Wette ontneem ook eerlikes van regte

Januarie 10, 2012 in Sonder kategorie

Wette, statute en regulasies word meestal gemaak om die kriminele in die samelewing vas te vat. Die probleem is dat in die proses word die eerlikes, ordentlikes en die wat geen rus verstoring veroorsaak nie, ook ontneem van regte en vryheid. Nog erger lei dit daartoe dat die groot groep se rus nou verstoor word deur polisie manne, meestal sonder enige rede.

Ek verkies om te glo dat die laasgenoemde laaste groep by verre nog ‘n meerderheid is en dus betaal die meerderheid die prys vir ‘n klein minderheid. Om al die redes, staan ek op en eis ek my individuele mense regte, soos in die republikeinse stelsel van regering dit hoort.

Blikskottel..verstaan dat demokrasie niks ander as mobokrasie is nie.

9 antwoorde op Wette ontneem ook eerlikes van regte

  1. Neander het gesê op Januarie 10, 2012

    Oral is misdaad, dis deel van die bemagtiging van die mens.
    In die VSA steel hulle karre, die versekering word bepaal volgens die tyd wat dit neem om ‘n kar te steel.
    Ook, familie se hotelkamer onlangs in Frankryk gestroop. Beursies in Engeland.
    Misdaad is die minste in die Midde ooste waar jy jou hand verloor. So die vreesbeginsel om te beheer, verstaan hulle goed. Moeiliker om te oorleef met een hand as om dood te wees en die stigma kleef aan die ‘one armed bandits.’

    Ek wonder hoe lyk dit in SA?

  2. TS het gesê op Januarie 10, 2012

    Jy klink vir my reg… maar ek sien ook wat Neander sê

  3. Ek is reg.

  4. Niks wat jy skryf verander aan die feit dat eerlike mense nou sonder rede ook gepla word nie. Is my en jou regte dan van geen belang nie?

  5. Hierdie land voel vir my soos daai chaos wat ons nie meer kan keer nie wat Jan de Wet van sing.

  6. wat my opnuut tref is dat ons in Suid-Afrika lankal nie meer vryheid het nie. geen vrye kom en gaan en leef in tronke agter hoë mure.
    Het gisteraand 10 uur eers deur stil strate na busterminus toe van bushalte na ons tydelik blyplek gestap sonder om kort-kort oor die skouer te loer

  7. Dis hartseer, veral as mens in gedagte hou hoe veiloig RSA was tydens apartheid. Blyk vir my dat die “bose” stelsel baie beter uitkomste in die sake gehad het as die lot van nou.

  8. Voel? Nee, dit is en beweeg alhoemeer daaikant toe.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.