My bedanking. Dit was lekker, maar nou’s dit klaar.

Julie 17, 2010 in Sonder kategorie

Vandag bedank ek as trotse Suid-Afrikaner.

Want vir te lank het ek my bêk gehou en ander kant toe gekyk terwyl alles wat eens waarde gehad het teen die naaste muur uitgepis word.

Ek was trots op my vlag en op my land, maar dit was in ‘n tyd toe die vlag met respek behandel was en meeste mense ‘n oorval gekry het as dit selfs net aan die grond geraak het.

Dit was voor die nuwe verspotting van nasionale kleure ingetree het en die nuwe “vlag” op alles gedruk is van voorskote en toiletsitplekke tot g-strings. Praat van jou trots deur jou gat trek! Ek reken dat die ding op kondome ook gedruk gaan raak sodra iemand uitwerk hoe om dit te doen. Sal ironies wees.

Hierdie land het nog altyd waarde ingehou vir wie ookal bereid was om daarna te soek en daarvoor te werk.

Maar dit was in ‘n tyd toe almal nie bakhand gestaan en wag het vir manna uit die hemel, of uit die regering se sak nie. Mag ek dan ook maar byvoeg dat meeste van hierdie almoese uit die werkende deel van die populasie se sak kom?

Die Minderheid dra steeds die meerderheid, maar nie meer uit ‘n verantwoordelikheidsin teenoor die wat nie regtig gehelp wil word nie. Deesdae is dit as gevolg van ‘n skuldgevoel wat op die skouers van die land se bouers gepak word.

Opoffering was nie ‘n vreemde konsep vir ‘n nasie wat herhaaldelik die hoogste prys moes betaal vir sy vryheid nie. Die grond wat ons almal gevoed en gehuisves het was gekoop met die lewens van die wat ‘n hoër prys moes betaal om hierdie voorregte te verseker.

Moenie julleself laat mislei met praatjies van jou persoonlike reg tot vryheid nie. Vryheid en sekuriteit is nie gratis nie. Dit word ten duurste gekoop en die prys daarvoor word in bloed betaal.

Deesdae offer mense nog steeds hulle lewens op, maar nie meer vir ‘n vryheids ideaal nie. Die bloed van bejaardes word nou gebruik om ons eie lafhartigheid mee toe te smeer. Die bloed van oues en onskuldiges het ‘n pleitoffer geword van die wat te bang is om op te staan en verset te toon teen ‘n stelsel wat in sy kern korrup is. Die prys van die wat vir ons erwe gelos het word vergeet, hulle offers word verruil vir die puntlose geraas van die propaganda masjien se aanhoudende geteef.

‘n Hele volk se kultuur word van hom geroof en sy voorspoed onderdruk. Afrikaner word Afrikaanse. Die dissipline en ruggraat waarmee ons jeug opgevoed was, word vervang met dwelms en sedeloosheid. Oprig word geruil vir verval. Weerbaarheid met weerloosheid. En dit terwyl ons maar net met gevoude arms staan en toekyk.

Helde word verpand. Respek word nie meer afgedwing of verdien nie. Nie in ‘n stelsel waar ‘n verkragter en moordenaar se regte gelykstaande is aan die van ‘n belanstingbetalende dominee nie.

‘n Man wat verantwoordelik was vir die pyn en lyding van ontelbaar baie word opgehemel as ‘n god. Vir hom is daar net prys en lof. Hy was mos tronk toe as gevolg van sy oortuigings. Dieselfde oortuigings wat ‘n hele generasie laat groot word het met ‘n duidelike kennis van kleefmyne, landmyne, terroriste en openbare geweld. Vir hom is daar ‘n vakansiedag.

‘n Ander man het die eerste man se waansin probeer teenstaan. Hy het binne die werkinge van die land se wette gehandel om ons almal ‘n bietjie veiliger te laat slaap. Sy lewe het hy meer as een keer in gevaar gestel om te probeer verseker dat die brutaliteit van sy teenstaander nie die daaglikse werklikheid vir jou en my word nie. Op die ou enide sou hy alles verloor en die res van sy lewe in die tronk deurbring. Die meeste mense wat hom met klippe gooi is die van sy eie nasie. Dieselfde mense wie hy veilig gehou het. Vir hom is daar niks anders as haat en veragting nie.

