‘n Vinnige joke…

Julie 26, 2010 in Sonder kategorie

…vir die wat net so ‘n kak dag soos ek probeer dood drink.

‘n Matroos op ‘n seerower skip hardloop na die kaptein toe om hom in te lig dat hulle deur die Britse vloot aangeval gaan word.

Matroos: Kaptein! Kaptein! Daar is drie Britse skepe aan die stuurboord kant, reg om ons aan boord te val en ons te kom opfok!

Kaptein: Ha ha ha! Net drie? Gaan haal solank my rooi hemp!

Matroos: Kaptein se rooi hemp? Hoekom dan?

Kaptein: Sodat die bemanning nie sien as ek gewond raak gedurende die geveg en sodoende moed verloor nie!

Matroos: Maar Kaptein, daar is ook nege Britse skepe aan die bakboord kant!

Kaptein: Bring dan sommer my bruin broek ook, terwyl jy nou besig is…

Get ripped off for free! Only on E!

Julie 26, 2010 in Sonder kategorie

Ek is effens kwaad vir e-tv. Nee wag. Ek is sommer net fokken disgusted met die lot etters.

Kyk, die Combrinks kan nou nie regtig oor dieselfde kam geskeer word as die Oppenheimer’s, die Rupert’s of die Ackerman’s nie. Ons is omtrent so arm soos kerkmuise. Kerkmuise met ‘n moerse lot bad debt en ‘n tweede verband op hulle muisnes.

Die gevolg is dat ek ook maar net gelag het toe Vatjie nou die dag staan en kak praat oor die Top TV ding wat hy laat install het. DSTV is glo nou te duur vir die simpel siel en hy figure R250 vir 50 channels is fokken deluxe. Ek gun hom dit. Shame, die arme seun het in any case nie veel van ‘n lewe nie, so hy het R250 ‘n maand vir sulke tos.

Ons sukkel gewoonlik na die tiende van die maand om drank te koop. Teen die twintigste gaan soek ons kerke wat nagmaal aanbied. Ek meen, fokken regtig.

Any case, in ons huis is Wellfare TV baie groot. One-Two-Three-and-E! Voor jy vra, die antwoord is nee. Wat is ‘n TV license anyways? Kan jy dit op brood smeer?

So op Saterdag aande het e-tv probeer om dit die moeite werd te maak vir almal wat roofkyk deur sulke sleazy fokken wokka-wokka movies op te sit. Daai Jannie en Sannie porno’s. Sonder storielyn en sonder regte vuilgatgeit. Mens kan meer tiet in ‘n Scope magazine sien. Genuine. Disappointing, ek weet, maar beggars can’t be choosers.

Dis nou tot ek laas Saterdag aand laat die TV oorklap e-tv toe na ‘n Spongebob Squarepants DVD en bier maraton op die sitkamer vloer. Semi-gespat en helemaal op ‘n ander stasie (ooooh, who lives in a pineapple under the sea?) besluit ek dis tyd om weer bietjie die grootmens in my wakker te maak met ‘n stukkie volwasse smetterigheid.

Maar tot my groote fokken verbasing is daar toe nie eens ‘n skurwe add op nie. Nevermind ‘n lakenstoei fliek. Nee, hulle het een of ander mentally challenged gameshow op. Jy moet SMS, en dit kos jou amper R8, en as jy een van die lucky fokkers is dan bel die bottelblond teef op die telly jou terug. Mits jy die regte antwoord tot haar vraag het (hoeveel-bloubone-maak-vyf tipe wiskunde) wen jy ‘n klein kakhuisie vol geld.

Soos ek al vroeër erken het, is ons nie regtig op Forbes se lys van die wat het nie. So nou sit ek die vraag en uitwerk en ek weet my antwoord is reg. Want ek is dronk en bright. So ek SMS. En ek SMS weer. En weer. Na ‘n tyd is al my prepaid moer toe en my duim is seer. Elke keer tune die etters my van “sorry doos, try again pappa” en na ‘n tyd besluit ek dis beter om maar eerder te suip.

Suzie is klaar in die bed en ek figure dis beter to let sleeping Suzie’s lie. So ek kyk nou maar die bliksemse show. Meer om te sien of ek reg was of nie.

Almal kry die vraag verkeerd en ek grin om my bierbottel vir hulle fokken eenvoud. Dronk en smug is ‘n goeie kombinasie. As ek geld oorgehad het op my foon sou ek vir Vatjie gebel het en vir hom gesê het hy moet loer. Want ek het die antwoord. En ek is reg. En hy is by die huis want dis Saterdag aand en hy het geen fokken lewe om van te praat nie.

En toe reg, en ek meen net fokken reg op die einde van die show bel een of ander slim bliksem in met die antwoord. Hy wen die geld en almal fokkof huis toe. Ek dag ek sluk my fokken bottel in! Hy antwoord 6014. Volgens hulle is dit reg. Maar dit is nie. Werk dit maar self uit…

Die Vraag

5 Meisies ry op ‘n toerbus.

Elkeen het 5 sakke in elke hand.

In elke sak is 5 katte. Elke kat het 5 kleintjies.

Hoeveel bene is daar op die bus?

My antwoord

5 meisies het elkeen 2 bene = 10 bene

Elkeen dra 10 sakke. Daar is vyf meisies = 50 sakke

Elke sak het 5 katte, elk met 5 kleintjies = 30 katte per sak

Elke kat het 4 bene = 120 bene per sak

120 bene per sak X 50 sakke = 6000 bene + 10 dogterjie bene = 6010 bene

+ 2 busbestuurder bene (strikvraag want hulle RY op die bus) = 6012 bene.

So wat de fok?

Die fokken etters het nooit eers die antwoord verduidelik nie! Was die fokken Gemaskerde Sopbeen dan ook op die fokken bus? Nee, bliksem tog.

So ek wil net graag vir die simpel moere wat die show aanbied die volgende sê. As julle besluit om ‘n kompetisie te kook sodat julle mense kan besteel, doen dan ten minste die fokken moeite en doen julle somme reg. Vir die Broadcasting Complaints Commission het ek klaar ge-email. Luister fokkers, het ek vir hulle gesê. Die fokken lot is crooked en hulle steel die publiek se hardverdiende fokken sheckles. Maak hulle deure toe en gee ons eerder weer lousy soft porn. Die tipe waar jy elke nou en dan ‘n nipple sien. Op ‘n afstand. Deur ‘n venster.

