‘n Klip. ‘n Bos.

Julie 12, 2010 in Sonder kategorie

Dis koud vanaand. My voete het lankal enige gevoel begin verloor en dit word al hoe moeiliker om te tik. Ek het wel vroeër vanaand probeer werk aan ‘n nuwe storie wat my nou al ‘n geruime tyd besig hou, maar ek kon vanaand net nie die woorde kry om die spul aan die gang te hou nie.

Dit is so asof al die karakters net rond staan met hande in sakke en wag vir my om nou eers kop skoon te maak. Eers die dinge wat my pla te liaseer en te bêre sodat hulle weer my onverdeelde aandag kan kry.

Sien, daar is ‘n ding wat nou al ‘n wyle aan my vreet. Dit skuil in die donker hoeke van my gedagtes en bekruip my wanneer ek elders besig raak.

Soos vandag weer, toe ek doodluiters met iemand gesêls oor die sokker en die weer en skoene wat my effens te veel druk wanneer dit koud en misluk is buite. Net dinge wat gewone mense raak. Mense met rekeninge om te betaal, kinders om groot te maak en versekeringsmaatskappye om mee te baklei.

“Jy moet nie so kla nie” laat weet sy my toe uit die hoogte van haar oordrewe beter wete. “Ek meen, kyk maar na Nelson Mandela. Hy het ook mos swaar gehad en kyk hoe hy bo dit alles uit gestyg het…” Haar bekertjie het aangehou oorloop van lofsang en pryse vir die man vir die volgende twintig minute. Na die eerste vyf het ek ‘n dowe oor gedraai en net geknik.

Dit help nie jy stry met iemand wat so hard probeer reg wees nie.

Na wat soos ‘n ewigheid se hersiende geskiedenisklas gevoel het, het sy dit ook goed gevind om my te herhinner aan my sosiale verantwoordelikheid teenoor die wat nie het nie, en o so drasties kort.

Ek het haar dus vlugtig in haar moer gestuur en ‘n sigaret gaan rook waar die ander mense my nie kon hoor lag, huil en vloek nie. Die kyke wat ek gekry het toe ek terugkeer kon die muurpapier laat verkleur het. “Daar gaan hy” fluister die een vir die ander en gee my so ‘n suur glimlag.

Nou ja, miskien is ek al die lelike dinge wat ek genoem word wanneer ander reken ek luister nie.

Miskien is ek regtig ‘n vêr-regse platkop wanneer ek sê dat Mandela tronk toe gegaan het vir ‘n reeks baie goeie redes, en dat hy God dank bly kan wees die vorige bedeling het nie sy nek gestrek toe die kans hom voorgedoen het nie. Miskien moet hy regtig maar net dankbaar wees dat nie almal wat met die swaard leef daarnee sterf nie.

Wie weet, miskien het hy sy prys betaal en tot vreedsame insigte gekom nadat hy en sy makkers so lank probeer het om sy eie land op sy knieë te dwing met bomme, gewere, opstande, tyres en matches. Miskien nie. Dis nie myne om daaroor te besluit nie, selfs nie in die donker vermoede van drie-uur die oggend se twyfel nie.

So dalk is ek ‘n rassis as ek mense herhinder dat daar ‘n ding soos federale verantwoordelikheid ook is. Dis nou wanneer die staat vir die arm mense kos en klere en werk en skuiling gee. Dis mos waarvoor belasting moet gaan. Vir dit, en ander dinge soos die bekamping van misdaad, die herstel van paaie en die onderhoud van infrastruktuur.

Sovêr my kennis strek is daar nie enige belastingwet wat voorsiening maak vir soustrein ritte vir elke korrupte politikus nie. Ook nie vir steel en verkwansel deur elke Jan Rap en die se comrade wat nou in die kabinet, staatsdiens, plaaslike regering of enige ander hoogsbetalende regstellende aksie pos sit nie.

En dalk is ek Hitler junior wanneer ek mense daarop wys dat jy net soveel kan breek, steel en afbrand voor daar niks oor is nie. Maak nie saak hoe vry en gelyk jy dink jy is nie. Wat help vryheid en gelykheid dan as almal vry en gelyk is om saam ‘n waardelose rand en ‘n leë spens te geniet? En wat gebeur wanneer daar nie plase oor is om weg te gee nie. As almal ge-BEE is en die waarheid van White Economic Enslavement sy kop begin uitsteek?

Miskien is ek net dit. ‘n Verkrampte dinosaurus wat nie by die nuwe klimaat van verandering kan aanpas nie. ‘n Lewende fossiel. ‘n Onooglike herhindering aan ‘n tyd toe verdrukking en bloedlustige vervolging van ‘n onskuldige (sic) groepie vryheidsvegters aan die orde van die dag was. Toe elke blanke ten minste twee swartmense aangerand het voor brêkfis. En ten minste drie geskiet het voor huis-toe-gaan-tyd.

Julle hoort te weet. Julle was daar. Ons vra mos almal so mooi om verskoning hiervoor. Ons is almal skuldig. Ons wou mos baas wees oor God se hele skepping.

So asof ek die enigste een is wat sien hoe elke advertensie op TV die blanke afmaak as die dom, onbeholpe onderdanige. En dit nou in die nuwe bedeling waarin baasskap verby is.

Ek verkies om te glo dat ek net na die waarheid in hierdie kranksinnige mengsel van propaganda, selfbehoud, vrees en skuldgevoellens soek. Soms soek ek dit tussen ander mense, maar verwag nie veel in die rigting van terugvoer nie. Waar daar groepe mense is kom die waarheid, of selfs net ‘n eie mening, maar min te voorskyn.

Die waarheid is bytendien maar ‘n skugter dier. Die ding verskyn net wanneer al die leuns weggedraf het om op ‘n ander plek te gaan wei, amper soos sprinkane maak net voor die oes ingebring moet word.

6 antwoorde op ‘n Klip. ‘n Bos.

  1. Well, thanks vir die inloer in any case.

    Die koue kom mos altyd van die kaap af hier na ons toe, of hoe?

    Dis so asof julle eerste die kak idee kry en dit dan deel met die res van die land…

  2. Thanks Charlene.

    Ek is net gatvol vir denial, is al. As iets stukkend is, moenie probeer voorgee dit werk nie…

    Groetnis,

    Bert.

  3. HeavyHenry het gesê op Julie 13, 2010

    Die grootste revolusionere mens hier was nie Mandela nie – dit was Frederick Willem de Klerk.

    En Elders was dit Mikhail Gorbachov – onthou tog die skandmuur.

    En ek wens iemand wil tog die waarheid begin praat oor die bron van allie kak waarmee ons sit – die aanhoudende gebroei van die no hopers.

    So ek is so min of meer of meer met jou.

  4. Dis alles fokken benard. Ek gaan later vanaand iets post wat my ook ‘n rukkie al pla. Dink dit gaan nie te goed afgaan nie, maar wtf.

    Thanks virrie inloer, ou maat.

    Jou opinies was nog altyd eerlik en op die Bert af. Dis refreshing om iemand te hoor wat nie altyd loop met kak aanjaag met die bybel onner die arm nie, as jy volg wat ek meen.

  5. Dwepery. Dis die lelikste woord in Afrikaans, waar verset die mooiste bly.

  6. HeavyHenry het gesê op Julie 17, 2010

    “met die bybel onner die arm”

    GieGieGie – as jy daar op my blog gaan kyk, by so omtrent die derde inskrywing of so sal jy my uitval met Smartassblond sien – en sal jy verstaan hoekom ek giggel oorie bybelstories.

    🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.