Maar dit maak seker sin in ‘n land waar die boer vermoor moet word. So word daar mos gesing. Wat is die antwoord van die wie se goedkeure hierdie Mokaba-Psalm nie wegdra nie? Hulle trek maar rooi hempies aan op ‘n Vrydag en vertel mekaar hoe gatvol hulle is. Die volgende Vrydag trek hulle geel hempies aan en vertel mekaar hoe lief hulle vir sokker is.

Hoe pateties.

Hoe kan ons dan ‘n verskil maak as ons nie eers kan vergelyk met die wat die onmin skep nie? Maar mense wil nie ‘n verskil maak nie. Ons is bang. Mense vrees vir hulle veiligheid. Ons word ontwapen, maar doen ook niks daaraan nie.

Daar is geen sekerheid meer oor enige van die staat se dienslewering nie. Elektrisiteit, sekuriteit, voedsel lewering, mediese dienste. Alles is deurtrek met wanbestuur en korrupsie. Dit raak moeilik om die water uit jou krane te vertrou. Wanneer daar water is. Tog word belastings betaal. Staatsgeboue word net afgebrand deur die wat nie betaal vir dienslewering nie, maar dit steeds eis.

En steeds waai meeste nog die Liquorice All-Sorts doek wat die beklemtoning van ons verval geword het, terwyl hulle vir almal met ore vertel hoe trots hulle is om Suid-Afrikaans te wees.

Hoe hartseer is julle vertolking van patriotisme en trots nie net nie? Om trots te wees beteken meer as om eenvoudig net oor te gee aan wat jou hart jou vertel verkeerd is, maar jou beursie vir jou vertel reg moet wees.

Trots bepaal dat dit beter is om te sterf op jou voete as om te leef op jou knieë.

Ek is nie trots Suid-Afrikaans nie.

Ek skaam my vir wat ons geword het.

11 antwoorde op My bedanking. Dit was lekker, maar nou’s dit klaar.

  1. HeavyHenry het gesê op Julie 17, 2010

    “Trots bepaal dat dit beter is om te sterf op jou voete as om te leef op jou knieë.”

    Ja, as jy kan. En dis nie ‘n ongeluk dat as ek oor ammunisie skryf, ek Meintjieskop noem nie.

  2. Jy maak aanvatbare punte ja, en jy maak onaanvatbare punte ja – ek sal sê amper 50/50. Wee jy wat, ek biets nie ek probeer bydra om dinge reg te kry met ‘n positiewe benadering.

  3. Dag Ferret. Dis nie dat ek nie meer net die rosie tussen die dorings soek nie…

    Ek reken net dis tyd om die hedges ‘n bietjie te snoei.

  4. En die draad sit lekkerder as jy nie alleen is nie.

    Laat my dink aan die lemmings van die arktiese streke. Hulle hardloop ook in een rigting, almal volg die rot voor hom. Dis ‘n great idee. Totdat hulle en masse die see inbliksem en versuip.

    Geniaal.

    So by the way, ek reken as dit nie was vir skop teen die prikkels nie dan was daar nie vandag ‘n Suid-Afrika nie.

  5. 18-duimer is dalk effe klein. Maar fok, jy kan ‘n skedel met ‘n teelepel ook kraak. Jy moet net aanhou om die ding te moer.

  6. Ons gaan maar almal so go with the flow en hoop ons word annerdag op ‘n meer aanvaarbare strand uitgespoeg.
    Ek het hier heel kopknikkend gelees maar besef dat daar nie veel uitkomkans is nie.

  7. As daar nie uitkomkans is nie, sal dit dan nie beter wees om uit te gaan in ‘n storm van verset as in ‘n windstilte van meedoen en aanvaarding nie?

  8. Die probleem is dat mens hoef nie altyd ‘n fight te staan en soek nie.

    Meeste van die tyd kom soek dit jou.

    Nes met elkeen van die gebeure wat jy hier genoem het.

  9. HeavyHenry het gesê op Julie 17, 2010

    Net so! Die verskil is in die wil.

  10. My man sê altyd mens moet maar die game speel met die kaarte wat vir jou uitgedeel word.
    Verset sal wees soos poep teen donderweer

  11. Britse setlaars: dis nou ‘n klomp mense wat lekker ingedoen is. (deur wie?)
    Wat het mense soos kersmakers, wewers ens. vanaf die malse groen Engeland nou geweet van boer in die dorre genadelose Oos-Kaap

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.