Ongepoetste kinders
Februarie 19, 2011 in Sonder kategorie
Vandag net ‘n klein versoekie, moooiii asb tog
As julle gaan uiteet, los tog die kinders tuis as hulle nie rustig kan wees nie
Dis dalk goed as hulle tuis soos malles rondhardloop,
aanvaarbaar as hulle soos kinders lawaaierig is by die huis,
as hulle tuis op mekaar vloek en skel,
bloedneus kom kerm en kla by hulle ma
huil en neul omdat hulle van die swaai afgestamp is,
as hulle by die huis tanne tel en na ander mense staar
..maar as ek en my vrou rustig en romaties wil uiteet is al die bogenoemde plein flippen ongeskik en oorbodig.
Blikskottel…..weet,
mens kry nie sleg gebore kinders nie, net ouers wat nie hul kant bring nie
loudavisi het gesê op Februarie 19, 2011
Sê hulle, Blikskottel!
(Hulle is almal in my klas)
Maankind2 het gesê op Februarie 19, 2011
Maar Blikskottel, vat dan jou vrou na ‘n romantiese plek toe waar kinders nie gaan tuis voel nie?
louisna het gesê op Februarie 19, 2011
Sterkte. Ons is daardeur.
Blikskottel het gesê op Februarie 19, 2011
Ek maak so, maar party mense glo mos hulle kindertjies is godjies en moet oral saamkarring.
Doubtingthomas het gesê op Februarie 19, 2011
‘n Eetplek is die een plek waar kinders gesien en nie gehoor moet word nie, ek stem met jou saam.
Blikskottel het gesê op Februarie 19, 2011
Ek vertel deesade die ouers sommer reguit wat ek dink en dwing die bestuur om iets te doen. Byvoordeel: Het al vry etes so gekry.
Maankind2 het gesê op Februarie 19, 2011
Seker maar op Planeet Ouma! Ek vergewe kinders alles, hulle is vir my oulik.
TS het gesê op Februarie 19, 2011
Ek stem heelhartig met jou saam Elke ou se geld is ewe veel werd en mens betaal vir kos en goeie diens in ‘n rustige omgewing.
Maankind2 het gesê op Februarie 19, 2011
Ag man, ons kan tog nie hier sit en argumenteer oor iets hipoteties nie. Oor wie se geld tel, en wie s’n nie. Die arme oorwerkte ouer betaal ook tog om te eet? Daar is perke aan alles. Ek hou ook nie van ongemanierde kinders OF ongemanierde grootmense nie. Daar het al meer ongeskikte grootmense ‘n eetervaring vir my bederf as kinders hoor. Alles hang maar af van die situasie. Ou Blikskottel het dit seker sleg getref die naweek.
Maankind2 het gesê op Februarie 19, 2011
Jy is heeltemal reg. En eintlik gaan alles maar uiteindelik oor respek.
ystervark het gesê op Februarie 19, 2011
‘N MOERSE HANDEKLAP VIR JOU!!!!
Ek stem 100% saam, haat stout kinders, maar haat sulke ouers wat net alles toelaat, nog meer. Dis of hulle horende doof en siende blind is, ken baie sulke mense, kan die horriepiep kry!
raymond 2009 het gesê op Februarie 19, 2011
Sorry Mk jy kry bietjie wind van voor.
Dit gaan oor respek vir ander mense maar ek sou dink dat n gesin met klein kinders vir daardie tyd wat die kinders nog so uitspattig is na n familie restaurant met n speelplek gaan.
In die huwelik situasie is daar maar min wat n man kan doen en een is om sy vrou te bederf by n restaurant.