Mickey Mouse T-Shirt

Julie 24, 2010 in Sonder kategorie

Ek loer nou die dag in jou kas. Daar waar jy gesê het ek moet soek vir band-aids, na ek per ongeluk my vinger amper ‘n lit korter gemaak het. Dis daar wat ek weer daardie Mickey Mouse t-shirt gesien het wat jy daai aand gedra het. Onthou jy nog? Die slag toe jou sussie die tweede keer man gevat het.

“Kom nou!” Het jy geroep en jou t-shirt oor jou kop getrek. In bra en denims het jy langs die vakansieoord se swembad gestaan. “Ek het nie geweet jy’s bang vir ‘n bietjie fokken watertjies nie, Bertie…” Die woorde het om jou tong geval en jy het na my aangestap gekom met so ‘n lastige sy-stappie wat mens seker maar na ‘n handvol shooters en ‘n gallon cheap champagne moet ontwikkel.

Ek het toe net gelag. My eie tong wou lankal nie meer saamwerk nie. My voete ook nie, soos die knop op my voorkop van waar ek per ongeluk die rand van die tafel ontmoet het sou getuig.

Daai aand was ons meer as net ‘n effe aangeklam, ek en jy. Ons was doosdronk en roekeloos. Laf en mal en jonk.

Jou bra het langs jou hemp geland en jou borste was baie wit in die lig van die maan. Die wind het saggies om jou lyf kom speel en hoendervleis om die rondinge van jou vrouwees gelos. Jy het gelag en jou arms bo jou kop uitgestoot. Ek het nog ‘n sluk van die bottel Tas gevat wat ons vroeër by die onthaal gesteel het en myself uit my klere probeer beur.

As gevolg van daardie aand weet ek vandag hoe moeilik dit is om ‘n denim uit te trek as jy nie eerste jou Cats afskop nie. Jy’s dan geneig om te val. En saam te lag oor jou eie simpelgeit.

Die water was verskriklik fokken koud teen ons kaal lywe, en toe ek dit noem het jy onder die water begin rondvroetel en my vertel ek moenie staan en verskonings soek nie. Jou mond was warm en het na Archers geproe. Jou hande was vlytig en jou gemoed gretig. Ek was self daai tyd nooit bang of lui nie.

“Dink jy ons sal altyd so fokken lekker wees?” Die maan het wag gestaan oor ons en ons het ‘n sigaret heen en weer gestuur terwyl ons sterre gelê en tel het. “Dink jy ons gaan ooit staan en fokken anners raak?”

Van die wilde passie wat ons vroeër gedryf het tot kaalgat swem en mekaar deel agter ‘n graswal langs ‘n vakansieoord se swembad was daar nou nie veel oor nie. Net die rustigheid van ‘n duiwel gebind en ‘n vuur geblus. Jou lyf was sag en warm teen my eie. Die krieke het aangehou vertel van alleen wees en iewers het mense gelag. Die musiek was te vêr om uit te maak wat speel.

Jy het jou kop teen my nek gedruk en saggies aan my oor begin kou. Ek het net gegiggel en nog ‘n sigaret opgesteek. “Ek hoop regtig so, Bertie” het jy na ‘n rukkie geantwoord. “Dit sal ‘n pity wees as jy ooit moes ophou om jy te wees. Of as ek moes besluit ek is gatvol vir my. Of vir jou. Of vir my en jou. Jy weet?”

Die bottel is weer oopgeskroef en onder die lig van sterre het ons ‘n onbekende oesjaar in stilte gedeel, sonder glase. Sonder skrome.

Maar dit was ‘n tydjie gelede en ek het daardie t-shirt weer opgevou en gebêre voor ek na jou gaan soek het met ‘n hart vol herhinderinge en ‘n broek vol planne. En daar, tussen jou rose het ek my hand op jou skouer gesit en iets vir jou gefluister. Jy het my daardie plat kyk gegee wat jy bêre vir stout kinders en dom mense.

“Moenie so common wees nie, Bert” was al wat jy gesê het voor jy my alleen daar gelos het en die huis in is, snoeiskêrtjie in die hand.

Later sou jy vra wat my pla. En ek sou jou nie antwoord nie.

My bedanking. Dit was lekker, maar nou’s dit klaar.

Julie 17, 2010 in Sonder kategorie

Vandag bedank ek as trotse Suid-Afrikaner.

Want vir te lank het ek my bêk gehou en ander kant toe gekyk terwyl alles wat eens waarde gehad het teen die naaste muur uitgepis word.

Ek was trots op my vlag en op my land, maar dit was in ‘n tyd toe die vlag met respek behandel was en meeste mense ‘n oorval gekry het as dit selfs net aan die grond geraak het.

Dit was voor die nuwe verspotting van nasionale kleure ingetree het en die nuwe “vlag” op alles gedruk is van voorskote en toiletsitplekke tot g-strings. Praat van jou trots deur jou gat trek! Ek reken dat die ding op kondome ook gedruk gaan raak sodra iemand uitwerk hoe om dit te doen. Sal ironies wees.

Hierdie land het nog altyd waarde ingehou vir wie ookal bereid was om daarna te soek en daarvoor te werk.

Maar dit was in ‘n tyd toe almal nie bakhand gestaan en wag het vir manna uit die hemel, of uit die regering se sak nie. Mag ek dan ook maar byvoeg dat meeste van hierdie almoese uit die werkende deel van die populasie se sak kom?

Die Minderheid dra steeds die meerderheid, maar nie meer uit ‘n verantwoordelikheidsin teenoor die wat nie regtig gehelp wil word nie. Deesdae is dit as gevolg van ‘n skuldgevoel wat op die skouers van die land se bouers gepak word.

Opoffering was nie ‘n vreemde konsep vir ‘n nasie wat herhaaldelik die hoogste prys moes betaal vir sy vryheid nie. Die grond wat ons almal gevoed en gehuisves het was gekoop met die lewens van die wat ‘n hoër prys moes betaal om hierdie voorregte te verseker.

Moenie julleself laat mislei met praatjies van jou persoonlike reg tot vryheid nie. Vryheid en sekuriteit is nie gratis nie. Dit word ten duurste gekoop en die prys daarvoor word in bloed betaal.

