Lieg vir jouself!

Februarie 20, 2011 in Sonder kategorie

As daar nou een ding is wat mense baie goed kan doen is dit

OM VIR HULSELF TE LIEG…en te dink ander sal dit ook glo!

..ja antie, daai rok is op special en manlief sal nie moan nie

 ..ja oom, nog ‘n visstok by die ander 30 is okay

..ja antie Zille, misdaad sal jou nooit tref nie

..ja Zuma, 1miljoen werksgeleenthede is haalbaar

..ja oom rykboer, jou plaas is veilig onder die ANC

..ja dominee, jou ou kindertjies is tog so voorbeeldig

 

..ja ja ja ja, ……..las aan, las aan….

Blikskottel…hoe onnosel kan mense tog wees?

13 antwoorde op Lieg vir jouself!

  1. TS het gesê op Februarie 20, 2011

    Dis die hoop wat nie beskaam nie… ons weet almal sekere goed is nie haalbaar nie, maar ons hoop altyd van die beste

  2. Soms wonder ek oor liegbekke.
    Ek luister en se niks.

    Lekker dag, Blikskottel.

  3. Presies!

  4. Sê maar net wat ander mense graag wil hoor. Ja, dit is meestal leuentaal.
    Hoe sê ek vir vriendin jou kindertjies irriteer my?

  5. Vir dit en naivitieit, veral politieke naiviteit is daar geen ille nie, jy’s reg.

  6. Dis seker beter so anders kan mens net nog meer vyande maak.

  7. Vertel haar reguit wat pla, dan sien jy of sy die naam vriendin werd is.

  8. Vleitaal kan leuens wees as dit nie objektief en eerlik is nie.

  9. Blik, gelukkig het ek nie ‘n vriendin met irriterende kinders nie, was net ‘n hipotetiese opmerking

  10. Toe, sê my: lieg ek vir myself as ek myself vertel hoe goed kan ek vir myself lieg? 🙂

  11. Selflieg is hoe mens jouself op die lang termyn kul.

  12. Ek sal vir myself lieg as ek nie so dink nie.

  13. Jip, is dit nie maar wat oral in ons land met mense gebeur nie?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.