Die oranje hemp verrassing

Februarie 21, 2011 in Sonder kategorie

Laat die verfyndes, skeef geklaptes en modeslawe maar blou moord skree,

maar oranje is beslis nie ‘n normale kleur vir ‘n man se hemp nie.

…behalwe as jy sokker speel vir Holland

…as jy na ‘n maskerbal gaan waar niemand jou bakkies sien nie

…en ek erken dat ek in die volgende geval oortree het:

Onverwags kon ek vroeg terugkeer Suid Afrika toe na ‘n lang, internasionale werks periode en kon een aand ‘n dans opvoering, waarin my dogter (toe 11 jaar oud)  opgetree het, bywoon. Hoe sou sy my herken in ‘n groot teater, aangesien sy nie geweet het ek sal daar wees nie? Makliker as ek daai helder oranje blokkies hempwat vroulief jare tevore vir my gekoop het sou dra. Daai smile op my liefling kind se dial sal ek nooit vergeet nie.

 

…. dus is die oranje hemp nog altyd in my kas, reg vir die volgende verrassing.

Blikskottel…buig soms sy eie reëls as dit by familie geluk kom!

7 antwoorde op Die oranje hemp verrassing

  1. Wat van ‘n oranje onderbroek?

  2. TS het gesê op Februarie 21, 2011

    tsk … die kind kan mos nie sy onderbroek sien nie?…:)

  3. Have a fab Monday Bliksottel!
    *hugs*

  4. Neewat, ek sal soos ‘n closet moffie voel.

  5. Jy’s ‘n kreatiewe pa, Blikskottel.

    Ek is nie verbaas nie.

    ; )

  6. Is tans baie ver in ander land, maar ek sal die uitdaging onthou!

  7. Kreatief! Mens moet mos al jou talente gebruik, dus doen ek so.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.