My hartjie, my Bertjie, die son sak weg…
Augustus 31, 2010 in Sonder kategorie
Jis jis!
Oor die afgelope paar jaar het ek dit moerse geniet om hier te kom kak tune en mense se fokken hare op end te laat staan met die vrylike gebruik van woorde soos fok, etter, bliksem, doos, osdoos, moegpoes, werf-etter en ander gepaste Afrikaanse woordjies.
Dit was lekker.
Maar ‘n donker wolk skuif oor die dak van my kaya en vir redes persoonlik het ek besluit om vir eers hier te fokkof. Ek moet seker eerder eerlik wees en sê dat die ander deel van my, die regte deel, besluit het om Bert vir eers af te tree.
Moerse thanks vir almal se good vibes en jolly fokken jolliness. En aan die een of twee konte wat my bestaan probeer versuur het met hulle preutse stront, fok julle. Want julle verdien nie beter nie. Fokken kluite.
Vir al die chommas, sweetness vir julle.
Any case my skapies…
Hierde is my laaste groetnis en goodness,
Bert.
vygie het gesê op Mei 11, 2011
Ek hou ook van die woord etter.