Die nuus en pseudo-liberale mense wat nie wil fokken bykom nie.

Julie 14, 2010 in Sonder kategorie

Daar is steeds die onder ons wat met hulle koppe in hulle gatte rondloop. Jammer om dit te sê, maar dit is waar. Nee wag, om te sê dat ek jammer is om julle dit mee te deel laat dit klink asof ek my medelye betoon aan ‘n klompie mense wat eenvoudig te deur die kak is om die waarheid in die oë te kyk.

Ek is nie jammer om dit te sê nie. Ek is tot in my menswees verbitter om dit te erken. Ek is skaam om te noem dat daar mense is, mense wat uit dieselfde lap as ek geknip is en wat met dieselfde waardes as ek opgevoed was, wat nog steeds deur die lewe gaan met oogklappe en oorpluisies.

Die tipe mens wat sy eie trots, selfrespek, erfenis en siel sal verpand uit eenvoudige vrees vir die onbekende. Soos die wat eerder krom Engels sal praat as om voor te gee dat hulle eintlik Afrikaans is. En wat die Castle advertensie like omdat dit die “regte” Suid Afrika uitbeeld.

My moer is vanaand ekstra suur, want ek het weer gaan staan en nuus kyk. Stupid as wat dit seker ook maar is. Twee groot berigte het my aandag gevang, en ek wil ‘n bietjie daarna loer in die hoop dat daar dalk een of selfs twee van die mense begin wakker word. Nie dat ek my asem ophou nie.

Die eerste ding:

Xenofobie.

Daar word verkondig dat daar geen plek in ons lieflike demokrasie is vir hierdie tipe barbaarse agterlikheid nie en dat almal moet handjies vashou en Kumbaja sing. Dieselfde ou rympie.

Wel, ek voel ek moet bieg. Ek is self xenofobies.

Ek dink nie veel van die Franse, met hulle neus-in-die-lug houding teenoor die res van die wêreld en hulle volksvreemde smaak in kos en seks nie.

Die Engelse sit wragtag nie hoog op my kerskaartjielys nie. Nie na al die kak wat hulle in die laaste Boere Oorlog aangevang het nie.

Die Amerikaners is in my opinie net ‘n klomp grootbêk dose wat goed is daarmee om kak te soek maar nie so warm is as dit kom by hulle eie battles baklei nie.

Ek het ook gehoor die Ausies doen die snaakste dinge met skape. Of was dit die kiwi’s? Ek kan nie onthou nie, maar dit maak nie saak nie want ek hou nie van een van die twee groepe nie. Veral nie in rugby seisoen nie.

Maar net omdat ek niemand anders as myself regtig waardeer nie, beteken dit nie vir een omblik dat ek nou na die local griek se kafee toe gaan loop en vir arme Stavros met ‘n gesteelde 9mm langboompies toe gaan stuur net voor ek al sy goed steel en dan sy winkel afbrand nie.

Hoekom dan nou nie? Want ek is beskaafd. Ek is grootgemaak met ‘n sin van reg en verkeerd. So al maak hy meer geld as ek, koop ek steeds my brood en melk by hom. Want hy doen my nie skade aan nie. Hy pla niemand nie. Hy betaal sy belasting en gaan sy gang. Hy lewer ‘n diens en het selfs geleer Afrikaans praat. Sy ma bly nog in Griekeland en een keer ‘n jaar gaan kuier hy vir haar. Wanneer hy daar is vertel hy seker sy pêlle hoe min tyd hy vir Afrikaners, Sotho’s, Zulu’s en Xhosas het.

Dis sy reg, want hy loop ook nie die straat af met ‘n buiteband en vuurhoutjies, reg om bietjie van sy eie xenofobie ontslae te raak nie.

Hy verkoop nie dwelms aan skoolkinders (of enigiemand anders) nie. Hy lol nie met klein kindertjies nie. Hy beplan nie om die regering omvêr te werp nie, selfs al verdien die lot nie beter nie. Hy lewer net ‘n diens. Hy gee die keiser wat hom toekom, en in die aande sluit hy ook sy huis en sit die alarm aan voor hy bed toe gaan. Pistool op die bedkassie en al.

So ons almal koop melk en sigarette by hom. Selfs al is hy ‘n katoliek.

Aan die ander kant van die spektrum van waar ek en Stavros mekaar staan en beloer, is die lot wat wel moor en roof en plunder. Die wat verkrag en verbrand. Meeste mense neem outomaties aan dat hierdie lot amper eksklusief opgemaak word deur verbode immigrante. Daarom kerm die plaaslike swart gemeenskap dat hulle werk gevat word deur buitelanders, en dat die buitelanders by hulle steel en hulle vermoor.

Dit terwyl blankes moet kompeteer met belaglike belastings en heffings, regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging (om net ‘n paar struikelblokke te noem waarmee die nuwe regering ons potjie). En ook terwyl die koerante elke dag ‘n storie dra van ‘n wit gesin, wit boer of wit bejaarde wat deur swart mans aangerand, geroof, verkrag en/of vermoor is.

Daar word daagliks die mees grusame besonderhede aan ons oorgedra. ‘n Dame is verkrag voor sy vol kookolie gegooi is en toe met ‘n strykyster gebrand is. Sy was in haar sewentigs. Daar is baie, te veel, ander voorbeelde.

