‘n Brief vir Hermientjie
Julie 3, 2010 in Sonder kategorie
Jis jis,
My kop voel asof ‘n trein in hom derail het. ‘n Train wat vol kamele gelaai was. Kamele wat een-een beurt gemaak het om in my bêk te skyt.
Babalaas is terrible.
Ek gaan nie uitbrei nie. As jy nie weet waarvan ek praat nie, doen jouself ‘n guns en hou dit so. Genuine.
Any case, die karakter van my ou onlange storietjie het nou haar goedjies gevat en uit my kop getrek, waarvoor ek baie dankbaar is. Maar iewers, so half skelm verlang ek na haar.
Ons het nie regtig gegroet nie, en daarom het ek besluit om vir haar die brief te skryf.
Ja, ek weet.
Sanity was nooit regtig ‘n wagwoord in my familie nie.
Sien julle wanneer ek beter voel.
Bert.
PS) Veels geluk Mot-Man! ‘n Volle 3 jaar oud vandag! Papa is baie lief vir jou.
Hermientjie,
Jy het een aand, kaalvoet en sonder die gewone skrome en skaamtes van die wat voor jou gekom het, kom intrek by my.
In alle eerlikheid moet ek seker te kenne gee dat ek nou nie juis lus was om jou storie vir die wêreld te vertel nie, maar jy het aangehou neul en pleit. Sodoende het my skanse ook geval voor jou groen oë en stadige, warm glimlag.
Jy het ander gaste ook saamgebring. Piet-Broekies, Vaal-Piet De Bruyn, Clyde Greeff, die dronkgat boer wat se naam ek nie nou onthou nie en ‘n stupid poliesman. Net so vir good measure het jy my pa genoem en my hart in jou hande gevat.
Jy het my weer laat dink en droom. Maar hy het my ook laat skryf en suip en huil en sushi vreet die-uur die oggend, net om uit te pass aan die verkeerde kant van ‘n vreemde dubbelbed.
So vinnig as wat jy gekom het, so vinnig het jy weer gegaan. Ek mis jou vanoggend, hier waar ek in my onderbroek op ‘n bosveld stoep sit. Jou skelm laggie, die wind in jou hare.
Vir jou was ek lief, Hermientjie. Maar ek het die nota gekry wat een van jou ander skelmpies vir jou gelos het, way back in 1936, toe die wêreld anders maar eintlik dieselfde gelyk het.
Ek weet nou ek was nie jou eerste nie. Ek het jou ‘n kort rukkie geken, maar vir jou is ek dankbaar.
Groetnis ou girl, en strongs vir Piet.
Bert.
Jy Was ‘n Kind:
Jy was ‘n kind, en al die helder wete
van bloed en maagdelikheid was in jou oë;
jou liefde was ‘n suiwer-afgemete
deel van jou aardse blydskap, en die hoë
gang van jou hare en borste teen die wind
was skugter met ‘n ver, óu aardse vrees;
jy het die weg van alle vreug gevind,
en waar jy was, moet altyd vreugde wees.
Daarom is jy (in duistere vermoede),
soos in die aarde donker waters staan,
in al my dink, in al my dowwe woede
teen mens-wees en die lot, in al my waan
van mooier dinge, en menslike verdriet:
‘n laaste kuil van stilte tussen riet.
N.P. Van Wyk Louw
Februarie 1936
katrina het gesê op Julie 3, 2010
Sjoe, dis die eerste keer wat ek hierdie gedig van NP lees. Absoluut treffend.
Bert_Combrink het gesê op Julie 3, 2010
Hy was die beste van ons almal wat al probeer skryf het.
Bert_Combrink het gesê op Julie 3, 2010
Dis wanneer ek op my stukke is. Net voor ek op die bank gaan lê en maak of ek dood is.
R10 dubbel Wellington en flat coke specials is nie jou vriend nie.
Bert_Combrink het gesê op Julie 3, 2010
Ek dink nie daar is hoop vir my nie. Sorry, moet weer draf. Die naarheid is terug.
Bert_Combrink het gesê op Julie 3, 2010
Dit voel meer soos ‘n begrafnis as ‘n afskeid.
Ek sit hier, fokken depressed, glas wyn on die hand en wonder of die volgende storie my so vas gaan maak soos die een het.
Sal maar sien watter paaie die pen volgende met my stap.
HeavyHenry het gesê op Julie 4, 2010
Bye Bye Hermientjie!
HeavyHenry het gesê op Julie 4, 2010
Dis ‘n swaar woord daai – daar was darem ‘n paar ander Afrikaanse skrywers wat nie te kak was nie. (Ek dink aan Eugene Marais)