Ongepoetste kinders

Februarie 19, 2011 in Sonder kategorie

Vandag net ‘n klein versoekie, moooiii asb tog

As julle gaan uiteet, los tog die kinders tuis as hulle nie rustig kan wees nie

Dis dalk goed as hulle tuis soos malles rondhardloop,

aanvaarbaar as hulle soos kinders lawaaierig is by die huis,

as hulle tuis op mekaar vloek en skel,

bloedneus kom kerm en kla by hulle ma

huil en neul omdat hulle van die swaai afgestamp is,

as hulle by die huis tanne tel en na ander mense staar

..maar as ek en my vrou rustig en romaties wil uiteet is al die bogenoemde plein flippen ongeskik en oorbodig.

 

Blikskottel…..weet,

mens kry nie sleg gebore kinders nie, net ouers wat nie hul kant bring nie

33 antwoorde op Ongepoetste kinders

  1. Sê hulle, Blikskottel!

    (Hulle is almal in my klas)

  2. Maar Blikskottel, vat dan jou vrou na ‘n romantiese plek toe waar kinders nie gaan tuis voel nie?

  3. Sterkte. Ons is daardeur.

  4. Ek maak so, maar party mense glo mos hulle kindertjies is godjies en moet oral saamkarring.

  5. ‘n Eetplek is die een plek waar kinders gesien en nie gehoor moet word nie, ek stem met jou saam.

  6. Ek vertel deesade die ouers sommer reguit wat ek dink en dwing die bestuur om iets te doen. Byvoordeel: Het al vry etes so gekry.

  7. Seker maar op Planeet Ouma! Ek vergewe kinders alles, hulle is vir my oulik.

  8. TS het gesê op Februarie 19, 2011

    Ek stem heelhartig met jou saam Elke ou se geld is ewe veel werd en mens betaal vir kos en goeie diens in ‘n rustige omgewing.

  9. Ag man, ons kan tog nie hier sit en argumenteer oor iets hipoteties nie. Oor wie se geld tel, en wie s’n nie. Die arme oorwerkte ouer betaal ook tog om te eet? Daar is perke aan alles. Ek hou ook nie van ongemanierde kinders OF ongemanierde grootmense nie. Daar het al meer ongeskikte grootmense ‘n eetervaring vir my bederf as kinders hoor. Alles hang maar af van die situasie. Ou Blikskottel het dit seker sleg getref die naweek.

  10. Jy is heeltemal reg. En eintlik gaan alles maar uiteindelik oor respek.

  11. ‘N MOERSE HANDEKLAP VIR JOU!!!!
    Ek stem 100% saam, haat stout kinders, maar haat sulke ouers wat net alles toelaat, nog meer. Dis of hulle horende doof en siende blind is, ken baie sulke mense, kan die horriepiep kry!

  12. Sorry Mk jy kry bietjie wind van voor.
    Dit gaan oor respek vir ander mense maar ek sou dink dat n gesin met klein kinders vir daardie tyd wat die kinders nog so uitspattig is na n familie restaurant met n speelplek gaan.
    In die huwelik situasie is daar maar min wat n man kan doen en een is om sy vrou te bederf by n restaurant.
    Niemand wen hier nie maar dit maak tog die stelling en my vrou wat ook n ouma is sal graag agter die telg kyk wanneer die geleentheid daar is.

  13. Ouers is baie keer die kind se grootste vyand….dis waar wat jy sê

  14. Toemaar man, ek stem eintlik saam, was net lus vir bietjie verskil. Ongemanierd = ongemanierd en klaar. Groot of klein. Ek het weer so ding oor vreemde honde wat aan my kom snuif en op my stoep kom pie. Ons is almal seker maar in mindere of meerdere mate toegeeflik/sensitief oor goed.

  15. ek dink ons almal veralgemeen ongelukkig te maklik. Min kinders kry deesdae nog pak.

  16. my slegervarings in ‘n restaurant was nog nooit die mense of hulle kinders nie, wel
    te lank gewag vir kos
    koue kos
    swak voorbereide kos
    Verkeerde bestelling!

  17. nog iets wat my irriteer is as die personeel vir ‘n besoeker happy birthdag gaan sing!!!!

  18. Dit het al paar keer met ons gebeur so ek moan so in die algemeen.

  19. Gelukkig gebeur dit darem net in sekere tipes restaurante.

  20. Ag tog, kruip jy al weer uit jou gat uit en praat tjol. Ek weet presies van romatiese/intieme restaurante en geld was nog nooit ‘n probleem nie. Feit is baie ander mense verstaan blykbaar nie die konsep nie…maar met die dat jy seker min of dalk nooit na so plek toe uitgevat word nie, het jy genadiglik seker nog nie so ondervinding gehad nie….vloek, skel ens word in elkgeval nie toegelaat nie, so jy sou nie ‘n gewaardeerde customer word nie.

  21. Maak plan en spoil julleself…dis belangrik.

  22. Ek vermy daai tipe restaurante, maar het dit teen mense wat hulle kinders/babas saamsleep na restaurante waar dit nie gepas is nie.

  23. O koek, nou praat jy..dis sulke tye wat my liefie haar toys, die mense langsaan se toys en die messe en vurke uit haar cot uitgooi.

  24. Mooi so, maar oppas netnou word jy beboet as jy hulle slaan!!

  25. Ongelukkig is meeste ouers vandag hul kinders se grootste vyand.

  26. Dankie vir die applous…wag vir nog.

  27. Die Spur en Wimpy is mos die enigste plekke waar daar swaaie is? Moes daar gewees het.

  28. Neewat ou Anha, ek het niks van die aard om te erken of weg te steek nie. Ek verkies netnie om goeie restaurante te noem en hul naam in gedrang te bring oor stupid mense wat hulle besoek nie.

  29. Waar val jy nou uit met “kaffers”, is daar fout met jou rookgoed?

  30. Sussie, ek dink nie jy verstaan nie: Geld is nie die issue in my lewe nie, veral nie as ek my vrou uitvat nie. Hou liewer op tjorrel en skryf iets wat waarde toevoeg.

  31. So waar, sowaar!

Los ’n antwoord vir loudavisi. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.