Snaakse vrae en aanbouings

April 29, 2011 in Sonder kategorie

Die laaste twee jaar was ons maar baie besig om ons geboue uit te bou, of dalk is vergroot ‘n beter woord.

Hier’s fotos wat wys hoe dit gelyk terwyl ons besig was. Alles met rooi en wit gestreepte dakke is die dele wat ons aangebou het..of laat ek eerlik wees, meestal my vrou en drie swart werkers aangebou het. Ek is meestal finansier en dan die een wat groot ingineurs probleme moes uitstryk en glo my, tydens enige aanbouings duik die tipe goed gereeld op.

Ons het nooit fotos geneem tydens die hele tyd nie, maar die fotos het ek op Google streetview ondek.

Party mense het baie snaakse vrae te vra gehad, maar die twee was my gunstelinge:

1. Hoekom bou julle 3 garages aan die gebou aan?

2. Verf julle die dakke so rooi vir Kersfees tyd?

 

Gelukkig kry dinge ook darem einde en na die einde van volgende maand sal al ons winkels uitverhuur wees..dan met tyd begin die volgende projek: Die bou van ‘n klein teater op die oop grond agter die gebou.

 

Dus as jy weer in Parys kom, besoek gerus ons bruin gebou met rooi pilare en pers potte. Daar’s ‘n winkel wat antieke goed, decor en kuns verkoop, ‘n raam/kuns plek, ‘n Bling Bling boutique wat juwele en nice klere vir jong mense verkoop…en as alles goed gaan teen die einde van Junie, ‘n winkel wat allerhande lekkernye en produkte vanaf Namibia gaan verkoop.

 

…en daai boonste vertrekkie is myne vir my fotografie, tenminste tot my dogter (15 jaar oud) se boutique so gegroei het dat sy my kan uitskop.

 

 

Blikskottel…en vroulief het bewys dat met baie min fondse, baie gedoen kan word.

16 antwoorde op Snaakse vrae en aanbouings

  1. TS het gesê op April 29, 2011

    klink opwindend … ek hou van sulke snuffelwinkeltjies. Jy kan sommer van jou mooiste foto’s raam en ook verkoop. Sulke reekse?

  2. Geluk met die doel slaag.

  3. Ek’s besig om daaraan te werk…jy het al van my goed gesien op my foto blog….geheim is uit.

  4. Dankie, sover ja, maar tot daai teatertjie nie staan nie, sal my siel seker nie rus kry nie.

  5. TS het gesê op April 29, 2011

    nee stuur weer bietjie die skakel?

  6. Ek sal graag wil hoor…bring genoeg geld saam. Ons op die plateland benodig dit. ha ha ha

  7. pasella het gesê op April 29, 2011

    Lekker om in Parys se winkeltjies rond te snuffel.

  8. TS het gesê op April 29, 2011

    … sug … ek kom nie in nie Hy sê:Bad Request

  9. wesnwew het gesê op April 29, 2011

    ons het altyd gereeld deur parys gery, maar die pad Bothaville se kant toe is soms so sleg dat ons eerder Kroonstad om ry… As jy belowe om vir ons updates oor die toestand van die pad te stuur, ry ons graag weer bietjie volgende keer deur Parys, dan kan ons kom loer…

  10. ek was donkie jare laas in Parys. (dis nou as ons van die ene in SA praat) maar lyk my ons moet daaraan dink om weer daar uit tekom

  11. Jy sal nie een oomblik spyt wees nie, ek belowe jou dit.

  12. Jy’s mos lekker naby…dis goed so.

  13. Eerlikwaar weet ek nie…oor die algemeen is die paai maar vol slaggate, dis mos ANC beheer hierlangs ook…van Johannesburg se kant af is die pad baie goed tot in Parys.

  14. Ons het sommer Joburg verlaat en uiteindelik getrek, sak en pak so 8 jaar terug. Dit was toe ‘n goeie besluit…nou kyk ons dalk na Namibia, wie weet? Vroulief het daar grootgeword..

  15. http://pxp-photo.webs.com/

    Probeer die ene…tikfout sorry…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.