‘n Tand vir ‘n tand

Junie 21, 2010 in Sonder kategorie

Jy wou mos.

Jy’t ook mos net nie fokken ore nie, het jy? Enige oordentlike fokken mens sou die eerste keer verstaan wat ek vir jou gesê het, reg voor jy met jou kak staan en begin het.

Dit moes seker nie so gebeur het nie. Die Here weet ek wou dit nie so gehad het nie, en ek dink diep binne in jou wou jy ook nie hê dinge moet so eindig nie.

Dinge kon dalk nog reg gepraat word of verduidelik word. Selfs in stilte bepleit raak. Met handgebare of ‘n eenvoudige “sorry” agter ons gesit word. Maar toe kies jy mos om te lag vir my pyn. My te vertel ek moet probeer om ‘n man te wees. My probeer wysmaak dinge kon nie anders nie.

Maar my belofte aan jou was duidelik genoeg. As jy my seer maak dan gaan ek jou ook seermaak.

Of jy nou ‘n tandarts is of nie.

Dalk sal jy volgende keer beter luister, tjomma.

1 antwoord op ‘n Tand vir ‘n tand

  1. Vir iemand wat nie kla nie, moan jy darem maar vreeslik fokken baie.

    As elke ding wat ek post net ‘n fokken geswets van begin tot fokken einde is, en dit jou regtig af pis, hoekom mors jy dan jou sensible fokken tyd op my?

    Ag wat, dis orraait.

    Ek figure iemand moet seker maar elke nou en dan (kont)eks na skrywe bring.

    Dankie dat jy ‘n kak dag nie beter gemaak het nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.