Deesdae offer mense nog steeds hulle lewens op, maar nie meer vir ‘n vryheids ideaal nie. Die bloed van bejaardes word nou gebruik om ons eie lafhartigheid mee toe te smeer. Die bloed van oues en onskuldiges het ‘n pleitoffer geword van die wat te bang is om op te staan en verset te toon teen ‘n stelsel wat in sy kern korrup is. Die prys van die wat vir ons erwe gelos het word vergeet, hulle offers word verruil vir die puntlose geraas van die propaganda masjien se aanhoudende geteef.

‘n Hele volk se kultuur word van hom geroof en sy voorspoed onderdruk. Afrikaner word Afrikaanse. Die dissipline en ruggraat waarmee ons jeug opgevoed was, word vervang met dwelms en sedeloosheid. Oprig word geruil vir verval. Weerbaarheid met weerloosheid. En dit terwyl ons maar net met gevoude arms staan en toekyk.

Helde word verpand. Respek word nie meer afgedwing of verdien nie. Nie in ‘n stelsel waar ‘n verkragter en moordenaar se regte gelykstaande is aan die van ‘n belanstingbetalende dominee nie.

‘n Man wat verantwoordelik was vir die pyn en lyding van ontelbaar baie word opgehemel as ‘n god. Vir hom is daar net prys en lof. Hy was mos tronk toe as gevolg van sy oortuigings. Dieselfde oortuigings wat ‘n hele generasie laat groot word het met ‘n duidelike kennis van kleefmyne, landmyne, terroriste en openbare geweld. Vir hom is daar ‘n vakansiedag.

‘n Ander man het die eerste man se waansin probeer teenstaan. Hy het binne die werkinge van die land se wette gehandel om ons almal ‘n bietjie veiliger te laat slaap. Sy lewe het hy meer as een keer in gevaar gestel om te probeer verseker dat die brutaliteit van sy teenstaander nie die daaglikse werklikheid vir jou en my word nie. Op die ou enide sou hy alles verloor en die res van sy lewe in die tronk deurbring. Die meeste mense wat hom met klippe gooi is die van sy eie nasie. Dieselfde mense wie hy veilig gehou het. Vir hom is daar niks anders as haat en veragting nie.

Maar dit maak seker sin in ‘n land waar die boer vermoor moet word. So word daar mos gesing. Wat is die antwoord van die wie se goedkeure hierdie Mokaba-Psalm nie wegdra nie? Hulle trek maar rooi hempies aan op ‘n Vrydag en vertel mekaar hoe gatvol hulle is. Die volgende Vrydag trek hulle geel hempies aan en vertel mekaar hoe lief hulle vir sokker is.

Hoe pateties.

Hoe kan ons dan ‘n verskil maak as ons nie eers kan vergelyk met die wat die onmin skep nie? Maar mense wil nie ‘n verskil maak nie. Ons is bang. Mense vrees vir hulle veiligheid. Ons word ontwapen, maar doen ook niks daaraan nie.

Daar is geen sekerheid meer oor enige van die staat se dienslewering nie. Elektrisiteit, sekuriteit, voedsel lewering, mediese dienste. Alles is deurtrek met wanbestuur en korrupsie. Dit raak moeilik om die water uit jou krane te vertrou. Wanneer daar water is. Tog word belastings betaal. Staatsgeboue word net afgebrand deur die wat nie betaal vir dienslewering nie, maar dit steeds eis.

En steeds waai meeste nog die Liquorice All-Sorts doek wat die beklemtoning van ons verval geword het, terwyl hulle vir almal met ore vertel hoe trots hulle is om Suid-Afrikaans te wees.

Hoe hartseer is julle vertolking van patriotisme en trots nie net nie? Om trots te wees beteken meer as om eenvoudig net oor te gee aan wat jou hart jou vertel verkeerd is, maar jou beursie vir jou vertel reg moet wees.

Trots bepaal dat dit beter is om te sterf op jou voete as om te leef op jou knieë.

Ek is nie trots Suid-Afrikaans nie.

Ek skaam my vir wat ons geword het.

Die nuus en pseudo-liberale mense wat nie wil fokken bykom nie.

Julie 14, 2010 in Sonder kategorie

Daar is steeds die onder ons wat met hulle koppe in hulle gatte rondloop. Jammer om dit te sê, maar dit is waar. Nee wag, om te sê dat ek jammer is om julle dit mee te deel laat dit klink asof ek my medelye betoon aan ‘n klompie mense wat eenvoudig te deur die kak is om die waarheid in die oë te kyk.

Ek is nie jammer om dit te sê nie. Ek is tot in my menswees verbitter om dit te erken. Ek is skaam om te noem dat daar mense is, mense wat uit dieselfde lap as ek geknip is en wat met dieselfde waardes as ek opgevoed was, wat nog steeds deur die lewe gaan met oogklappe en oorpluisies.

Die tipe mens wat sy eie trots, selfrespek, erfenis en siel sal verpand uit eenvoudige vrees vir die onbekende. Soos die wat eerder krom Engels sal praat as om voor te gee dat hulle eintlik Afrikaans is. En wat die Castle advertensie like omdat dit die “regte” Suid Afrika uitbeeld.

My moer is vanaand ekstra suur, want ek het weer gaan staan en nuus kyk. Stupid as wat dit seker ook maar is. Twee groot berigte het my aandag gevang, en ek wil ‘n bietjie daarna loer in die hoop dat daar dalk een of selfs twee van die mense begin wakker word. Nie dat ek my asem ophou nie.

Die eerste ding:

Xenofobie.

Daar word verkondig dat daar geen plek in ons lieflike demokrasie is vir hierdie tipe barbaarse agterlikheid nie en dat almal moet handjies vashou en Kumbaja sing. Dieselfde ou rympie.

Wel, ek voel ek moet bieg. Ek is self xenofobies.

Ek dink nie veel van die Franse, met hulle neus-in-die-lug houding teenoor die res van die wêreld en hulle volksvreemde smaak in kos en seks nie.

Die Engelse sit wragtag nie hoog op my kerskaartjielys nie. Nie na al die kak wat hulle in die laaste Boere Oorlog aangevang het nie.

Die Amerikaners is in my opinie net ‘n klomp grootbêk dose wat goed is daarmee om kak te soek maar nie so warm is as dit kom by hulle eie battles baklei nie.

Ek het ook gehoor die Ausies doen die snaakste dinge met skape. Of was dit die kiwi’s? Ek kan nie onthou nie, maar dit maak nie saak nie want ek hou nie van een van die twee groepe nie. Veral nie in rugby seisoen nie.

