Waarheid

Mei 26, 2012 in Sonder kategorie

Dis amper half-twee in die oggend.

Insomnia het lankal op my skoot aan die slaap geraak. Depressie het verder gaan suip sonder my.

Ek is semi fokken moeg en half dronk se driekwart gesuip.

Maandag is dit weer Dokter toe. Nog toetse. Nog scans. Nog ‘n doos in ‘n wit fokken jas.

Maar Maandag is vêr.

Dis naweek. En dit was pay day.

McDonalds papiere lê die gang vol.

5 antwoorde op Waarheid

  1. loudavisi het gesê op Mei 26, 2012

    Ai, Bert!

    Sterkte daar..
    sommer ‘n drukkie van oumaLou

  2. Quarterpounder met tjippies?
    Sterkte vir Maandag!

  3. katrina het gesê op Mei 26, 2012

    Die lewe is heel dikwels soos ‘n kronkelpad – ‘n mens ry bietjie stadiger tot jy in die draai is en dan is jou spoed genoeg aangepas om weer vet te gee. Jy moet net eers daar inkom. Sterkte.

  4. HeavyHenry het gesê op Mei 26, 2012

    Sterkte.

    Ek mis jou stories.

  5. zephur het gesê op Augustus 3, 2012

    Hi daar Bert…wanneer blog jy weer iets

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.