Van bure en naastes

April 13, 2010 in Sonder kategorie

Ek is vanaand moerse cross cultural en bi-rational en al daai mooi fokken dinge wat polities korrekte mense net so hard probeer om te wees.

Sien, na ‘n tradisionele afrika aandete van pap and curry shiekên, kompleet met ‘n blikbeker suurmelk, sit ek nou in my grot en eet die fokken yanks se Mike & Ike sweets en drink belgiese Stella bier wat een of ander ryk poepol hier vergeet het na die laaste groot piss up. Is nie ‘n kak bier nie.

My pens is vol, die bier is koud en ek is so gelukkig as wat mens seker maar kan verdien om te wees. Half-getrek, met jelly sweets wat in die groewe op my agterste tande staan en vasplak.

Suzie is na die skoon-adders toe, so ek en Ballas die brak hou mekaar maar geselskap. Klopjag gooi saggies miellies in die background. In my asbak brand ‘n franse gwai uit. Gitanes. Courtesy van dieselfde fokken yuppie wat die kas bier hier ingesleep het en toe uitgepass het na sy vierde een. Fokken groentjie.

Die bierbottel maak ringe op die traffic fine wat ek as coaster gebruik. Daai hoerskind van ‘n fokken werf-etter spietkop wat die ding vir my gegee het loop seker nog steeds skeef, mits hy daai kramp in die gat gekry het wat ek hom toegewens het. Fokken plastic polisieman. Kon seker ook nie ‘n regte job kry nie.

In hierdie toestand moet mens seker nie probeer skryf nie. Mens raak mos geneig om diep te staan en raak. Amper soos na ‘n paar plukke aan so ‘n ou rolletjie papagaai slaai.

Langsaan is die buurman en sy tert-van-die-week is weer besig om griekse party te hou figure ek, en luister na die gegil en nog ‘n bord wat breek. Dis ten minste fun om langs ‘n spannetjie platkoppe te bly wat regtig borde en shit gooi wanneer hulle befok raak.

Die dowwe stukkie mens moes mos nou die dag tanne laat regmaak. Sy squeeze het my getune hy was doosdronk en die moer in vir iets of die anders, wat gewoonlik ‘n kak kombinasie is. Hy het toe glo uit frustrasie probeer om ‘n hap uit ‘n steenmuur te probeer vat. Die steenmuur het die fight gewen. Partykeer kan mens ook maar net jou kop laat hang in skaamte, jy weet?

Ek luister hoe sy hom weer ‘n fokken bliksemse verfokte fok-op noem, net voor nog ‘n koppie ‘n onverwagse einde van sy bruikbaarheid bereik.

Vanaand slaap ek seker weer nie, want hulle wil mekaar mos al ewig bliksem tot goed na twaalf en dan besluit hulle mos ‘n opmaak steek is actually ‘n beter fokken plan. So omstreeks twee uur vanaand pomp hulle weer hard genoeg om die hele fokken kompleks se honde en oumense te ontstel. En dit nog in Afrikaans ook. God weet.

Well, ten minste is hulle nie ‘n fokken lot well-to-do finger innie gat snobs nie. Ek verkies tappits bo aansitterige fokken mense. Daar was ek seker darem lucky, want snobs is die twee nou wragtag nie, en daarom moet ek seker maar hulle kak tollerate. It could have been worse.

Die jirre hoor my, die laaste fokken ding wat ek nodig het is om weer langs ‘n fokken BMW brigade te bly.

Ek smile vir Ballas die baster brak wat begin grom vir ‘n gecko wat my grot se muur uitklim opsoek na ‘n mozzie vir sy eie aandete. Selfs Ballas, en ek reken meeste anner diere, het dinge wat hom annoy. Geckos is hoog op sy hate list. Seker maar wat gebeur as jou pa en ma boetie en sussie is. Honde het mos nie skrome nie.

Dit laat my dink aan tolerance en ek figure jy hoef nie ‘n anner ou te like om hom te fokken verdra nie. Al wat dit actually van jou vat is om die beste deel van sy kakkerigheid op te spoor en dit deel te maak van jou eie self, en dan te hoop hy het genoeg fokken savvy om ook maar iets te kry wat die moeite werd in jou eie bestaan is om dieselfde mee te maak.

Suzie gaan seker netnou hier wees, so dis tyd om ‘n laaste ingevoerde skuimkop deur die kraag te jaag.

Terwyl ek nou besig is om die klein moffie se fokken bier uit te suip, steek ek maar nog een van sy smokes ook op en gee myself ‘n pat on the back.

Tolerance is nie te kak nie.

Ek figure ek het gegroei as mens vanaand.

2 antwoorde op Van bure en naastes

  1. Klink of dit ‘n heel nice aandtjie was … smoke em if you got’em … Lekker inskrywing …

  2. lindiew het gesê op April 14, 2010

    :-}

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.