Maar net omdat ek niemand anders as myself regtig waardeer nie, beteken dit nie vir een omblik dat ek nou na die local griek se kafee toe gaan loop en vir arme Stavros met ‘n gesteelde 9mm langboompies toe gaan stuur net voor ek al sy goed steel en dan sy winkel afbrand nie.

Hoekom dan nou nie? Want ek is beskaafd. Ek is grootgemaak met ‘n sin van reg en verkeerd. So al maak hy meer geld as ek, koop ek steeds my brood en melk by hom. Want hy doen my nie skade aan nie. Hy pla niemand nie. Hy betaal sy belasting en gaan sy gang. Hy lewer ‘n diens en het selfs geleer Afrikaans praat. Sy ma bly nog in Griekeland en een keer ‘n jaar gaan kuier hy vir haar. Wanneer hy daar is vertel hy seker sy pêlle hoe min tyd hy vir Afrikaners, Sotho’s, Zulu’s en Xhosas het.

Dis sy reg, want hy loop ook nie die straat af met ‘n buiteband en vuurhoutjies, reg om bietjie van sy eie xenofobie ontslae te raak nie.

Hy verkoop nie dwelms aan skoolkinders (of enigiemand anders) nie. Hy lol nie met klein kindertjies nie. Hy beplan nie om die regering omvêr te werp nie, selfs al verdien die lot nie beter nie. Hy lewer net ‘n diens. Hy gee die keiser wat hom toekom, en in die aande sluit hy ook sy huis en sit die alarm aan voor hy bed toe gaan. Pistool op die bedkassie en al.

So ons almal koop melk en sigarette by hom. Selfs al is hy ‘n katoliek.

Aan die ander kant van die spektrum van waar ek en Stavros mekaar staan en beloer, is die lot wat wel moor en roof en plunder. Die wat verkrag en verbrand. Meeste mense neem outomaties aan dat hierdie lot amper eksklusief opgemaak word deur verbode immigrante. Daarom kerm die plaaslike swart gemeenskap dat hulle werk gevat word deur buitelanders, en dat die buitelanders by hulle steel en hulle vermoor.

Dit terwyl blankes moet kompeteer met belaglike belastings en heffings, regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging (om net ‘n paar struikelblokke te noem waarmee die nuwe regering ons potjie). En ook terwyl die koerante elke dag ‘n storie dra van ‘n wit gesin, wit boer of wit bejaarde wat deur swart mans aangerand, geroof, verkrag en/of vermoor is.

Daar word daagliks die mees grusame besonderhede aan ons oorgedra. ‘n Dame is verkrag voor sy vol kookolie gegooi is en toe met ‘n strykyster gebrand is. Sy was in haar sewentigs. Daar is baie, te veel, ander voorbeelde.

So waarom kla die swart mense? Oor die dinge wat die blankes moet deurmaak onder hierdie nuwe, briljante weergawe van demokrasie en vryheid? Is dit nie ‘n geval van die pot wat die ketel verwyt nie? En is moord dan die enigste oplossing waarmee julle in sestien jaar se tyd voorendag kon kom om immigrasie mee te beperk?

En waaroor kla julle witmense? Julle wat van die opinie is dat dit net die buitelanders is wat kom kak aanjaag hier? Hulle is mos nou op ‘n moerse spoed oppad terug Zim toe. Oormôre, as almal ge-fokof het sal ons mos weer ‘n misdaadvrye land hê. Dis mos nie die locals wat die land sy moer in stuur nie…

Die tweede ding:

 

Chris Mahlangu en sy minderjarige tjomma het vir Eugene Terre’Blanche agt-en-twintig keer met ‘n panga en ‘n stuk staal gekap en geslaan terwyl die ou man gelê en slaap het.

Ja, ek weet wat meeste van die slapende massas nou weer staan en skree. Wanneer gaan ons aanbeweeg? Wanneer gaan ons nou die storie los, want dit raak nou regtig afgesaag om te luister na die aanhoudende geteem oor die oud-leier van die A.W.B.

Ek wil nie vanaand die man se prys besing nie. Ek het hom nie geken nie en net een van sy toesprake, kort voor sy dood, bygewoon. Dié het ek ook meer gedoen as gevolg van ‘n tekort aan ‘n beter idee as enige ander rede. Hy was ‘n goeie spreker. Soveel van hom was wel waar. In my opinie was hy ook ‘n redelike goeie digter.

Maar kom ons kyk ‘n bietjie verby hom en loer na Chris Mahlangu. ‘n Burger van Zimbabwe wat as plaaswerker in Suid Afrika probeer het om ‘n paar rand te maak. ‘n Moordenaar wat ‘n bejaarde, slapende man met ‘n panga gekap het oor ‘n loon geskil.

Mense wat lone trek het nie regtig moerse bankrekenings nie. Mense wat van Zimbabwe na Suid Afrika toe kom verlaat ook nie die skoot van weelde om hier op plase te kom werk as dagloners nie.

Maar tog is aan hom R5000 se borg toegestaan.

Die vraag bly staan, wie gaan dit betaal?

Ek reken dit sal betaal word. En Mahlangu sal terug Zim toe. En dit sal die laaste hoor wees van die saak.

Dis nogals ironies dat, in ‘n land waar almal met mekaar moet probeer reconcile, iemand steeds sy borg sal betaal. Soveel vir die hand van verdraagsaamheid.

Nie dat dit saak maak nie. Almal het geblaf toe Terre’Blanche vermoor was, maar wie het gebyt?

Op die ou end was dit net nog ‘n toegewing wat gemaak was. Net nog ‘n reg tot verset afgeteken. Net nog ‘n toonbeeld van die ruggraatloosheid van ‘n volk wat eerder vermoor sal word as om onpopulêr te wees. Dit terwyl ons eie mense sterf onder ‘n korrupte regering wat net hulle eie belange op die hart dra.

Almal van ons, en dit sluit myself definitief in, se hande is gevlek met die bloed van die wat moes sterf omdat ons te slapgat was om dit te probeer verhinder.

Daar’s nog baie dinge wat ek wil sê oor dit alles, maar dit raak nou laat en Suzie raak effe omgekrap deur my afwesigheid. So ek gaan nou maar klaar maak met ‘n verbuiging van een van Cilliers se gedigte. Ek hoop die taalpuriste vind dit in hulle harte om my hierde afrgryse te vergewe.

