In die parkie speel

Julie 5, 2010 in Sonder kategorie

Fok, maar ek het ook nou alles gesien. En gehoor. En ek is spyt ek het.

Dis nou weer daai buurvrou van my. Die een wat nou die dag vir Suzie na die tupper party toe genooi het. ‘n Party waar daar net mooi fokol tupperware was nie. Net allerhande kinky kak wat glo die Marquis de Sade se fokken oë sou laat rek het.

Any case, gisteraand was daar ‘n klein kakhuisie vol karre wat die plek vol gepark is en hulle rumoer weer tot eerstelig vanoggend.

Vra ek haar netnou oor die muur van die lot mense en of iemand verjaar het of wat de fok. Ek meen, daar met een goeie fokken rede wees om soos ‘n lot plotmyde op ‘n paasnaweek te kere te gaan. Veral op die heilsame Sondag.

“Nee wat, dit was maar net vriende” verduidelik sy my voor sy sweetpak uittrek en in haar bikini begin vleë wegwaai. Noem dit glo Tai Chi. Ek noem dit iets anners, maar ek verstaan kinders lees ook hierdie.

Ek wou nog kla oor die geraas toe spring sy my voor.

“Jammer as ons bietjie loud was” sê sy so terloops. “Party van die nuwe mense raak beitjie wild…” Dit sal my seker ook leer om met half-kaal vroue oor die heining te gesêls as Suzie nie by is nie.

“Ja” sê ek maar en begin ‘n sigaret soek. “Seker maar…”

Die trek op har gesig is soos die son wat opkom. Dis baie fokken duidelik sy het die verkeerde afleiding gemaak uit ons kort gesprek.

“Swing julle ook?” Haar stem beryk nuwe hoogtes op die “ook” gedeelte. Duisende dinge hardloop gelyktydig deur my kop.

“Erm… nee, ons verkies die wipplank” was al wat ek kon manage.

Die deure is gesluit en die vensters toe.

Ek slaap nie vanaand nie.

7 antwoorde op In die parkie speel

  1. HeavyHenry het gesê op Julie 5, 2010

    *grin*

    nou ja – nou weet jy…

  2. Dis soos om te hoor Krismis Vader is alles net ‘n kakstorie.

    Jy vermoed dit, maar jy wil dit nie regtig glo nie. Want dis beter om nie te weet nie.

  3. purplepuppy het gesê op Julie 5, 2010

    lmga! more koop sy n wipplank….

  4. zephur het gesê op Julie 5, 2010

    Hahahaha

    kyk maar in jou posbus vir ‘n snaakse uitnodiging

  5. net myself het gesê op Julie 5, 2010

    gelukkig ry niemand die rondomtalie nie

  6. ysprins het gesê op Julie 5, 2010

    die pretpark is vol allerlei speelgoed. maak net seker daai anner een aan ‘n swing se ketting vas is voor jy daar loop speel 🙂

  7. HeavyHenry het gesê op Julie 6, 2010

    Yup – daai “too much information” gevoel.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.