ATKV wenners konsert innie Goudveld

Mei 20, 2012 in Sonder kategorie

My dogter en haar dansmaat het so paar dae terug aan die Goudvekd streek se ATKV talent kompetisie deelgeneem. As een van die wenners in hul afdeling was hulle toe uitgenooi om ook aan die wenners konsert deel te neem. Met die is ons toe Vrydag aand deur Welkom toe om hulle te vat en te gaan kyk.

Dit was heerlik om so baie jong talent te sien, net jammer so min mense het tot aan die einde gebly. Die koue het seker maar dit aangehelp. Die wat vroeg geloop het, het egter uitgemis op die 3 heel beste optredes….

Nog iets het vir my duidelik geword en dit is dat in die Goudveld streek is daar nog juffrouens wat met liefde die kunste bevorder.

Blikskottel; Is erg trots op sy dogter en haar prestasies.

9 antwoorde op ATKV wenners konsert innie Goudveld

  1. neem aan dis wat genoem word ballroom dancing.
    Dit is mooi om na te kyk as dit behoorlik gedoen word.
    Geluk met jou dogter en haar maat

  2. Blikskottel het gesê op Mei 20, 2012

    Negatief, hulle doen TAP, Modern, Musical character en die tipe ding.

  3. TS het gesê op Mei 20, 2012

    Baie geluk… Ek dink dis baie ongeskik as mense net na hulle eie kinders kyk en dan loop.

  4. loudavisi het gesê op Mei 20, 2012

    Ons skooltjie (200 kinders) bied jaarliks ‘n eisteddfod aan. 130 dansgroepe tree oor twee dae op in verskillende katagoriee. Beoordelaar het self al op al die verhoe van die wereld gedans. (sê hy) Dis ongelooflik hoe goed die kinders is! Die hoerskool hier bied dans as ‘n Matriekvak aan.

    Geluk, hoor, en laat weet as sy wil inskryf..dis darem bietjie ver..

  5. HeavyHenry het gesê op Mei 21, 2012

    Nice!

  6. Blikskottel het gesê op Mei 21, 2012

    Dankie, ek’s mal oor die tipe goed.

  7. Blikskottel het gesê op Mei 21, 2012

    Sy sal graag wil maar ja, dis erg ver. Vir nou maak sy reg vir NewYork waar sy aan model slypskole, konferensies en kompetisies gaan deelneem.

  8. Blikskottel het gesê op Mei 21, 2012

    Baie dankie.

  9. Blikskottel het gesê op Mei 21, 2012

    Ons bly altyd tot die einde..ek wil niks mis nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.