Stil, broers,

daar gaan ‘n man verby, hy groet, en dis verlaas.

Daar’s nog maar één soos hy;

bekyk hom goed.

 

Ek en jy,

ons het hom op sy pad gesit.

‘n Klip. ‘n Bos.

Julie 12, 2010 in Sonder kategorie

Dis koud vanaand. My voete het lankal enige gevoel begin verloor en dit word al hoe moeiliker om te tik. Ek het wel vroeër vanaand probeer werk aan ‘n nuwe storie wat my nou al ‘n geruime tyd besig hou, maar ek kon vanaand net nie die woorde kry om die spul aan die gang te hou nie.

Dit is so asof al die karakters net rond staan met hande in sakke en wag vir my om nou eers kop skoon te maak. Eers die dinge wat my pla te liaseer en te bêre sodat hulle weer my onverdeelde aandag kan kry.

Sien, daar is ‘n ding wat nou al ‘n wyle aan my vreet. Dit skuil in die donker hoeke van my gedagtes en bekruip my wanneer ek elders besig raak.

Soos vandag weer, toe ek doodluiters met iemand gesêls oor die sokker en die weer en skoene wat my effens te veel druk wanneer dit koud en misluk is buite. Net dinge wat gewone mense raak. Mense met rekeninge om te betaal, kinders om groot te maak en versekeringsmaatskappye om mee te baklei.

“Jy moet nie so kla nie” laat weet sy my toe uit die hoogte van haar oordrewe beter wete. “Ek meen, kyk maar na Nelson Mandela. Hy het ook mos swaar gehad en kyk hoe hy bo dit alles uit gestyg het…” Haar bekertjie het aangehou oorloop van lofsang en pryse vir die man vir die volgende twintig minute. Na die eerste vyf het ek ‘n dowe oor gedraai en net geknik.

Dit help nie jy stry met iemand wat so hard probeer reg wees nie.

Na wat soos ‘n ewigheid se hersiende geskiedenisklas gevoel het, het sy dit ook goed gevind om my te herhinner aan my sosiale verantwoordelikheid teenoor die wat nie het nie, en o so drasties kort.

Ek het haar dus vlugtig in haar moer gestuur en ‘n sigaret gaan rook waar die ander mense my nie kon hoor lag, huil en vloek nie. Die kyke wat ek gekry het toe ek terugkeer kon die muurpapier laat verkleur het. “Daar gaan hy” fluister die een vir die ander en gee my so ‘n suur glimlag.

Nou ja, miskien is ek al die lelike dinge wat ek genoem word wanneer ander reken ek luister nie.

Miskien is ek regtig ‘n vêr-regse platkop wanneer ek sê dat Mandela tronk toe gegaan het vir ‘n reeks baie goeie redes, en dat hy God dank bly kan wees die vorige bedeling het nie sy nek gestrek toe die kans hom voorgedoen het nie. Miskien moet hy regtig maar net dankbaar wees dat nie almal wat met die swaard leef daarnee sterf nie.

Wie weet, miskien het hy sy prys betaal en tot vreedsame insigte gekom nadat hy en sy makkers so lank probeer het om sy eie land op sy knieë te dwing met bomme, gewere, opstande, tyres en matches. Miskien nie. Dis nie myne om daaroor te besluit nie, selfs nie in die donker vermoede van drie-uur die oggend se twyfel nie.

So dalk is ek ‘n rassis as ek mense herhinder dat daar ‘n ding soos federale verantwoordelikheid ook is. Dis nou wanneer die staat vir die arm mense kos en klere en werk en skuiling gee. Dis mos waarvoor belasting moet gaan. Vir dit, en ander dinge soos die bekamping van misdaad, die herstel van paaie en die onderhoud van infrastruktuur.

Sovêr my kennis strek is daar nie enige belastingwet wat voorsiening maak vir soustrein ritte vir elke korrupte politikus nie. Ook nie vir steel en verkwansel deur elke Jan Rap en die se comrade wat nou in die kabinet, staatsdiens, plaaslike regering of enige ander hoogsbetalende regstellende aksie pos sit nie.

En dalk is ek Hitler junior wanneer ek mense daarop wys dat jy net soveel kan breek, steel en afbrand voor daar niks oor is nie. Maak nie saak hoe vry en gelyk jy dink jy is nie. Wat help vryheid en gelykheid dan as almal vry en gelyk is om saam ‘n waardelose rand en ‘n leë spens te geniet? En wat gebeur wanneer daar nie plase oor is om weg te gee nie. As almal ge-BEE is en die waarheid van White Economic Enslavement sy kop begin uitsteek?

Miskien is ek net dit. ‘n Verkrampte dinosaurus wat nie by die nuwe klimaat van verandering kan aanpas nie. ‘n Lewende fossiel. ‘n Onooglike herhindering aan ‘n tyd toe verdrukking en bloedlustige vervolging van ‘n onskuldige (sic) groepie vryheidsvegters aan die orde van die dag was. Toe elke blanke ten minste twee swartmense aangerand het voor brêkfis. En ten minste drie geskiet het voor huis-toe-gaan-tyd.

Julle hoort te weet. Julle was daar. Ons vra mos almal so mooi om verskoning hiervoor. Ons is almal skuldig. Ons wou mos baas wees oor God se hele skepping.

So asof ek die enigste een is wat sien hoe elke advertensie op TV die blanke afmaak as die dom, onbeholpe onderdanige. En dit nou in die nuwe bedeling waarin baasskap verby is.

Ek verkies om te glo dat ek net na die waarheid in hierdie kranksinnige mengsel van propaganda, selfbehoud, vrees en skuldgevoellens soek. Soms soek ek dit tussen ander mense, maar verwag nie veel in die rigting van terugvoer nie. Waar daar groepe mense is kom die waarheid, of selfs net ‘n eie mening, maar min te voorskyn.

Die waarheid is bytendien maar ‘n skugter dier. Die ding verskyn net wanneer al die leuns weggedraf het om op ‘n ander plek te gaan wei, amper soos sprinkane maak net voor die oes ingebring moet word.

Delvillebos

Julie 6, 2010 in Sonder kategorie

14 Julie tot 3 September, 1916

‘n kortverhaal – opgedra aan beide kante

Die reën het twee weke gelede begin en het sovêr nie veel tekens getoon van opklaar nie. Sy dag en nag bestaan het verval in ‘n eindelose roetine van skoffel met die kortsteël grafie en wag staan. Deurentyd het die geluide van die veldslag om hom voortgeduur. Kanonkoeëls het aanhou bars en geweerskote het aanhou klap, soms naby en soms verder weg na die suide waar hulle lyne begin of geëindig het.

