Uiteindelik ‘n hof uitspraak wat die land kan help

Maart 21, 2012 in Sonder kategorie

Howe soos dit in RSA bestaan en bedryf word is verseker nie my mees geliefde instellings nie. Gelukkig is daar soms ‘n regter wat sy eed nakom en wat ‘n uitspraak lewer wat ons almal dalk op die langeduur kan help.

Hopelik sal die hele saak rondom Zuma se korrupsie aanklagte uiteindelik tog ondersoek word en sal hy kry wat hy verdien. Hy het oorspronklik vir sy dag in die hof gevra en my mening is nog steeds dat ons sy wens moet toestaan. Hopelik sal al die ander mense en instellings wat ons ook beroof ook nog hulle gatte sien.

Blikskottel: Hoop ander howe sal ook die regte ding doen in die saak.

10 antwoorde op Uiteindelik ‘n hof uitspraak wat die land kan help

  1. ‘n Regter, jy verwys na ‘n volbank van die hoogste hof in die land as ‘n regter. Well done, nog ‘n bietjie Blikskottel’s Law.

  2. Toegegee dat ek tegnies nie korrek was nie. Die kakkerige deel van dot alles is die feit dat dit dit ‘n hele spul regters se saamwerk vat om ‘n uitspraak te maak wat almal voor hul heilige(en onheilige siele) geweet het lankal gemaak moes gewees het.

    Tegnies is jy ook verkeerd. Is die Concourt nie die hoogste hof nie?

  3. Net in konstitusionele sake. Hierdie was nie ‘n konstitusionele saak nie.

  4. Neander het gesê op Maart 21, 2012

    Ek is ook bly oor die uitspraak.

  5. Geen mens behoort ooit bokant geregtigheid te wees nie. Sosm moet ‘n prys betaal word vir vryheid en wat reg is.

  6. Ek’s bly, jy’s bly.

  7. Ek is net tevrede as geregtigheid gesien kan word in uitsprake. Wie die uitspraak maak is nie belangrik nie, behalwe dat daai persoon absoluut by sy eed gehou moet word.

  8. Sover ek weet is die konstitusie die opper wet en alle ander wette moet voldoen aan vereistes van die konstitusie. Dus is die Concourt die hoogste hof. Snaaks hoe baie kriminele sake land uiteindelik in die concourt? Snaaks hoe jy sukkel om te erken as jy verkeerd is….

  9. Die probleem is dat jy nie ver genoeg weet nie. Kriminele sake eindig net in die konstitisionele hof wanneer daar ‘n konstitisionele vraagstuk ter sprake is, in die meeste gevalle sal die Konstitisionele Hof dan net oor die aspek beslis en die saak na die hof van oorsprong terugverwys om verder daar mee te handel.

    Jou probleem is dat jy duidelik te dom is om te verstaan. En te arrogant om dit te kan raaksien.

  10. Die probleem is dat jy dit sien op jou manier en ek op myne. Die konstitusie beheer selfs wat dit is wat kan veroorsaak dat ‘n oortreding as krimineel gesien kan word, maw dit beheer wat kan en mag “wet” word en wat nie. Dis waarop ek my siening baseer.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.