Ons stig ‘n bende in Angola

September 14, 2011 in Sonder kategorie

Oral waar mens maar gaan en Boere vind wat in ander lande werk, is dit dit duidelik dat hulle saamstaan en mekaar ondersteun. Ons lotjie hier in Cabinda, Angola doen ook maar so. Eeen manier om dit te doen is om gereeld te braai, potjie te maak en saam te kuier. Natuurlik gebeur dit al hoe meer soos die jaar einde nader kom.

Nou gisteraand was so ‘n aand en so paar biere verder reken een van die manne dat ons van nou af as “Die bende’ bekend moet staan.

So moet elke ou dan ook ‘n bende naam kry en dus bestaan ons bende tot dusver uit:

 

Worsie, daar van die Vuil Driehoek af en die hoof van die bende

Kopbeen, die uwe uit die Vrystaat

Golfkarretjie, vanaf Balitto

 

…..en die ander manne sal met tyd nog hulle eie bende name kom byvoeg.

Worsie reken toe gisteraand dat hy ‘n paar dinge oor spietkops agtergekom het:

1. Hulle moet ‘n hoed dra sodat ons iets het om hulle onder uit te klap.

2. Daars ‘n kenteken op hul kar deure geverf sodat hulle nie in verkeerde karre klim nie…en dalk geklap word nie.

3. Dat hulle Leon Shuster huur om hulle beeld te verbeter deur sy movies.

4. Dat net mense met bokkerall ambisie, in daai job suksesvol kan wees.

Blikskottel…was voor die dinge in die laerskool laas in ‘n bende.

5 antwoorde op Ons stig ‘n bende in Angola

  1. Laas wat ek in ‘n bende was, het ons kak aangejaag.

    Probeer die versoeking weerstaan!

    🙂

  2. Ek kannie stry nie.

  3. Ons jaag net goeie werk en partytjie aan.

  4. Deesdae…ja jy’s reg.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.