Na twee maande in die loopgrawe was hy self nie meer seker of hulle voor of agter die vyand gelê het tussen rotte en luise en modder nie. Van tyd tot tyd het hy die geskree van soldate gehoor en soms het hy saam geskree, saam geskiet en deurentyd gebid.

Twee weke gelede, toe hulle hierdie loopgraaf gewen het en die niemandsland met vyftig meter vorentoe geskuif het, was hy net so bang as wat hy elke dag was vandat hy sy tuisland verlaat het om hier te kom baklei in die koue hartjie van Europa. Om hier te kom sterf, het hy gedink en met bewende hande probeer om sy pyp te stop.

Die groot stormloop waarin sy regiment die paar treë nader aan die vyand beweeg het sou ook nie sonder sy eie prys kom nie. Driehonderd man is dood, party aan vlarde geruk deur die barbaarse geblaf van ‘n masjiengeweer en ander deur die stille geel wolke van die gas wat hulle almal geleer het om te vrees en te verag.

Die vuurhoutjie wat dof geglim het in die donker hoek van sy oopdak drukgang was versigtig verskuil onder sy wol jas wat lankal hard en styf geraak het van die modder en bloed waardeur hy moes kruip en seil soos die slang van ouds nadat dié besluit het om onskuld te verpand vir ‘n appel of ‘n ui.

Veraf het hy ‘n offisier se fluitjie hoor blaas en ‘n vinnige gebed gesê vir die wat hulleself teen ‘n muur van warm lood en giftige lug moes gooi om weereens ‘n meter of twee te wen vir die roem en ryk van die groter vryheidsideaal.

“Het ek dit op ‘n tyd geglo?” het hy homself hardop gevra terwyl hy aan sy pyp begin suig het. “Het ek ook die stories geglo dat ons Gods wil kom doen, hier in die vêrte?” Die weeklaag van ‘n gewonde soldaat het hom terug geruk na die werklikheid van sy situasie. Binnekort sal hy moet help om die gewondes te versorg, die sterwendes te vertroos en vir sy moeë kamerade tee aan te dra.

Die volgende dag sou sy beurt wees om weer die vyand te probeer terugdryf. Dit was drie dae voor sy verjaardag, twee jaar in die stryd in en steeds was daar geen hoop op vrede of oorwinning te bespeur nie.

Vir ‘n oomblik het hy homself toegelaat om terug te dink aan sy ouers se plaas aan die suidekant van Afrika. Die bos en die rooi stof wat so diep in sy eie are geloop het dat hy skaars kon glo sy mense was oorspronklik van die streek afkomstig. Daar, op die voorstoep van die ou opstal het hy en sy pa die oggend vroeg gesêls voor hulle hom met die perdekar dorp toe gevat het na die trein wat gewag het om hom weg te voer van sy lewe van vrede en rustigheid.

Hy was ‘n ander mens gewees, het hy besêf en sy pyp stadig begin smoor. Tabak was ‘n luukse wat nie gemors moes word nie. Elke pyp was ‘n viering van nog ‘n dag se oorlewing. Nog ‘n dag nader aan huis toe gaan. Hy was anders gewees gedurende daardie leeftyd, so lank al agter hom gesit. Hy was jonk en braaf en vol idealistiese vuur. Reg om sy deel te doen vir vryheid en die heil van ‘n vrye wêreld.

Die modderige hel waarin hy moes grafgrawer en moordenaar wees het van hom ‘n ou man van twee-en-twintig gemaak, geknak en verwyderd van die lewe se mooi.

Maar daar, op die stoep met die vroeg-oggend son op sy gesig het die wêreld anders gelyk. Avontuur en heldhaftigheid net om die draai. Hy sou sy manlikheid bewys aan almal wat hom ken en as ‘n held van helde terug keur na die plek van sy geboorte, na sy moeder wat hom altyd probeer beskerm het teen elke vorm van gevaar en na sy vader wat self as jonger man die roep van patriotisme beantwoord het.

“Onthou, my seun” het die ou man hom meegedeel terwyl hulle koffie gedrink en beskuit geëet het, “as jy ooit bang word, dink aan jou huis. Dink aan die mense wat jou lief het en aan die plaas waar jy hoort.” Sy vader het ‘n skelm traan weggevee met die agterkant van sy werksharde hand. “Hou dit in jou hart. Jou ma se roostuine en ou Hans-Korreltjie se kraal. Dit sal jou deurdra…”

Dagbreek het met bedrieglike spoed nader gekruip. Dit was moeilik om die dag en nag in hierdie gryse land, waar bomme en fakkels alles verlig, te onderskei. Die boodskapper het aan hom en die manskappe om hom die nuus gebring en hulle het gewere begin nagaan, maskers se glas venstertjies met vuil lappe probeer skoonvee en vinnig ‘n koue hap blikkiesvleis geëet voor die offisier soos ‘n laksman hulle midde betree het.

Die taktiek was eenvoudig en het omtrent twee minute se verduideliking regverdig. Storm! Skiet! Bly laag! Verby, of oor, of selfs onder deur die drade. Keer die vyand vas. Vat sy grond.

Maar wag vir die bevel. Wag vir die fluitjie. Probeer om nie dood te gaan of ammunisie te mors nie.

Die skril oordeel van die offisier se fluit is gevolg deur die waansinnige geskree van jong mans wat hulle vrees en woede aan die hemele verkondig het. In groepe is hulle oor die wal, meeste van hulle het in die eerste paar treë geval en bly lê.

Daar was flitse en geraas. Die gille van gewonde mans wat soos kinders na hulle moeders geroep het. Die afgryslike dans van ‘n jong soldaat wat in die doringdraad vasgehardloop het en as teiken vir die vyand gedien het. Bloed en reënwater en modder en koue en pyn. Alles het tot een uitbeelding van die ewige straf saamgesmelt. Iewers regs van hom het hy ‘n ontploffig gehoor, sagter as die ander wat veel verder van hom gebars het.

