Prof Sampie, nou hoe dan nou!

Junie 26, 2012 in Sonder kategorie

Die Burger

2012-06-26 00:00

Volgens Terreblanche(prof Sampie) is die armoede-, werkloosheids- en ongelykheidsprobleem tans erger as in die apartheidsbestel, deels omdat die omvang van die nuwe swart elite se winste ewe onverdiend is as die omvang van wit mense se winsverdienste tydens apartheid. Hy voer aan die oorgang na demokrasie in Suid-Afrika, wat uit ’n linkse hoek dikwels getipeer word as ’n elite-oorgang, was heel moontlik eerder ’n elite-sameswering, met die voortgesette kontras tussen miserabele armoede en oordadige rykdom wat ’n voorsiene eerder as ’n onvoorsiene gevolg van die oorgangsmodel is.

 

Prof, elite sameswering, ek stem absoluut saam. Daai sameswering was seepglad gemaak deur groot hoeveelhede geld. Miskien kan jy bietjie “Google” en lees oor “Project Hamer”. Persoonlik dink ek die land is eerder verkoop aan die ANC.

 

In Afrika was politieke mag nog altyd al wat tel en ekonomiese vooruitgang nie juis belangrik nie, inelkgeval nie vir die heersers nie. Hulle vat mos sommer alles wat daar is en bokker die stemvee.
 
“demokrasie”, of meer korrek mobokrasie, is bloot ‘n middel tot ‘n doel en daardie doel is om mag en rykdom te bekom en ten alle koste te behou.
Meerderheidstem, ‘n moderne grondwet (selfs een wat diskriminasie wettig maak soos in RSA), menseregte en talle ander 1ste wereld begrippe is betekenisloos in die hele konteks van Afrika. Die ANC vee byna daagliks sy vetgevrete gat af aan die blank uitgedinkte en westerse instelling, of mis jy dit?
Die realiteit is magsmisbruik, korrupsie en uiteindelik verval en dit het ek in elke land van Afrika waar ek al was, sonder uitsondering gesien. As ek so vinnig tel is dit 8 lande, maar die TV sorg darem dat die res ook gesien kan word.
Die wat het, sal verloor. Die wat nie het nie, sal meer word.
Die wat mag het, sal bly plunder.
Welkom in Afrika Prof en mag jy elke dag ‘n pyn in jou agterstewe kry as jy sien wat die uiteinde is van jou en jou meelopers se linkse en liberale ideologie.
Blikskottel: Besef weereens dat geen graad ‘n mens wys kan maak of insig kan gee nie.

 

 

15 antwoorde op Prof Sampie, nou hoe dan nou!

  1. Waar wettig die grondwet diskriminasie?

  2. TS het gesê op Junie 26, 2012

    Die armes word net armer

  3. Unicorn007 het gesê op Junie 26, 2012

    Jy praat nou louter nonsens. Talle en talle swart mense het vandag toegang tot dienste en geleenthede wat hulle nooit voorheen gehad het nie.

    Ek het onlangs gekyk na n tribute wat Kyknet gedoen het vir Mimi Coertze. Omtrent al die opera sterre was swart. Onder apartheid sou hulle geen kans gehad het nie.

    Onder apartheid kon geen swart of kleurling sportman vir die Springbokke speel nie, ongeag sy talent. Nou: Bryan Habana 2007 wereldbeker speler van die toernooi. JP Peterson, Saterdag se man van die wedstryd. Beast Mtarirwa.

    Jy is sommer net n blatante rassis wat nie eers probeer om dit weg te steek nie.

  4. Carol460 het gesê op Junie 26, 2012

    Arm vra nie kleur of size nie. Ai tog, armoede loop hoog in ons land…. dalk maar nog altyd. Daar is net nou meer persvryheid nie waar nie?

  5. Reg Darwinia. Ek wou sommer by Exi wat dink regstellende aksie is diskriminerend uitvind waar hy geswot het en hoeveel swart mense daar kon sowt toe hy daar was.

    Regstellende aksie is nie lekker nie, maar dis donners noodsaaklik. Of dit reg toegepas word is ‘n ander debat.

  6. @Dar: Ek skryf slegs oor wat in die prof. se nuwe boek staan. Wie is ek nou om te stry met so hoogs leerde man en baie ander hoogsgeleerdes wat nes hy voel….en miljoene swart mense wat ook so voel.

    Niemand stry dat ‘n klompie anderskleuriges nou sekere dinge bereik het en toegang het to dinge wat voorheen haas onmoontlik was. Die meerderheid mag wel nou stem, maar verder as dit is hul lewe nog steeds gladnie wat die ANC belowe het nie en sal ook nooit wees nie.

    Jy kryt my gereeld uit as rassis, maar die werklikheid is heel ander. Jy het geen idee hoe ek met swart mense oor die algemeen klaarkom nie. Ek is net pro die vryheid van my eie nasie en ook ander nasies en sien geen manier wat dit uitgeleef kan word of verdedig kan word in ‘n eenheids staat soos RSA nie. As dit rassisties is vir jou, bou ‘n brug en kom oor dit.

  7. Dis ‘n feit wat in RSA net veel erger is agv van die roof elite van die ANC en linkse mense wat dink die nuwe RSA is ‘n utopia.

  8. Jip, ek stem saam en soos dit nou gaan sal dit ooknie verbeter nie. Die aanteel is net te hoog.

  9. Regstellende aksie is net ‘n mooi naam vir gewettigte diskriminasie. Mooi woorde kan nie die werklikheid wegsteek nie. Oor die toepassing is jy natuurlik reg,maar hoe pas mens nou in elkgeval iets reg toe wat in wese boos is en mense se lewens en baie jongmense se drome verwoes, net om ander sin te probeer waar maak?

  10. daai teel storie is die groot euwel!!!

  11. Absoluut, dis die grootste euwel en uiteraard van die saak een wat baie ander euwels uit voortspruit.

  12. skurwesan het gesê op Junie 27, 2012

    Ek wou kommentaar lewer maar met die stokke wat die Litnetters mekaar mee slaan deesdae sal ek maar net sê: ek het gelees.
    Groete, ek kom kuier weer.

  13. Carol460 het gesê op Junie 27, 2012

    Dink dit begin verminder.xxx

  14. Liz, ek’s lankal verby bang wees vir stokke. Die waarheid is die waarheid en niks moet dit ooit stil maak of stil hou nie.

  15. Duidelik volg jy nie die saak diep genoeg nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.