Kredietkaart ondervinding en so ietsie oor die Vatikaan

Junie 15, 2012 in Sonder kategorie

http://www.rt.com/news/tedeschi-vatican-vatileaks-banker-vatileaks-546/

Smaak my die Vatikaan se geld streke begin hom inhaal. 

Eergister moes ek my nuwe kredietkaart by Standardbank gaan haal, aangesien die oue verval het. Ek moes teken vir die ontvangs daarvan en het gevra vir ‘n afskrif van die dokument. Net daar slaan die poppo die fan, want volgens die anties daar behoort die dokument aan die bank en het ek geen reg op ‘n afskrif nie. Na groot baklei verstaan hulle toe uiteindelik dat my handtekening op die dokument is en dat die handtekening aan my aleen behoort en as hulle dit wou besit, dit teen ‘n groot prys te koop was.

Later het die bankbestuurder bygekom en hulle beveel om die afskrif vir my te maak, maar eers na sy ergerlik probeer het om my anders te oortuig. Eers toe sy sien dat ek onder my handtekening geskryf het: ” All rights reserved”, het sy besef HKGK. Natuurlik het ek haar ook so paar ander dinge vertel rondom aksies wat sy kon verwag, sou ek nie dit kry wat my volgens alle reg toekom nie.

Blikskottel se R0 krediet limiet het hulle ook erg deurmekaar gemaak, maar die klomp geld wat positief wys, was glo nogals ‘n onbekende in ons dorpie se tak.

Blikskottel: Het dit geniet om te sien hoe mense te laat besef dit wat hulle glo is ‘n pot snot.

9 antwoorde op Kredietkaart ondervinding en so ietsie oor die Vatikaan

  1. Die bank is in krediet by jou op ‘n VISA kaart ?

    Ek dink daai Werner ou van die radioadvert van FNB werk nou vir Standaard Bank ?

  2. pasella het gesê op Junie 15, 2012

    gee hulle gas!

  3. Elke liewe een van ons moet hulle gas gee. Besoek gerus http://www.thinkfreesa.com en sien hoe om dit te doen en hoe om jou regte te beskerm.

  4. Jip, hulle betaal rente op my deposito teen a rate wat hulle haat.

  5. MM,my vrou was saam en kon nie go wat sy gehoor en gesien het nie. Ek dink sy het ook nou gesien dat mens wel suksesvol kan wees as mens net jou saak ordentlik stel en hulle laat verstaan jy gaan nie hulle oor jou laat loop nie.

  6. Carol460 het gesê op Junie 15, 2012

    Vatso Katvis ! He – he !

  7. Ek is al so gatvol vir al die stories en gemors van die banke..so nou doen ek wat ek moet om myself te beskerm.

  8. HeavyHenry het gesê op Junie 16, 2012

    🙂

  9. Ek het ook maar net gelag agterna…maar breed soos ‘n keffiekat wat room gesteel het.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.