Die lug het die kleur van sy ma se gunsteling rok aangeneem. Vir ‘n paar oomblike het hy probeer regop bly en aanstoot, maar sy bene het swaar geword onder hom asof die hande van gevalle soldate hom om die enkels gegryp het en probeer het om hom terug te hou. Hy was bang. Daar was ‘n oertydse vrees wat sy hart omklem het met die koue hand van die graf.

Sy bene het onder hom padgegee en hy het neergeslaan in die koue nat wat oor alles gelê het. Met oë wat nie wou fokus nie het hy ‘n hand gesien uitsteek na syne. Uit instink het hy daarna gegryp. Die stem en die taal wat hy gehoor het was so naby aan sy eie dat hy vir ‘n oomblik gewonder het waar hy is. “Betet für mich, bitte” was die laaste woorde wat die jong vyand kon baas raak. Sy hand het styf om die jong man s’n gespan en saggies het hy vir hom gebid.

En daar, net so skielik as wat die paniek hom oorval het, het dit hom weer verlaat. Die koue winter was verby en hy het weer voor hom die afdraaipad na die ou opstal gesien.

Met ‘n drafstap het hy die afstand afgelê. Daar, onder die ou sinkdak, het sy vader gesit en pyp rook. Eenkant was Hans-Korreltjie doenig met hout kap en langs die huis het sy moeder haar rose versorg. Sy het haar gunsteling rok aangehad en vir hom gewaai, net voor alles om hom donker geraak het.

Nighty night

Julie 5, 2010 in Sonder kategorie

Vandag het die een of ander platkop my vertel van die nuwe Disney movie, The Princess and The Frog, en hoe dit net in die breër trekke fokken enigiets met die oorspronklike fabel te doen het.

Sien, die simpel moer is ‘n fabel puris. As daar ooit so ‘n wonderlike dier bestaan. “Mens moet nie fabels staan en verander nie” het die eenvoudige siel my meegedeel terwyl sy haar webcam gebruik het om make-up mee aan te sit. “Mens moenie daarmee torring nie, want dan weet kinders nie meer wat regtig gebeur het nie…”

Na ek buite gaan lag het vir ‘n half-uur oor die onsinnigheid van fabels se werklikheid, het ek heldhaftig probeer om vir Juffrou Doffie te probeer verduidelik dat fabels juis net dit is. Stories wat gebuig moet word in enige rigting waarin dit steeds sinlik en bruikbaar is. Waarin dit waarde hou vir die mense wat dit lees, of deesdae kyk in technicolor 3D awesomeness.

Daar het ‘n dowwe glans oor haar oë getrek en ek het besluit om dinge eerder net daar te los. Dis nou tot ek gaan staan en ry het en my oorwerkte, semi-babalaas verbeelding ‘n bietjie laat wy het in ‘n ander man se kamp.

Hoe sou mens dan regtig al die political correctness en xinophobia en haat en aanvaarding en al die dinge wat die mens geword het vanaf die fabel se eerste vertelling oorgee aan ‘n moderne gehoor sonder om die waarde daarvan te verloor? Ek het probeer, maar ek dink nie my pogings was baie geslaagd nie.

Ek meen, vat nou die ou verhaal van die prinses en die padda en sit dit in die 21ste eeu.

Een maal, lank gelede, in ‘n koninkryk vêr geleë het daar ‘n prinses gewoon. Omdat sy ‘n prinses was, het die staat vir haar klompe fokken geld gegee vir fokol doen nie.

Sy het dus al die tyd in die wêreld gehad om soos Paris Hilton ‘n skelm joint te gaan rol daar agter die fonteintjie waar SANAB haar nie sommer sou sien nie.

Op ‘n dag kom sit ‘n padda langs haar en vertel vir die prinses dat hy eintlik ‘n prins is wat ‘n toordokter afgepis het en net haar soen sou hom red. Die prinses het al gehoor dat as jy party soorte paddas lek, jy lekkerder trip as met LSD en sy het hom liberale tong gegee. Die padda-prins het egter net soos Old Spice geproe en sy was baie teleurgesteld.

Gelukkig was die prinses van Franse afkoms en na die spliffie het sy serious fokken munchies gehad.

Dit was nie ewe goed vir die padda-prins geëindig nie.

 

Die einde

Of wat dan van die goeie ou verhaal van die drie varkies? Is daar dalk ‘n les om te leer? Ek wonder…  

Een maal, lank gelede, in ‘n koninkryk vêr geleë het daar drie varkies saam met hulle ma gewoon. Na omtrent twintig jaar van skoonmaak agter drie varke het die ma besluit sy is nou goed gatvol en het hulle die huis uitgegooi.  

“Ek gaan vir my ‘n huis van strooi bou” sê die eerste varkie en stap na die boer toe. “Kan jy vir my strooi gee?” vra die vark van die boer. “En vir my stokke?” vra die twede. “Ek kort asseblief stene. Ek wil die sterkste huisie bou” laat die derde vark die boer weet.  

“Fok my, pratende varke!” sê die boer toe. Na twee dae se onderhandeling het die boeties hulle eie video op YouTube gekry. Hulle het baie bekend geword, maar later opgesplit om hulle eie ding te gaan doen.

Die eerste varkie het in die politiek ingegaan. Hy is met ope arms daar verwelkom.

  

Die tweede varkie het ‘n stripper bar begin. Die Makin’ Bacon franchise van vleispaleise doen baie goed in die suiderlike state van Amerika.

Die derde varkie het die verkeerde vriende gemaak en die verkeerde mense afgepis. Hy het mettertyd deel van iemand se Wimpy Farmhouse Breakfast geword.

   

Die Einde.

 

Ek gaan nie eers rondkrap in Aspoestertjie nie. So ‘n naam los net te veel area vir onbeskaafde aanmerkings. Ek is seker as sy vandag geleef het, dan was sy lankal op Dr Phil, Oprah en die Tyra Banks Show. Ek meen, fok.

  

My favourite van al die fabels en sprokies bly nog steeds die een van Doringrosie. Die een van die girl wat ‘n honderd jaar lank geslaap het.

  

Een maal, lank gelede, in ‘n koninkryk vêr geleë het daar ‘n pragtige prinses gewoon wat te fokken stuck-up was om net te staan en trou met die eerste prins wat baie geld en ‘n groot royal staff gehad het.  

Haar ouers was net sulke groot fokken snobs as wat sy was, en het selfs met haar doop partytjie geweier om haar tannie te nooi. Die tannie, wat skelm tarot gespeel het, het nie te veel gereken van die kak nie. “Fok julle” het sy vir hulle gesê toe sy die party kom gate crash. “Nooi my nie, nê! Ek sal julle fokken wys!”  

