‘n Vinnige joke…

Julie 26, 2010 in Sonder kategorie

…vir die wat net so ‘n kak dag soos ek probeer dood drink.

‘n Matroos op ‘n seerower skip hardloop na die kaptein toe om hom in te lig dat hulle deur die Britse vloot aangeval gaan word.

Matroos: Kaptein! Kaptein! Daar is drie Britse skepe aan die stuurboord kant, reg om ons aan boord te val en ons te kom opfok!

Kaptein: Ha ha ha! Net drie? Gaan haal solank my rooi hemp!

Matroos: Kaptein se rooi hemp? Hoekom dan?

Kaptein: Sodat die bemanning nie sien as ek gewond raak gedurende die geveg en sodoende moed verloor nie!

Matroos: Maar Kaptein, daar is ook nege Britse skepe aan die bakboord kant!

Kaptein: Bring dan sommer my bruin broek ook, terwyl jy nou besig is…

2 antwoorde op ‘n Vinnige joke…

  1. Wolletjies het gesê op Julie 26, 2010

    lol – hello Bert!

  2. 😉
    goeie kamoeflering

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.