Geluk en mag niks jou terughou nie.
Junie 28, 2012 in Sonder kategorie
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/SA-skolier-in-VSA-bekroon-20120627
’n Suid-Afrikaanse matriekleerling het die eerste prys gewen op ’n internasionale wetenskapekspo in Pittsburgh, Amerika. Chené Mostert (17), ’n matrikulant aan die Hoërskool Ladysmith in KwaZulu-Natal, het ’n steriliseringstoestel vir tandeborsels ontwerp. Die ontwerp het haar R17 000 in die sak gebring en ’n uitnodiging van die Amerikaanse vereniging vir tandheelkunde (ADA) om in Desember terug te keer om haar produk te laat patenteer.
————————————————————————————–
Met ‘n dogter wat self binnekort oppad is Amerika toe om daar haar drome verder waar te maak, kan ek my indink hoe die meisie se ouers moet voel…reg om te bars van trots en met baie goeie rede.
Hopelik sal een of ander stuk slegte wetgewing of regulasie nie haar verhinder om in die land van haar geboorte al haar drome waar te maak nie. Ek dink nie ons kan bekostig om jong mense soos die dametjie te verloor nie, alhoewel dit duidelik is dat die meerderheid mense in RSA geen snars omgee nie.
Verseker lyk dit of ons seun ook klaar besluit het om eerder sy heil buite RSA te soek en hoe kan ek hom terughou, inagenome wat in RSA aan die gebeur is. My 13 jaar se internasionale werk het vir hom lankal gewys wat gedoen kan word en hoe siek RSA se arbeids en sosiale beleid is. Hoekom sou hy wou poep teen ‘n sterk “Kommie” wind, terwyl daar lande is wat hom sal toelaat om sy drome en potensiaal tenvolle te ontwikkel sonder politieke inmenging?
Gelukkig is dit darem so, dat daar wel baie geleenthede in die buiteland is vir baie kinders wat in RSA verniel word deur wetgewing. Wanneer gaan mense besef dat om iemand te bevoordeel tenkoste van iemand anders, is ‘n resep vir een groot gemors? Elke kind wat waai maak ons almal, wit, swart, geel en rooi gebrand, baie armer.
Blikskottel: Glo dat niks ‘n goeie man of vrou vir altyd kan afdruk nie.
benvanbruggen het gesê op Junie 28, 2012
Jy glo reg, Blikskottel.
TS het gesê op Junie 28, 2012
Ja dis jammer dat dit so is, ten spyte daarvan is daar tog kinders/mense wat ook in SA suksesvol is.
Baie geluk met jou dogter – ek is seker daar sal vir haar wonderlike deure oopgaan.
Blikskottel het gesê op Junie 28, 2012
Ek weet en niks kan dit verander nie.
Blikskottel het gesê op Junie 28, 2012
Natuurlik is daar, maar duidelik nie naastenby genoeg nie. Die tekort aan hoogs geskoolde en spesialis tipe mense wys dit duidelik.
annamariePCT het gesê op Junie 28, 2012
My seun is juis nou in Califonia besig met n staptog van n paar maande Pacific Crest Trail(die vis is glo volop daar)vandaar die foto’s.
Terloops hy is agt jaar terug, nadat hy klaar gestudeer het aan die ou RAU na Londen waar hy ingestap het by n eersteklas werk by Dow Jones.Ja dit is jammer, maar ons kinders moet gaan waar hulle die werk kan kry waarvoor hulle gestudeer het.Sterkte met die kinders wat oorsee gaan, die eerste jaar is die ergste.
Wrong het gesê op Junie 28, 2012
…
rosiemetdorings het gesê op Junie 28, 2012
Wat kan ons sê?
Die dam loop leeg
avega het gesê op Junie 28, 2012
Gelukkig kan my kinders nie sonder my en Wyseman nie, hulle sal nooit gaan nie 🙂 Hulle is besig om ‘n bydrae in hierdie land te maak en lewe positief nie so negatief nie.
Twaksak het gesê op Junie 29, 2012
Ek het so warm gevoel gekry toe ek lees van die meisiekind. Het lank op ‘n buurdorp van Ladysmith gebly. Sterkte met die kinners!
Blikskottel het gesê op Junie 29, 2012
Ek verstaan.
Blikskottel het gesê op Junie 29, 2012
Dis hulle keuse. My seun maak ook keuses en glo my dis baie ingeligte keuses. Ek sal nooit my kinders so vas maak aan my dat dit op die lange duur dalk hul toekoms bederf nie….maar weereens, dis hulle keuses.
Blikskottel het gesê op Junie 29, 2012
Dis erg jammer.
Blikskottel het gesê op Junie 29, 2012
My ene gaan net vir ‘n klein rukkie, sy is nog ‘n skoolkind…die ander een, tyd sal leer….
Blikskottel het gesê op Junie 29, 2012
MMM….
avega het gesê op Junie 29, 2012
Ek het dit tong in die kies gesê omdat ons gratis babasitters is. Maar ernstig, familieverhoudings is vir ons belangriker as geld en my kinders wil hê hulle kinders moet ‘n ouma en oupa hê wat deel is van hulle lewe.
Blikskottel het gesê op Junie 30, 2012
Ek dink ek verstaan. Ek verstaan ook dat familiebande deur liefde sterk gehou word, nie afstand nie. Dis hard, maar my kinders se toekoms is vir my baie belangrik en as dit met bietjie pyn saam gaan sal ek dit vat.