Phusa Friday – met ‘n twist of lime

Julie 2, 2010 in Sonder kategorie

Jis jis, my mooi chinas!

Dis weer daai tyd van die maand. Vrydag na pay day.

Jy mag dalk wonder wat hierdie een so anners maak? Frans, daai ingeteelde stompgat pêl van my het iemand gekry wat deur die kak genoeg is om hom te staan en wyf.

So die naweek roep ons sela aan sy enkelskap. Boomies is al klaar oppad en soos hy my beduie het oor die foon gaan dit ‘n nat naweek wees.

Ek en ouboet Thinus het ook nou maar ons kak met mekaar laat staan, so die ou fokken poepol kom ook saam. Hoop hy koop die keer sy eie bier. Jy kan jou vriende kies, maar net jou familie verdra. God weet.

Maar dinge is nie te bleek nie… Ons gaan bietjie hitte soek in die bosveld. Sonner die handbrieke, want hulle het mos ‘n fokken kitchen tea aan. What fun.

So van waar ek vanoggend die wêreld beskou, is ek maar net nederig dankbaar vir die klein genadetjies wat my elke nou en dan beval.

Soos bachelor’s parties op ‘n wildsplaas

En strippers.

En Bier.

God bless them, everyone…

Groetnis, my skapies. Hou dit nat en styf.

Jirk, jirk!

Bert.

4 antwoorde op Phusa Friday – met ‘n twist of lime

  1. AhJayEm het gesê op Julie 2, 2010

    Geniet dit…….brannas het nie brieke nie.

  2. Ek dink, in retrospek, dat jy dalk nie hard genoeg gebid het nie.

  3. Brannas het nie brieke nie, want coke issie break fluid nie.

    Het dit geniet.

    En voel nou soos ‘n fokken 3 car pile up.

  4. HeavyHenry het gesê op Julie 4, 2010

    Ag nou ja – ten minste, op ‘n wildsplaas, is daar nie ‘n kans dat die arme bruidegom se been in gips gesit word en hy oppie trein Bloemfontein toe gesit word wanner hy uitpass nie.

    🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.