Help my verstaan, asseblief

April 26, 2010 in Sonder kategorie

Ek het vanaand nie vir julle ‘n storie nie. Ek het vir ‘n slag net ‘n vraag wat ek net wil uitgooi aan wie ookal figure hy het genoeg pitte om dit aan my te verduidelik. Want God weet, ek kan nie meer kop of gat maak hiervan nie.

Hoe moer jy ‘n 1 jarige kind?

Ek wil nie hoor hoe die aanvaller glo net probeer steel het en toe gaan staan en skrik het vir die baba en toe sy cool verloor het nie.

Ek wil ook nie weet hoe fokken onderdruk hy was toe hy klein was nie. Ek wil nie hoor hoe dit apartheid se skuld is nie. Ek wil ook nie hoor hoe die wittes alles het en hy so bitter min besit nie. Want sien, ek gee regtig nie meer ‘n fok om oor enige van daai holrug geryde fokken versies nie.

Ek wil net weet, hoe moer jy ‘n baba?

Ek kan regtig nie worry of hy previously of selfs fokken currently disadvantaged is nie. Ek gee nie om of hy snags in ‘n park onder ‘n fokken card board box moet lê en slaap terwyl ek in my warm bed lê nie. Ek kan nie fokken worry of hy vrek van die honger nie. Inteendeel dink ek dis te goed vir een soos hy. Moet ook net nie verwag dat ek gaan slaap verloor oor hoe hy kaalvoet deur die ryp vir twintig myl moes stap skool toe nie.

Maar sê my bietjie, hoe staan en kraak jy ‘n baba se skedel as al wat jy glo soek ‘n laptop en ‘n selfoon is?

Ek het nie veel tyd vir politiek of die duisende redenasies daaroor nie. Ek wil net probeer, die Here hoor my, probeer verstaan hoe ek hulle moet reken as my naaste? Hoe reken ek hulle as mense, as nie eers ‘n dier dit aan een van sy eie trop sal doen nie?

Help my verstaan, mense. Help my asseblief verstaan hoekom daar nie geweld moet wees nie? Hoekom moet almal staan en kalm bly? Hoekom moet daar nie vreeslike dinge gedoen word om hierdie tipe vreeslike dinge te stop nie?

En dan, verduidelik my sommer ook hoe de fok ek en jy eendag sal moet verduidelik hoe ons net kop geskud en fokkol gedoen het toe die dinge met ons kinders gebeur het?

Elke een van ons hoort vreeslik fokken skaam te kry. Ons is almal beter groot gemaak as om die klas van kak te duld.

http://www.news24.com/SouthAfrica/News/Baby-fights-for-her-life-after-attack-20100423

6 antwoorde op Help my verstaan, asseblief

  1. Ag, jirretjie, Bert, ek verstaan ook nie. Dit val totaal en al buite my verwysingsraamwerk!

  2. jr_hewing het gesê op April 26, 2010

    ek het ook nie genoeg pitte om dit te antwoord nie. maar haat is ‘n evil ding. en gee geen vervulling nie.

  3. loudavisi het gesê op April 26, 2010

    Ek het Vrydagoggend tydens die 6u nuus gehoor en versteen.
    Hartman se dis nie ‘n mens nie, dis ‘n dier – soos ons destydse steffie wat een kat na die ander doodbyt, net vir die pret.
    Ek kan nie meer die tipe van nuus hanteer nie en ek weet nie wat ek daaraan kan doen nie….sorry

  4. Dis vêr bo my vuurmaakplek ook. Sulke siek fokkers behoort doodgeskiet te word en sodoende uit die genepoel verwyder word.

  5. HeavyHenry het gesê op April 27, 2010

    Dis sommer kak die – en dan is daar ouens wat nou virrie doos gaan verskonings uitdink, eerder as om die ding stadig dood te martel.

    Want dis nie ‘n mens nie, dis ‘n ding. – ‘n vuilgoed wat moet uitgeroei word.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.