Van Kinder-krans en kop skeer

Augustus 2, 2010 in Sonder kategorie

Naand vriende,

Jammer ek was so lank stil, but needs must when the devil drives. Dinge is besig, al is dit net besig om my na sterk drank en vinnige vroue te dryf. At least is dit nie veel van ‘n dryf nie, en die trip soontoe is ook nie so onaangenaam as wat ek gefigure het dit sou wees nie.

My ouma het altyd gesê in die lewe kry mens ses pond kak en ‘n een-pond sak. En alles moet in. Sy was reg.

Any case, ek het gister my hare ge-skin head. Nommer 1 knipper deur die lokke gejaag. Ek lyk nou soos ‘n ball bearing en ek figure dis ‘n redelike sexy verandering. Grrrrrr.

Maar daar het vandag ‘n ou song van my onskuldiger dae in my newly sand blasted kop vasgesit. Daai ou kinder-krans een van “As Hy weer kom, as Hy weer kom, kom haal Hy Sy pêrels…”

Nou toe. Soos die skryf van dinge mos maar gaan het ek net weer alles wat ek op een slag aan dink en oor voel bymekaar gelas. Die kombinasie van my sexy-romantiese bui en die ou kerk koortjie was redelik verbasend. Selfs vir my.

So hier is hy. Een vir die taalsuiwer mense onder ons. Vars uit die oond.

So by the way, ek het nie eers een keer gevloek in die skryf van die ding nie, so laat ek dit sommer nou reg stel. Net vir ballans. Fok, fokkit, fokker, fokkof.

Daar’s hy. Dis beter.

Lekker slaap my skapies,

Bert.

Al Sy pêrels:

 

“Daar is ‘n wonderlike verskil tussen spring en val” het jy gegrinnik en weer die afgrond bestorm. Meteens was jy in die lug, en met die swier van ‘n voël in vlug het jy geseil deur die niks tussen krans en kuil. Die water het pad gemaak vir jou, en teen die lig van laatmiddag se goud het jy reënboë nagelaat vir my om na te staar.

Vir ‘n benoude minuut, wat ‘n uur na-aap het, moes ek vêr bo jou staan en soek na jou lyf onder die oppervlakte van die poel. In ‘n droom het ek jou van tevore hier gesien, maar jou kop het toe nie die oppervlakte gebreek en sy rooi-bruin sleep tussen oppervlak en diepte laat speel nie. In die droom het jy in die donker kelders van die kuil verdwyn en my alleen agter gelaat.

My trane en angs het my destyds terug geruk na waar jy langs my jou eie drome besweer het.

Maar nou het die silwer pêrels van jou asem die plek verraai waar jy weer deur die water sou breek. My gedagtes het onwillekeurig terug gegly na die dag wat ons op die strand gestap het en jy my gevra het hoeveel pêrels ‘n oester kan maak voor hy ook, soos alle dinge, die lewe moet verlaat en opeindig as net nog ‘n skulp op ‘n verlate strook sand.

Ek het toe maar net gelag, maar diep in my het die vraag bly vasklou en langsaam sou ek swoeg onder die gewig van jou navrae. “Pêrels is mos eintlik maar net sand wat staan en blink raak, so met die tyd aan” het ek losweg aangebied. Jy het toe gelag en gesê dat alles maar net iets is. Selfs goud en diamante. Alles is net dinge, maar dinge se waarde is ewig.

Jou liggaam het deur die water gesny en jy het uitgeklim en op ‘n klip gaan sit om my van daar dop te hou. “Kom nou” het jy geroep met net genoeg terging in jou stem om my ongemaklik te laat voel dat ek so lank al talm. “Spring!” Jou hand ek my nader gewink. My hoogtevrees het weereens in my keël begin opstoot en dit moeilik gemaak vir my om asem te haal. Met bewerige bene het ek nader aan die rand beweeg.

Met die dertiende wilde klop van my hart het my kneë gebuig en my bene my vêr oor die rand uitgestoot. Swaartekrag het sy wil oor my eie lyf bepleit. Die gevoel van tuimel deur die lug het ‘n naar kol op die krop van my maag gelaat. Die vreemde, bekende sensasie was die weefstof van elke droom en nagmerrie wat ek kon onthou. Die vryheid en die vrees van die oomblik was perfek geraam deur die beeld van jou wat opgespring en hande geklap het net voor die water oor my toegevou het in daardie ongemaklike oomblik van paniek en verwarring.