So waarom kla die swart mense? Oor die dinge wat die blankes moet deurmaak onder hierdie nuwe, briljante weergawe van demokrasie en vryheid? Is dit nie ‘n geval van die pot wat die ketel verwyt nie? En is moord dan die enigste oplossing waarmee julle in sestien jaar se tyd voorendag kon kom om immigrasie mee te beperk?

En waaroor kla julle witmense? Julle wat van die opinie is dat dit net die buitelanders is wat kom kak aanjaag hier? Hulle is mos nou op ‘n moerse spoed oppad terug Zim toe. Oormôre, as almal ge-fokof het sal ons mos weer ‘n misdaadvrye land hê. Dis mos nie die locals wat die land sy moer in stuur nie…

Die tweede ding:

 

Chris Mahlangu en sy minderjarige tjomma het vir Eugene Terre’Blanche agt-en-twintig keer met ‘n panga en ‘n stuk staal gekap en geslaan terwyl die ou man gelê en slaap het.

Ja, ek weet wat meeste van die slapende massas nou weer staan en skree. Wanneer gaan ons aanbeweeg? Wanneer gaan ons nou die storie los, want dit raak nou regtig afgesaag om te luister na die aanhoudende geteem oor die oud-leier van die A.W.B.

Ek wil nie vanaand die man se prys besing nie. Ek het hom nie geken nie en net een van sy toesprake, kort voor sy dood, bygewoon. Dié het ek ook meer gedoen as gevolg van ‘n tekort aan ‘n beter idee as enige ander rede. Hy was ‘n goeie spreker. Soveel van hom was wel waar. In my opinie was hy ook ‘n redelike goeie digter.

Maar kom ons kyk ‘n bietjie verby hom en loer na Chris Mahlangu. ‘n Burger van Zimbabwe wat as plaaswerker in Suid Afrika probeer het om ‘n paar rand te maak. ‘n Moordenaar wat ‘n bejaarde, slapende man met ‘n panga gekap het oor ‘n loon geskil.

Mense wat lone trek het nie regtig moerse bankrekenings nie. Mense wat van Zimbabwe na Suid Afrika toe kom verlaat ook nie die skoot van weelde om hier op plase te kom werk as dagloners nie.

Maar tog is aan hom R5000 se borg toegestaan.

Die vraag bly staan, wie gaan dit betaal?

Ek reken dit sal betaal word. En Mahlangu sal terug Zim toe. En dit sal die laaste hoor wees van die saak.

Dis nogals ironies dat, in ‘n land waar almal met mekaar moet probeer reconcile, iemand steeds sy borg sal betaal. Soveel vir die hand van verdraagsaamheid.

Nie dat dit saak maak nie. Almal het geblaf toe Terre’Blanche vermoor was, maar wie het gebyt?

Op die ou end was dit net nog ‘n toegewing wat gemaak was. Net nog ‘n reg tot verset afgeteken. Net nog ‘n toonbeeld van die ruggraatloosheid van ‘n volk wat eerder vermoor sal word as om onpopulêr te wees. Dit terwyl ons eie mense sterf onder ‘n korrupte regering wat net hulle eie belange op die hart dra.

Almal van ons, en dit sluit myself definitief in, se hande is gevlek met die bloed van die wat moes sterf omdat ons te slapgat was om dit te probeer verhinder.

Daar’s nog baie dinge wat ek wil sê oor dit alles, maar dit raak nou laat en Suzie raak effe omgekrap deur my afwesigheid. So ek gaan nou maar klaar maak met ‘n verbuiging van een van Cilliers se gedigte. Ek hoop die taalpuriste vind dit in hulle harte om my hierde afrgryse te vergewe.

Stil, broers,

daar gaan ‘n man verby, hy groet, en dis verlaas.

Daar’s nog maar één soos hy;

bekyk hom goed.

 

Ek en jy,

ons het hom op sy pad gesit.

3 antwoorde op Die nuus en pseudo-liberale mense wat nie wil fokken bykom nie.

  1. Ek weet nie so mooi daarvan nie. Het hierdie habit om nie vir ander mans te kyk in daai lig nie.

    Maar hy was ‘n mens en hy het gesterf soos ‘n dier.

    Dit alleen hoort genoeg te wees om mense te laat wonder hoekom ons van wolf staan en skaapwagter maak.

  2. Thanks Charlene. Ek figure dis miskien tyd om die retoriek te laat gaan en regtig die middelvinger in te span in ‘n gesamentlike “Fok Jou” aan die ape wat ons moet lei en beskerm, maar nie so doen nie.

    Verset jouself hoe ookal jy kan.

    As almal dit doen kry ons dalk iets reg. Fok weet, dit het 16 jaar gelede vir hulle gewerk!

    What’s good for the goose?

  3. HeavyHenry het gesê op Julie 17, 2010

    Daars hy! Dis nou gese. Al wat nog moet bygevoeg word is hoe dit die polisie is wat ‘n klomp vannie kak aanjaag – soos die twee rowers wat onlangs op Kameeldrif deur ‘n inwoner geskiet is – die dooie ‘n polisieman, en die gewonde ‘n reservis…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.