Herkennings metode vir Brakpanners

Januarie 29, 2012 in Sonder kategorie

MANIERE OM TE WEET OF JY VAN BRAKPAN AF KOM

 

Die halloween pampoen op jou stoep het meer tande as jou cherry.

Jou 12 jarige dogter mag rook voor haar kinders.

Jy is al 3 keer getroud maar jou skoonouers bly dieselfde.

Jack Daniels is op jou lys van mense wat jy graag wil ontmoet.

Jou vrou se hare het al in die ceiling fan vas gesit.

Met die ontploffing in jou huis het net die wiele oorgebly.

Dis teen die wet om met jou skool sweetheart te trou.

Met jou laaste troue het jou bruid ‘n wit sweetpak aangehad.

Jou volledige stel koppies kom almal van Wimpy af.

Boy’s town is die grootste dorp waar jy al was.

Jou bure dink jy is ‘n speurder omdat jy so baie in polisie karre by die huis aankom

 

Blikskottel..plaas die net vir Tina as bewys van gebalanseerdheid in my uitkyke.

40 antwoorde op Herkennings metode vir Brakpanners

  1. Nog herkenningsmetodes vir Brakpanners:Jy’s ‘n suksesvolle professionele ingenieur met jou eie besigheid.
    Jy’s ‘n onderwyseres met twee grade.
    Jy’s ‘n geliefde mediese dokter.
    Jy’s ‘n bekende radio-omroeper en resensent.
    Jy’s ‘n bekende professor in dier-en plantkunde,wat radiowerk doen en skryf.
    Jy’s ‘n bekende filmster wat gereeld in ‘n baie gewilde sepie verskyn.
    Jy’s ‘n meganiese ingenieur met nog twee grade.
    Jy’s Meneer Suid-Afrika.

    Dis wat hulle gebalanseerde uitkyke noem!

  2. Steek hom, Perdebytjie !

  3. Snaaks. Lekker gegrinnik. Kom ons lys nog plekke waar Zef koning is. (Of was)

  4. avega het gesê op Januarie 29, 2012

    Jy dink aan Benoni 🙂

  5. avega het gesê op Januarie 29, 2012

    Was julle al in Kathu 🙂

  6. TS het gesê op Januarie 29, 2012

    hehehe… dark horse you!

  7. Hey – jou moer man – ek was in Brakpan gebore!

    Ek sien jou vanaand agter die stadsaal, dan kan ons die saak bespreek!

  8. smella het gesê op Januarie 29, 2012

    He he he……………skerp!

  9. Op my tyd daar, was daar so 50 000 mense in die dorp – so Ja, mens kry alle soorte!

    Wonder hoeveel mense daar nou is.

  10. Nee,Vega.Toevallig ken ek baie van hierdie mense. Manlief was op Brakpan op skool en die mense was saam met hom!

  11. avega het gesê op Januarie 29, 2012

    Ek spot sommer omdat Charlize Theron van Benoni kom. Jy kry alle soorte mense orals. Baie goeie familie van my kom van die Oos Rand een voorstad is na hulle vernoem, Goedeburg. My ma was hoofmeisie op Vryburger Hoër. En ‘n baie goeie dominee vriend van ons bly daar.

  12. 🙂
    Happy day to you Blik:)
    *hugs*

  13. Al my broer se kinners was in die marifont gebore…

  14. Haai watter Goedes is daai – toe ek en my ma by my sus hulle gebly het in rynfield, het die rekenmeester Goede twee huise van ons af gebly…

  15. avega het gesê op Januarie 29, 2012

    Ja van hulle het in Rynfield gebly en van my ma se ander familie; Krugers ook.

  16. Klink na doppers…

  17. avega het gesê op Januarie 29, 2012

    Ja my ma was die wilde ene wat nie met ‘n dopper getrou het nie

  18. Weet ook van die Goedes.Van die kinders het saam met myne skool gegaan..ja, reg geraai.. Ons woon in Benoni en ek word die [email protected] in as mense altyd maak asof die Oosrand net vol agterlike mense is

  19. Daar’s redelike uitbreidings na Heidelberg se kant toe,maar die dorp is definitief besig om maar oud en vervalle te raak soos die meeeste myndorpe,waar die myne uitgewerk is.

  20. En die mullet?

  21. Ai, die arme Brakpanners! 😉

  22. Ek het in Vamderbijlpark grootgeword, daai stories is soms net so erg…

  23. Hoe op dees aarde kon ek vergeet….

  24. Thx and may your week be full of blessings.

  25. Myne sou ook gewees het.

  26. Okay, maar ons fight met ons linkerhande aleen en die ander een agter die rug.

  27. Sien hoe geballanseerd is ekke in my uitkyke.

  28. Ek het niks teen steek nie.

  29. Perdebytjie: Duidelik weet jy nie alles van Brakpan af nie.

    Niemand dink almal daar is agterlik nie, daar is enkeles wat darem heel aanvaarbaar is….duidelik die wat jy ken.

  30. Kathu… o my genade, daai plek onthou ek van my Lohatla dae af, veral die vrouens wat by die army kamp kom “vry” het as hul mans nagskofte werk.

  31. Perdebytjie is nie jou gekerkte eggenoot nie. Hoe durf haar steek verwelkom !

  32. Blikskottel,dit gaan hier oor balans.Oral in die wereld is daar sulke mense wat jy beskryf het,selfs daar in Bloemfontein waar jy bly!Hoekom word Brakpan,Benoni,Boksburg en Springs altyd uitgesonder om op neer te sien?
    Dis ‘n persepsie wat deur oa radio-omroepers in mense se koppe geprent is.
    Ek bly al meer as dertig jaar aan die Oosrand en ken al die dorpe hier soos die palm van my hand.Hier is sulke mense,maar vir “balans”(jou eie woord)moes ek darem net vir jou reghelp.Mens mis nie op jou eie agterstoep nie!

  33. @Bruggie…ek’t nooit as te nimmer aan dit wat jy insinueer gedink nie.

    Dis korrigeer ek myself: Ek het niks teen iemand in die pad steek nie.

    Dis nattuurlik ook iets wat sommige Brakpanners as een of ander elsotiese seksuele plesier kan ervaar.

  34. @Perdebytjie:;Duidelik mis jy die idee agter die possie en ook het jy misgelees waar ek groot geworre het. Vanderbijlparkers word ook maar so gekarnuffel…chill bietjie, dis nie iets wat jy oor sleg hoef te voel nie.

    Was jy nie eersonder die naam Steekvlieg bekend nie, want jy wil net steek en baklei….

    Grappietjie….moenie ‘n aar bars nie…he he.

  35. Ag ou Blikkie, jy is reg.Mens moet maar nie alles so ernstig opneem nie en vir jouself kan lag.Ek was maar net vies,want hierdie afknouery van die Oosranders kom al jare en mens raak dik daarvoor.
    Nietemin,jou stuk was lekker snaaks en ek het daarvoor gelag!

  36. My naam was nie Steekvlieg nie.Dis vir my lekker om met jou te baklei,want jy baklei so lekker terug!Ek geniet dit.
    Jy’s ‘n regte ou Blik(sem)skottel!

  37. 2Perdebytjie: Ek’s bly en groetnis vir jou en baie sterkte.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.