Mode tips

Februarie 18, 2011 in Sonder kategorie

Dames hoor tog asb:

Lae halse pas nie presies by klein tieties nie

 

en

stywe broeke pas nie by dik boude en heupe nie….praat nie eers van stywe, wit broeke wat elke stukkie selluliet wys nie..

 

Tensy jy oppad is om deel te neem aan Jerry Springer se show waar kak kleredrag voorgeskryf word.

 

Blikskottel…..lag soms hardop, in winkel sentrums veral!

22 antwoorde op Mode tips

  1. Ag wat, ten minste kan jy lag nê! 🙂

  2. En mans hoort nie in Speedo’s nie.
    Plumber-bum is walglik.
    ‘n Bier boep is nie sexy nie.

  3. Dan wys jy meer as wat jy het – snaaks dat daar nie later ‘n rekening kom nie…

  4. Yes! Speedos behoort vir altyd en ononderhandelbaar verban te word. Selfs al het die draer nie ‘n boep nie…

  5. *blegh*
    Ek sal jou help om handtekeninge te kry vir die petisie!

  6. Jy het ‘n punt Makkie!

  7. Liewer dood, maar uit die mode nooit. Maak nie saak hoé ‘n spektakel mens van jouself maak nie…
    🙂

  8. Wat vir jou ‘n spektakel is waarvoor jy lag, is daardie mens se klere. Hulle dink dalk jy lyk na iets om oor te lag?

  9. Se gat, my erg stylvolle vrou help my om nooit so te lyk nie.

  10. Dan is jy ‘n leunaar wat ‘n valse beeld voorhou, maar ek dink meeste mans sal dit aanvaar.

  11. Dis soos jy skryf. Ek verstaan nog dat almal nie presies beheer het oor hulle lywe nie,maar helle petella, verseker het almal beheer oor wat hul aantrek.

  12. Jy’s dalk reg. In my ondervinding steur jong bokkies hulle aan geld en boeppensies en selfs bles manne trek hulle soos nete. Daar”s natuurlik al ondersoek gedoen daarna, maar kyk net rondom jou rond hoeveel sulke manne het prag vroue en albei is dol gelukkig.

    Dat mans aan hul voorkoms aandag moet gee, stem ek saam, solank dit nie ‘n TE aan kry nie. Oil of Olay manne werk ooknie volgens my dogter en vrou nie.

  13. Nou praat jy en dan moet jy sien as dit spandex broeke is of nog erger, sjoebroekies wat net duskant die koek skaars alles toemaak wat moet toe wees.

  14. Ons hoef nie te worry nie. Daar sal atyd mense wees wat spektakels is en hopelik altyd Wimpy’s ook.

  15. Blikskotter is nie die enigste een wat so mooi lag nie.

  16. Ek kan dit ook nie verstaan nie. Ek is bewus van elke foutjie en wil dit graag weggesteek hou vir die publiek….dalk het hulle nie spieels nie. Ek vergaap my aan die mense wat so aantrek se guts.
    Ek giggel saam

    😀

  17. Sommige mense kyk net nie in die spieël voor hul die huis verlaat nie! Die ergste vir my is die wit deurskynende broeke wat elke dimpel en lemoenskilboude wys. Het hierdie mense nie geliefdes, man, kind of vriendin wat vir hulle sê dit lyk nie goed nie?

  18. Ek weetnie, maar ek stem saam. oarty mense moet reggehelp word as dit by klere kom, of selfs reg gewetter word.

  19. Ek weet, soms bars en en verskeie ander saam van die lag uit.

  20. Lou miskien is dit goed dat ons lag. lag hou mens glo jonk.

  21. My vrou glo ook soos jy, bietjie hulp is aanvaarbaar en ek stem ook saam. Poached eggs wat laag hang is ooknie goed nie.

  22. My vrou weet sy gaan die waarheid hoor, meestal van ons kinders af, voor ek nog kan kla.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.