Old friends and bookends

Julie 4, 2010 in Sonder kategorie

Ons sien mekaar maar min deesdae. Dit is maar wat dit is, want jy bly fokken vêr weg en kom net elke nou en dan hierna toe vir besigheid en sulke boring tos.

So dit was goed gewees om weer saam met jou vles te vat, ou grootmaat. Selfs al het jou vrou belowe sy gaan jou opfok as jy by die huis kom.

Sulke dinge gebeur maar met die beste van ons en jy weet dit gelukkig ook lankal. Daar gaan nie later blame shifting wees waar jy haar gaan probeer vertel jy het fokol gedrink of gedoen en alles was my skuld nie. Ons is groter as dit.

Jy’s reg, weet jy. Mense hier in die hoostad is faktap, en nee, hulle groet nie mekaar nie. Dit was moer snaaks toe jy die bar deurloop, jouself voorstel en almal met die hand groet. Al tagtig van hulle. Veral daai een suurgat ou balsak wat in die hoek gesit en suip het. Enigste ding snaakser was toe die ou tannie hom kom soek en jy haar ook groet. 

Maar daar was darem daai jong stukkie afleiding agter die counter. Ek dag haar fokken osdoos van ‘n boyfriend kry stuipe toe jy haar vra om so bietjie vir jou gat te swaai, en sy dit doen ook. Met oorgawe.

Ek sal jou maar later bêl en hoor of jy veilig by die huis aangekom het. En of jou vrou jou regtig gemoer het.

Weet jy waaraan lê ek toe vanoggend en dink, daar langs ‘n dikbêk Suzie? Ja, sy’s vir my ook moerrig. Nothing new.

Ek het gelê en dink aan daai gedig. Jy weet, die een wat ons geskryf het daai naweek by die dam, saam met daai anner lot werf-etters en die stukkende rubberduck. As jy nog die kompleet een êrens het, sttur dit vir my asseblief. Ek onthou net die laaste versie…

“Nog ‘n round boys! Die laaste vir die pad! Want die lewe roep my op paaie wat kronkel, vêr duskant die rante van die hart…”

Dis net vir genade en tjomma’s soos jy, ou maat. Julle gee dinge fokken waarde.

2 antwoorde op Old friends and bookends

  1. HeavyHenry het gesê op Julie 4, 2010

    Jirre maar dit klink of jy ‘n fokken rowwe naweek gehad het!

  2. Thanks virrie moral support, mense.

    Is altyd great om saam met die ou tjomme vles te vat.

    Want sien, die een ding van goeie ou vriende waarvoor mens altyd moet dankbaar wees, is dat hulle jou help vergeet jy’s eintlik te oud om nog sulke kak aan te vang…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.