ‘n vragmotor vol insittendes voor ‘n waarskuwende en waarskynlik op daardie stadium reeds desperaat-histeriese treindrywer se tjoekepaf injaag, is daar twee moontlikhede van wat kon gebeur het.

 

Die eerste is dat boer Carel-Gert van Graan, geen tekort aan arbeid op sy plaas het nie. Selfs nadat hy twee maande gelede op ‘n Sondag in eredienstyd sy ou Ford vragmotortjie met sestig sakke veevoer, 5 twintig liter kanne diesel en ‘n derde van sy (tot op daardie stadium werkende) windpomp se metaal aan vier van sy arbeiders geskenk het, sukkel hy glad nie om hulle te vervang nie.

 

Inteendeel, hy het maar nog altyd net arbeiders aangehou vir die opwinding daarvan om elke af en toe ‘n plaasaanval te moet trotseer, want hy kan sy ganse 4700 ha grond op sy eie behartig. So desperaat is boer CG vir opwinding dat hy sommer derduisende onwettige immigrante met xilofoonagtige ribbekaste oor die grense te laat stroom het. Boer CG vang toe etlike van hulle in wreedaardige strikke met ‘n halwe mieliepit en ‘n koppie vuil water en dwing hulle om ‘n werksgeleentheid by hom te aanvaar waar hulle ook geforseer is om sy gratis maandelikse mieliepap te aanvaar.

 

Op die wreedagtigste manier gee hy hulle oorpakke, stewels en ander klere wat op vernederende wyse hulle volle liggame bedek en hul van die lieflikste winterkoue beroof. Ook hulle sterrekyk stokperdjie word gruwelik van hulle ontneem deurdat hulle gedwing word om in die gratis behuising in te trek. Om alles te kroon ontneem die sadistiese boer CG hulle van hul oefen geleentheid deur hul te dwing om ‘n geleentheid agter op sy vragmotor dorp toe te gebruik – alles sodat hulle getref kan word deur die trein met etlike waens steenkool wat hy bestel het net om hulle te tref!

 

Die ander opsie is dat die bestuurder van die vragmotor geen respek vir reels gehad het nie, sy musiek geluister het sodat hy nie die trein kon hoor nie en geen diepte-skattig gehad het nie omdat hy grootgeword het met sy neus in sy ma se sesde rugwerwel. maar dit is bietjie verregaande.

Tot volgende slag

Die Sweep

 

Blikskottel: Lees baie wyd en probeer soveel opinies as moontlik oor enige saak raaksien

18 antwoorde op Bose Boere

  1. TS het gesê op Julie 19, 2012

    Hoewel tong in die kies, bo dit nou nie brûe nie!

  2. endlich het gesê op Julie 19, 2012

    ons is maar eenmaal in vir ‘n ding…
    die sondes van die vaders….

  3. HeavyHenry het gesê op Julie 19, 2012

    Eish!

    So ‘n bliksemse boerskind!

    🙂

  4. sirpsa het gesê op Julie 19, 2012

    Elke baba op ‘n ma se rug wat ek tot dusver teegekom het se kop was gedraai, weg van haar sesde rugwerwel af, vanwaar die baba die wereld na beide kante toe in diepte kon aanskou. Dis nou die tye wanneer hulle wel op die ma se rug was.

    Myne was gereeld in ‘n drasak meestal teen my of hulle pa se bors, maar ook ons rue.

    Albei ons kinders is presteerders met uitstekende waarnemingsvermoens.

  5. Geluk maar ek sou eerder jou kommentaar oor die belangrike sake in die possie wou gehoor het.

  6. Soms is tong in die kies al manier om werklikhede or te dra en elke mens moet maar sy eie brug bou en oor dit kom.

  7. Ja, jy is seker reg.

  8. Dis eintlik lagwekkend, veral inagenome hoe hulle sukel om openlike kriminele soos Malema, Zuma en heel party ander ANC mense aan te vat en tronk toe te stuur.

  9. sirpsa het gesê op Julie 19, 2012

    En wat maak die neerhalende wyse hoe daar na babas op swart ma’s se rue verwys word minder belangrik?

  10. Verseker is dit baie minder belangrik as die saak rondom vals besuldigings, rassisme, laster en ‘n magdom ander euwels wat rondom die saak voorkom.

  11. sirpsa het gesê op Julie 19, 2012

    En om “grootword op die ma se rug” hier in te sleep is nie ‘n vals beskuldiging nie?

  12. Lees weer, ek stem nie altyd saam met alles wat die ouens skryf nie, maar ek laat ooknie iets uit om my eie sienings te bevorder nie….

  13. Carol460 het gesê op Julie 20, 2012

    Ja dis eintlik belaglik soos party van die mense kan redeneer! My broer sê altyd die kombinasie van ignorance en arrogance is gevaarlik

  14. Wanneer gaan ons ooit wegkom van verwyte,beskuldigings en beledigings?Hierdie stuk dra niks by tot verbetering van die situasie nie!

  15. Dis net jou mening, maar ek dink anders. Soms is dit nodig om dinge in perspektief te stel..wat is dit so anders as die spotprente van Shapiro en die ou word erg aangehang.

  16. Jou broer is wys en baie reg.

  17. Thx for the visit.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.