Ouers wat aanhoudend verskonings soek…eish

Maart 19, 2012 in Sonder kategorie

Vanmore op die nuus sien ek weer ‘n gemeenskaps vergadering waar mense kla dat in hulle area is daar niks vir hul kinders om hulle sinvol gesig te hou nie. Dit veroorsaak dan dat hulle deel van bendes word, dwelms verkoop en sommer net dinges aanjaag ens.

Eeerlikwaar klink dit of hulle ‘n punt het, maar as ek na my kinders se lewens kyk dan dink ek hulle voer ons ook tot ‘n groot mate ‘n vet poep .

My dogter is nou in graad 11 en die hoeveelhede take en huiswerk wat sy het laat haar verseker baie min tyd om net te sit en niks doen nie. Behalwe vir dit maak sy tyd beskikbaar om nog haar dans en model werk ook te doen, alhoewel dit alles na uurse aktiwiteite is. My seun is besig met sy honneurs studies en met hom was dit nie veel anders nie.

Al wat ek dus kan dink is dat ouers nie nie genoeg moeite doen om hul kinders te beheer en reg op te voed nie. Ja dis groot woorde, maar dis hoogtyd dat dinge op die tafel geplaas word. Dis ouers se taak om hul kinders sinvol besig te hou en veral moet skoolwerk baie aandag kry.

So ter afsluiting: Raai watter ene is myne?

Blikskottel: Glo elke ouer moet absolute verantwoordelikheid vat vir sy kinders.

16 antwoorde op Ouers wat aanhoudend verskonings soek…eish

  1. Pragtig…hou selwers van swart sjokolade…jammer die res is nie ewe mooi nie…

  2. TS het gesê op Maart 19, 2012

    Dis juis die mense wie se kinders nie hulle skoolwerk doen en niks anders wil doen, wat die probleem is. Oral is daar oor genoeg sport geleenthede en as daar nie is nie kan hulle ander stokperdjies doen, maar hulle wil eintlik jol en suip ongelukkig.

  3. lora2me het gesê op Maart 19, 2012

    Ek stem saam oor dissipline en besighou, maar ek dink daar is baie ouers in armer gemeenskappe wat net eenvoudig so vroeg, soms vieruur soggens, die huis verlaat en eers weer baie laat saans tuiskom met openbare vervoer of ver moet stap sodat hulle kinders eintlik heeldag sonder toesig sit. Die skole van daardie areas word ook dikwels swak bestuur en ek weet hulle kry soms net die helfte van die dag ordentlike, sinvolle skoollesse. (Dis nogal hartseer, want my eie kinders kon ook hulself besig hou, maar ek het ook maar betaal vir die buitemuurs en so aan. Hulle dae was baie vol, maar hulle het geweet hulle is bevoorreg.) Geluk met die mooi foto – is jou kind die outjie wat heel regs staan?

  4. Hey ek sien jou held Tellinger het sy gat gesien. Lees gerus my blog.

  5. Hy het eerder in ‘n erg bose stelsel vasgeloop, maar die battle is net enetjie en die oorlog is lank nie oor nie. Hou dop, ons sal sien wie wen op die einde. Duidelik het daai regter nie op een van die punte wat Tellenger gemaak het uitspraak gelewer nie…daai uitspraak was om die minste siek en sover van geregtigheid as wat kan kom.

  6. Jy’t ‘n punt beet, maar ouers wat werk kan nog steeds nie dit as verskoning gebruik nie.

  7. Nes jy wil.

  8. Hoekom die een heel regs….o ja ons familie word mos as regs gesien.

  9. Ek stem saam.

  10. Vetjan het gesê op Maart 19, 2012

    die derde een van links af?

  11. Jy soek vir iets wat kon gebly het.

  12. heel regs?

  13. Jy’s nie links nie.

  14. STC het gesê op Maart 21, 2012

    ..maar dan ook die eer as prestasie daar is..so geluk met die ene..jy het hom mooi regs oeps reg grootgemaak.

  15. Ek het hom groot gemaak om te soek vir die waarheid en om ongeregtigheid te haat. Glo my sy siening en myne stem nie altyd ooreen nie, veral nie oor politiek nie. Een ding is egter vas: Geloof, familie en volk is naby aan ons harte.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.