Fokken tourettes- Vir Maankind

Junie 21, 2010 in Sonder kategorie

Liewe Maankind,

Om jou vraag te antwoord, ja.

In ‘n woord, ja.

Sonder verduidelikings of verskonings of die toesmeer van feite, ja.

Ek reken ek praat dalk anders as jy. Dis seker maar my reg. Almal het mos maar regte, of hoe?

Ek sê “fok” en “fokken” en “fokker” en “fokkit” en “fokkof” hardop in amper elke sin. Ek gebruik ook ander woorde, sommige wat jy seker nie eens sal erken nie.

Bo-op die het ek ook reekse, volumes vol ander slegte gewoontes wat ‘n kort humeur en swak spelling insluit.

Laat dit my skuldig, sleg of onopgevoed voel? Nee.

Praat ek so met my ouma? Nee.

Ek figure daar is geen punt om langs ‘n grafsteen te staan en laster nie. Maar dankie vir die sensitiwiteit van jou navrae.

Miskien praat ek nie regtig so anders as jy nie.

Miskien donner, fok, etter, moerskont en bliksem jy ook maar, nes enige regte mens. Dalk doen jy dit net daar waar niemand jou sien nie. Is nie my besigheid om te staan en raai nie. Dit sal my net buig tot dieselfde fokken boggeltjie wat jy moet saam dra.

Want sien, as daar nou een ding is wat my moer regtig pluk, dan is dit self aangestelde kopdokters wat mens probeer psycho-analyze, dan weeg en meet, net om met jou kort te vind. So asof aan jou die fokken reg gegee is om op my te staan en pyl trek met jou genadelose maatstaf van selfgeregverdigde beterwete.

Die wêreld is vol selfaangestelde Dr Phil wannabe’s en jy hoef regtig nie daai pad te stap saam met die menigde nie. Nie dat ek dink enigiemand moet regtig te hard probeer om soos daai doos te wees nie. Dis klaar half verkeerd dat die mensdom met een van hulle opgeskeep moet sit.

Anger issues? Dit sou half fokken snaaks gewees het as dit nie net so pateties hartseer was nie. In watter fokken land bly jy? Enigiemand wat nie met ‘n goeie dosis woede in die plek oorleef nie, doen dit net as gevolg van ‘n goeie dosis denial.

Ek is regtig jammer dat jy nie balans kan vind in die ratio van vloek en pitkos wat ek met die massas deel nie. Maar dan weer, ‘n blog is ook nie ‘n fokken Xen Garden nie, is dit?

In any case… Pitkos? Wat de fok? Het jy my dalk verwar met Farmer Brown? Jy weet, daai ou balsak van die TV jare gelede? “Hulle smaak so lekker, want hulle eet so lekker…”

Miskien het die ou man ‘n punt gehad, so op sy eie manier. So van die tweedeligheid van dinge en hulle oorsake.

Dieselfde kan seker van mense gesê word wat sommer net besluit om ander te staan en fokken oordeel omdat hulle jou nie kan leer ken uit ‘n blog (van alle fokken dinge) wat hulle self al reeds met ‘n groot rooi o-ja-dis-daai-ou-wat-so-vreeslik-vloek stempel geslaan het.

Miskien moet mens die teenstrydigheid van so ‘n aanmerking mooi staan en ontleed, of dan nou nie?

Is dit nie net die ou storie van die boek en sy omslag nie? Of dalk die pot wat die ketel verwyt? Of miskien eenvoudig net die keiser se klere…

Besluit maar vir jouself.

Ek dink in elke geval die groot vraag hier is nie of ek altyd baie vloek en dus nie regtig die intelektuele en filosofiese waarde weergee waarna jy smag nie.

Die vraag wat ons onsself eerder moet afvra is die…

Wil jy my regtig leer ken, of wil jy net jou eie frustrasies staan en uithaal op ander mense met jou pedantic fokken aanmerkings? En gaan ek enige slaap daaroor verloor either fucking way?

4 antwoorde op Fokken tourettes- Vir Maankind

  1. BWAAHAHAHA!

    Thanks, jonge. Het nou eers vir 5 minute gesit en gat aflag. Seker maar goed ek is nie melaats nie…

  2. VozSola het gesê op Junie 21, 2010

    Ek waag versigtig kommentaar….


    …..
    shhhh…..
    ….

  3. Langenhoven het gese om na n gesprek met vloekwoorde te luister is soos om koring te kou met klippe in.

  4. Janklaas het gesê op Junie 29, 2010

    Wees net jouself, Bert.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.