Ek het nie dadelik na bo geswem nie, maar het eers ‘n oomblik vasgehou aan die donker verlatenheid van die wêreld onder die oppervlak. Meeste van my kindervrese was hier tuis en ek, met wilde begeerte om my eie manlikheid te verkondig, was traag om hierdie woeste paradys van koue stilte en nat geraas te verlaat.

Met al die suurstof in my longe het ek toe geskree, en my woorde van bitterheid en bevryding het soos dertig silwer munte die werklikheid van ons bestaan buite swemkuile gaan opsoek. Ek het die pad wat hulle boontoe gebaan het ook gevolg en uitasem langs jou op die rots gaan sit.

“Is jy orraait?” Jy het met ‘n handdoek begin om jou hare droog te druk. “Ek verbeel my ek het jou hoor skree onder die water?”

Die kommer in jou oë het die diep groen poele van jou oë vertroebel en ek was verplig om weer net te glimlag. “Ja wat” het ek geantwoord. “Ek het net onthou my sigarette lê nog daar bo…” Jy het gelag en gesê dat dit die beste rede is om weer op te stap en af te spring. “Selfs al word my sigarette nat?” Jou lippe teen myne was vlutig, maar warm na die koue van die van die stroom. “Veral as jou sigarette nat word” het jy geantwoord, die duiwel in jou stem.

Jy het opgestaan en ‘n hand op my skouer gesit. Die son was agter jou en het jou met ‘n heilkrans van goud en koper gekroon.

Met die terug kyk op soveel water onder die brug besef ek dat daardie dag ‘n pêrel was. Net een van handevol pêrels wat jy uit gewone sand blink gemaak het en aan die goue ketting van jou menswees gehang het, sodat almal om jou dit kon bewonder. Die waarde van jou is vir my ook ewig, selfs al is alles, selfs al was jy en selfs al is almal van ons ook maar net dinge. Selfs al hunker my siel vanaand om ook een dag op dieselfde ewige strand uit te spoel.  

11 antwoorde op Van Kinder-krans en kop skeer

  1. Goeie wetter of slegte wetter? Ek meen, dis net kinky tot iemand ‘n been breek.

  2. AhJayEm het gesê op Augustus 2, 2010

    Bert onthou net, ‘n vinnige vrou is nes ‘n bike………….as jy gedrink is, los hul maar liewers uit.

  3. As ek daai bietjie wysheid ‘n paar jaar terug gehad het dan was daar dalk vandag ‘n Kawasaki in die garage in plaas van ‘n pram in die voorhuis.

    Thanks vir fokkol, I guess. Maar cheers dat jy kom inloer het, ou maat.

  4. Nee sies man. Varke is ook mense, weet jy.

    Of is mense ook maar net varke?

    Ek raak gewoonlik deurmekaar met daai twee. Met goeie fokken rede ook, reken ek.

  5. pasella het gesê op Augustus 2, 2010

    Shihieeet! Die storie het sy oomblikke!! So sonder fok en wat daarop volg,geskik getjap vir C-gang in Huis Westergloor!

    (Ag, ek skeer net gat met jou!)

  6. Ja, die staat het besluit om weer die Combrinks toe te laat in die gene pool.

  7. Hoezit Tronkie.

    Balans is mos belangrink en “Fok” is die yin tot my “Fokker” yang.

  8. Lykit, Lewies? Waar de fok was jy die afgelope tyd?

    Huis Westergloor! Hahaha. Ja, ek weet die ding is bietjie You Magazine, maar ek belowe die volgende een is vol rowwe seks, vuis slaan en brannewyn suip uit ‘n vuil handskoen uit… en dis net die vroulike karakter.

    Stay tuned, papa.

  9. Ek is sommer jaloers! – Jy skryf sommer so lekker – en jy laat dit maklik lyk. Fok jou, man!

  10. Dit is gewoonlik maklik as jy die regte kombinasie van prozac en heineken ken.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.