Headlines en deadlines

Mei 25, 2012 in Sonder kategorie

Nuus van die week! Een of ander verwarde bliksem het ’n prentjie geteken van Jacob Zuma se tros wat uithang.

Die hele land is nou gewikkel in debat oor freedom of speech and expression. Die storie het hof toe gegaan vir ’n dringende indaba oor waardigheid, gelykheid en die beweerde rassisme agter die ou skribbel.

Niemand weet regtig wat om te maak oor die saak nie en dis glo so erg dat selfs die ANC se geleerde advokaat ’n traan of twee moes pik daaroor.

Of hy nou gehuil het oor die grootte van Zuma se verleentheid (sic) of oor die feit dat hy sy naam met ’n plank gebliksem het voor die regter, weet ons ook nou nie so mooi nie.

Al te vreeslik, die hele ding. Die hele land moes hiervoor tot stilstand ruk…

En in ander nuus, nog ’n baba is vermoor. Die een was net vyf maande oud. Die brokkie het darem ‘n byline op gisteraand se e-tv sewe-uur bulletin gekry.

Quo vadis, my skapies?

Quo vadis?

5 antwoorde op Headlines en deadlines

  1. Liewe heemel, leef jy?
    Gaan loer daar by my wat Nando’s daarmee maak!

  2. exionperfexi het gesê op Mei 25, 2012

    as dinge nie gou gaan verander nie gaan dit vir altyd dieselfde bly

  3. loudavisi het gesê op Mei 25, 2012

    hahaha!
    Great!

  4. loudavisi het gesê op Mei 25, 2012

    Vreemdeling!
    Ja, niks is nou belangriker nie…dis seker maar ‘n ego-ding.

  5. elgado het gesê op Mei 25, 2012

    Kyk ek wed jou daardie “kunstenaar” (wie se kop raas) is nog deur die ANC betaal ook nog.

    Hoekom:

    Hulle weet presies: Blankes hier haat sulke blatante vuilighede (it’s smut). En die anderskleuriges voel sleg vir Zuma se onthalwe (man wie sou nie, as hy nou bevoorbeeld self nie sulke lae morele waardes voorendag gele het nie).

    Dus het hierdie “kunstenaar” almal ontstel, nie net die ANC ondersteuners nie.

    Daarmee kan dan eenduidig bewys word dat censorship (skuus ek kort die Afrikaanse woord) nodig is omrede Suid Afrika nie volwasse genoeg is om menings vryheid verantwoordelik te kan gebruik nie.

    En as gevolg word die censor wet in krag gestel wat hulle al vanaf laas jaar op ons probeer afdwing…

    Be afraid…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.