Niemand wen hier nie maar dit maak tog die stelling en my vrou wat ook n ouma is sal graag agter die telg kyk wanneer die geleentheid daar is.
monicahaddad het gesê op Februarie 19, 2011
Ouers is baie keer die kind se grootste vyand….dis waar wat jy sê
Maankind2 het gesê op Februarie 19, 2011
Toemaar man, ek stem eintlik saam, was net lus vir bietjie verskil. Ongemanierd = ongemanierd en klaar. Groot of klein. Ek het weer so ding oor vreemde honde wat aan my kom snuif en op my stoep kom pie. Ons is almal seker maar in mindere of meerdere mate toegeeflik/sensitief oor goed.
rosiemetdorings het gesê op Februarie 19, 2011
ek dink ons almal veralgemeen ongelukkig te maklik. Min kinders kry deesdae nog pak.
rosiemetdorings het gesê op Februarie 19, 2011
my slegervarings in ‘n restaurant was nog nooit die mense of hulle kinders nie, wel
te lank gewag vir kos
koue kos
swak voorbereide kos
Verkeerde bestelling!
rosiemetdorings het gesê op Februarie 19, 2011
🙂
rosiemetdorings het gesê op Februarie 19, 2011
nog iets wat my irriteer is as die personeel vir ‘n besoeker happy birthdag gaan sing!!!!
Blikskottel het gesê op Februarie 20, 2011
Dit het al paar keer met ons gebeur so ek moan so in die algemeen.
Blikskottel het gesê op Februarie 20, 2011
Gelukkig gebeur dit darem net in sekere tipes restaurante.
Blikskottel het gesê op Februarie 20, 2011
Ag tog, kruip jy al weer uit jou gat uit en praat tjol. Ek weet presies van romatiese/intieme restaurante en geld was nog nooit ‘n probleem nie. Feit is baie ander mense verstaan blykbaar nie die konsep nie…maar met die dat jy seker min of dalk nooit na so plek toe uitgevat word nie, het jy genadiglik seker nog nie so ondervinding gehad nie….vloek, skel ens word in elkgeval nie toegelaat nie, so jy sou nie ‘n gewaardeerde customer word nie.
Blikskottel het gesê op Februarie 20, 2011
Maak plan en spoil julleself…dis belangrik.
Blikskottel het gesê op Februarie 20, 2011
Ek vermy daai tipe restaurante, maar het dit teen mense wat hulle kinders/babas saamsleep na restaurante waar dit nie gepas is nie.
Blikskottel het gesê op Februarie 20, 2011
O koek, nou praat jy..dis sulke tye wat my liefie haar toys, die mense langsaan se toys en die messe en vurke uit haar cot uitgooi.
Blikskottel het gesê op Februarie 20, 2011
Mooi so, maar oppas netnou word jy beboet as jy hulle slaan!!
Blikskottel het gesê op Februarie 20, 2011
Ongelukkig is meeste ouers vandag hul kinders se grootste vyand.
Blikskottel het gesê op Februarie 20, 2011
Dankie vir die applous…wag vir nog.
Maankind2 het gesê op Februarie 20, 2011
Die Spur en Wimpy is mos die enigste plekke waar daar swaaie is? Moes daar gewees het.
Blikskottel het gesê op Februarie 20, 2011
Neewat ou Anha, ek het niks van die aard om te erken of weg te steek nie. Ek verkies netnie om goeie restaurante te noem en hul naam in gedrang te bring oor stupid mense wat hulle besoek nie.
Blikskottel het gesê op Februarie 20, 2011
Waar val jy nou uit met “kaffers”, is daar fout met jou rookgoed?
Blikskottel het gesê op Februarie 20, 2011
Sussie, ek dink nie jy verstaan nie: Geld is nie die issue in my lewe nie, veral nie as ek my vrou uitvat nie. Hou liewer op tjorrel en skryf iets wat waarde toevoeg.
Colonialist het gesê op Februarie 20, 2011
So waar, sowaar!
rosiemetdorings het gesê op Februarie 22, 2011
so effe later…….gaan loer by
http://blogs.litnet.co.za/rosiemetdorings/hierdie-restaurant-weet-hoe