Met die het sy by haar boyfriend, ‘n sangoma van baie ill repute, gaan kla oor die lot. Hulle het besluit om die klein teef gif in te gee. Ongelukkig het die Ina Paarman resep vir “morsdood prinsesgif met ‘n knippie roosmaryn” heeltemaal opgefok omdat renosterhoring ook nie daar wettig was nie, en baie moeilik was om in die hande te kry.  

Daar raak die hele lot toe aan die slaap. Die koning, sy vrou en al die mense in die land. Inkluis die tannie en haar platkop boyfriend. 

Jare later het ‘n prins haar daar gekry en haar gesoen. Hy het net daarna dood neergemoer. Honderd jaar oue morning breath is nie iets wat jy mee rondfok nie.  

Die koninkryk het mettertyd agter gekom hoeveel dinge verander het in die afgelope honder jaar en hulle het ‘n seclusionist cult gestig. Kort voor lank het hulle almal besluit om daai spesiale Kool-Aid te drink wat so populêr is onder die tipe malkoppies. Die tannie se boyfriend was gevra om die gif aan te maak.

  

‘n Honderd jaar later het hulle weer wakker geword, hom met stokke doodgemoer en toe maar polse gesny. Down the street, not across the road.

  

Die Einde.  

   

So kan mens seker maar aangaan en aanhou pêrels voor swyne gooi. Maar die trippie het my egter laat dink. Miskien was is dit beter om maar net dinge wat nog altyd gewerk het net eenvoudig te los. Moenie probeer regmaak wat nie stukkend is nie.   

Vertrou dat die ideale en waarhede van ‘n verlore geslag vandag net so relevant is as wat dit vir die eerste mense was wat in gemmerbroodhuisies geglo het. Dinge het dalk verander, maar mense? Ek twyfel.   

Dalk is die enigste bruikbare waarheid in die hele ding net dat niemand my ooit moet vra om vir kinders ‘n slaaptydstorie te vertel nie.   

Terapie is duur. 

   

Lekker slaap my skapies. Hou maar die ligte aan.

Jy weet nooit wanneer Wrinkledforeskin besluit om in te breek nie.

Bert.

In die parkie speel

Julie 5, 2010 in Sonder kategorie

Fok, maar ek het ook nou alles gesien. En gehoor. En ek is spyt ek het.

Dis nou weer daai buurvrou van my. Die een wat nou die dag vir Suzie na die tupper party toe genooi het. ‘n Party waar daar net mooi fokol tupperware was nie. Net allerhande kinky kak wat glo die Marquis de Sade se fokken oë sou laat rek het.

Any case, gisteraand was daar ‘n klein kakhuisie vol karre wat die plek vol gepark is en hulle rumoer weer tot eerstelig vanoggend.

Vra ek haar netnou oor die muur van die lot mense en of iemand verjaar het of wat de fok. Ek meen, daar met een goeie fokken rede wees om soos ‘n lot plotmyde op ‘n paasnaweek te kere te gaan. Veral op die heilsame Sondag.

“Nee wat, dit was maar net vriende” verduidelik sy my voor sy sweetpak uittrek en in haar bikini begin vleë wegwaai. Noem dit glo Tai Chi. Ek noem dit iets anners, maar ek verstaan kinders lees ook hierdie.

Ek wou nog kla oor die geraas toe spring sy my voor.

“Jammer as ons bietjie loud was” sê sy so terloops. “Party van die nuwe mense raak beitjie wild…” Dit sal my seker ook leer om met half-kaal vroue oor die heining te gesêls as Suzie nie by is nie.

“Ja” sê ek maar en begin ‘n sigaret soek. “Seker maar…”

Die trek op har gesig is soos die son wat opkom. Dis baie fokken duidelik sy het die verkeerde afleiding gemaak uit ons kort gesprek.

“Swing julle ook?” Haar stem beryk nuwe hoogtes op die “ook” gedeelte. Duisende dinge hardloop gelyktydig deur my kop.

“Erm… nee, ons verkies die wipplank” was al wat ek kon manage.

Die deure is gesluit en die vensters toe.

Ek slaap nie vanaand nie.

Old friends and bookends

Julie 4, 2010 in Sonder kategorie

Ons sien mekaar maar min deesdae. Dit is maar wat dit is, want jy bly fokken vêr weg en kom net elke nou en dan hierna toe vir besigheid en sulke boring tos.

So dit was goed gewees om weer saam met jou vles te vat, ou grootmaat. Selfs al het jou vrou belowe sy gaan jou opfok as jy by die huis kom.

Sulke dinge gebeur maar met die beste van ons en jy weet dit gelukkig ook lankal. Daar gaan nie later blame shifting wees waar jy haar gaan probeer vertel jy het fokol gedrink of gedoen en alles was my skuld nie. Ons is groter as dit.

Jy’s reg, weet jy. Mense hier in die hoostad is faktap, en nee, hulle groet nie mekaar nie. Dit was moer snaaks toe jy die bar deurloop, jouself voorstel en almal met die hand groet. Al tagtig van hulle. Veral daai een suurgat ou balsak wat in die hoek gesit en suip het. Enigste ding snaakser was toe die ou tannie hom kom soek en jy haar ook groet. 

Maar daar was darem daai jong stukkie afleiding agter die counter. Ek dag haar fokken osdoos van ‘n boyfriend kry stuipe toe jy haar vra om so bietjie vir jou gat te swaai, en sy dit doen ook. Met oorgawe.

Ek sal jou maar later bêl en hoor of jy veilig by die huis aangekom het. En of jou vrou jou regtig gemoer het.

Weet jy waaraan lê ek toe vanoggend en dink, daar langs ‘n dikbêk Suzie? Ja, sy’s vir my ook moerrig. Nothing new.

Ek het gelê en dink aan daai gedig. Jy weet, die een wat ons geskryf het daai naweek by die dam, saam met daai anner lot werf-etters en die stukkende rubberduck. As jy nog die kompleet een êrens het, sttur dit vir my asseblief. Ek onthou net die laaste versie…

“Nog ‘n round boys! Die laaste vir die pad! Want die lewe roep my op paaie wat kronkel, vêr duskant die rante van die hart…”

Dis net vir genade en tjomma’s soos jy, ou maat. Julle gee dinge fokken waarde.