Reels as iemand my oogappel wil “date”

April 17, 2012 in Sonder kategorie

1. As jy voor my hek toeter blaas beter jy iets aflewer – jy kom verseker nie iemand oplaai nie!!!!

2. Kyk my dogter in die oog as jy met haar. Praat – moet NERENS ANDERS kyk nie!!

3. As jou broek te enige tyd lyk of hy los is of was – sal ek met ‘n paar spykers seker maak hy bly waar hy moet wees!!

4. Ek lyk nie na ‘n blixem nie ek is ‘n blixem!!!!!!

5. Moenie met my oor politiek of sport of die weer praat nie – al wat ek wil hoor is hoe laat jy my dogter huis toe bring en al woord wat ek verstaan is VROEG!!!.

6. Moenie rondtripel as jy vir my dogter wag nie – sy vat lank, maak jouself handig en was die kar…en sny die ou antie langsaan se gras!!!!

7. Flieks met ouderdomsbeperkings is uit – Walt Disney is aanvaarbaar; ‘n besoek aan haar ouma is beter.

8.As jy my dogter laat huil – laat ek jou huil.

9. Moenie vir my lieg nie – ek gaan jou uitvang!!!.

10. Moenie gerus wees omdat ek ‘n ouderling is nie – ek doen dit net om my vrou gelukkig te hou!!!!.

11. Ten laaste, ek skiet om dood te skiet….was al in die tronk en sal weer skiet.

Blikskottel: Se dogter en haar mamma is nommer 1,2, 3, 4-100 in sy lewe.

18 antwoorde op Reels as iemand my oogappel wil “date”

  1. loudavisi het gesĂȘ op April 17, 2012

    Vyf sterre vir ‘n goeie en besorgde pa.

    Ek is egter baie BAIE dankbaar dat jy NIE my pa is nie!
    😀

  2. TS het gesĂȘ op April 17, 2012

    hehehehe…you go boy!

    Ek het geweet jy gee om!

  3. Pigsty het gesĂȘ op April 17, 2012

    Mmmmf! Ek dink jy wil heeltemaal te sag wees met hierdie knapies! Ek sou hulle ook sommer by die voordeur al deursoek het…en as hulle nie ‘n pistool of ‘n mes by hulle het nie, moet hulle sommer waai. Anders hoe gaat hulle my dogter beskerm daar buite?

  4. Pussycat44 het gesĂȘ op April 17, 2012

    Sjoe, jy’s darem ‘n kwaai pa!
    Ek’s bly jy was nie my pa nie 😉

  5. HeavyHenry het gesĂȘ op April 18, 2012

    🙂

  6. Carol460 het gesĂȘ op April 18, 2012

    Eks bly ek date nie jou dogter nie ! Daai nommer drie sal mos die man se toekoms bederf ! He – he !

  7. abrham het gesĂȘ op April 18, 2012

    ek sal my drie lummels van jou drumpel weghou!

  8. lora2me het gesĂȘ op April 19, 2012

    O, maar jy’s ‘n kwaai omie. My seun het altyd vir sy bot maats gesĂȘ as hulle by die voordeur inkom: Groet tog net my ma! Dit was altyd vir my snaaks, maar dit was my reĂ«l.

  9. Blikskottel het gesĂȘ op April 19, 2012

    Slim seun daai ene.

  10. Blikskottel het gesĂȘ op April 19, 2012

    Jis nou,s ek trots op myself.

  11. Blikskottel het gesĂȘ op April 19, 2012

    Goeie idee…ek is nie teen seuns nie of dit wat in die toekoms is nie,net teen die wat wil #$% aanjaag.

  12. Blikskottel het gesĂȘ op April 19, 2012

    Presies so bedoel.

  13. Blikskottel het gesĂȘ op April 19, 2012

    Jy mis uit…daar is ook baie voordele in pa,s soos ek.

  14. Blikskottel het gesĂȘ op April 19, 2012

    mmmm

  15. Blikskottel het gesĂȘ op April 19, 2012

    Ek verkies opgeleide en gevaarlike manne ook eerder…maar net die wat common sense het en dit baie duidelik kan gebruik.

  16. Blikskottel het gesĂȘ op April 19, 2012

    Sy weet wat die voordele is….dus wen sy al die pad.

  17. Blikskottel het gesĂȘ op April 20, 2012

    Bly sommer weg uit die hele Vrystaat want daar is baie ander soos ek.

  18. Carol460 het gesĂȘ op April 20, 2012

    He – he ! Stomme mannetjie !

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.