Wie’s die man in jou dogter se lewe?

April 17, 2011 in Sonder kategorie

As mens groen gras op die veld het en sy trek hier by 16 jaar oud, dan raak mens maar baie bekommerd oor wat van ‘n mooi dogter gaan word. Gelukkig is myne se kop reg aangeskroef…en ons maak haar groot om goeie besluite te kan neem.

Hier is my reels en hoe ek in haar lewe pas:

1. Solank sy onder my dak is, is ek die enigste man in haar lewe….volgens haar      tot sy trou is dit waar…

2. Enige ander mans/seuns het net toegang tot haar deur my.

3. Ek skep die voorbeeld wat sy nodig het om enige man te beoordeel.

4. Ek wys haar hoe ‘n vrou behandel behoort te word, deur haar ma reg te behandel.

Daar’s nog ander dingetjies ook, maar die is die hoof punte…

Blikskottel…belowe die dood aan enige iemand wat haar seer maak.

15 antwoorde op Wie’s die man in jou dogter se lewe?

  1. Ek verstaan wat jy sê….

  2. frikve het gesê op April 17, 2011

    Ek is hêlyt bly ek is nie die jong lat wat haar wil date nie – aan die ander kant as ‘n jong lat kan vasbyt en jou uiteindelik beïndruk, sal jy weet hierdie laaitie has got what it takes. Mooi dag vir jou en jou gesin.

  3. louisna het gesê op April 17, 2011

    Sterkte. Jou voorbeeld is korrek. Ek kan nie heeltemal saampraat nie, want ek het net 2 seuns.

  4. Ientjie het gesê op April 17, 2011

    Oho! Dis n storie. Ek het n pa gehad wat so my opgepas het. Tot my man op die toneel gekom het en besluit het hy sit die ou toppie bietjie op sy plek! Gaan kuier en gee die regte antwoorde en daar gaat ons in die troue in sonder enige probleme. Moet byse ons was toe al in die dertigs en nie meer jonge meisie en seun meer nie.

  5. TS het gesê op April 17, 2011

    Ek dink net mens kan leer deur seer te kry en om haar in watte toe te draai is nie altyd die antwoord nie Die lewe is maar val en opstaan en mens kan nie iemand anders se lewe vir hom/haar leef nie

  6. loudavisi het gesê op April 17, 2011

    Respekte, Blikskottel!
    Ek het destyds vir Hartman gese dat die grootste geskenk wat hy vir ons dogter kan gee is om haar geliefde te aanvaar.
    Bid ook daagliks vir hul huwelik.

  7. Vuurpyl het gesê op April 18, 2011

    Ek kan net praat van seuns.
    Met 2 seuns in my hut moet dit lekker wees om by so jong vrou later te gaan kuier, want die basis is reg gedoen.
    Darem goed as sy dan mans vriend eontmoet wiese basis ook stabiel is.

  8. Tot sy iemand ontmoet wat goed genoeg is vir my om terug te staan, is en sal ek altyd nommer 1 in haar lewe wees. Dat so ‘n man sal kom is iets wat ek voor bid en hoop…met groot trots en liefde sal ek hom dan aanvaar.

  9. Gelukkig is my dogter ook iemand wat weet dat om te vroeg te trou, net moeilikheid kan veroorsaak. Niemand kan my op my plek sit nie…al wat hy kan doen is om my te oortuig om my plek op te gee as nommer 1.

  10. Dis daardie attitude wat soveel egskeidings tot gevolg het. Waarom moet seerkry deel van enige iets wees..ons weet tog wat is reg en verkeerd. Ek as ouer het dit tog as taak om my kinders te beskerm.

  11. Dis so, ek sal hom aanvaar sou hy die regte een wees. Dis niks malik die dinge nie…maar ek weet alles sal goed uitwerk. Hopelik trou sy eers oor nog 15 jaar..na sy haar lewe mooi opgesit het en in plek het.

  12. Net so en ek weet ek sal eendag daai jonge heer se basis kan sien en reg vind.

  13. Ek vra niks bo-mensliks nie en jy’s reg, enige ordentlike LAT, sal dit kan herken.

  14. Ientjie het gesê op April 21, 2011

    Jy is n man so na my hart as dit by dogters kom. Ek het ondervinding met tiener meisies wat my laat wens dat daar meer pa s soos jy is. Pragtig man doet so voort.Ek self waardeer dit dat my pa my goed groot gemaak het.Het self n seun en het ook al aan n meisie gese as jy hom seermaak kry jy met my te doen.Hy is vandag n pragtige jongman wat steeds die deur vir dames oopmaak ens (meisies hou nie meer daarvan om galante ouens te he nie!

  15. Dis iets wat ek my dogter leer, dat sy galantheid verdien, liefde verdien…en dus ‘n goeie man sal kan herken.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.