Politiek, en hoe gatvol ek is vir ander se kak menings

April 13, 2010 in Sonder kategorie

Ag, kan almal van julle nou asseblief net ent kry met julle kak? Lyk my elke twede doos het nou weer gaan staan en soap box afstof en probeer die land red van God weet wat.

Nee, ek loop nie met my kop in my gat rond nie. Ja, ek weet die land is in sy moer.

Maar nie meer so as vir die afgelope 16 jaar nie. Ek wil net weet wat jou planne is nadat jy die land oorgevat het? Gaan jy die fokkop probeer regeer? Hoekom sou jy wou? Simpel bliksem.

Maar hulle het ‘n groot naam in die Afrikaner sirkels vermoor! Ons is almal volgende!

Ja, ET is doodgemaak. In sy eie bed. Maar Chris Hani ook. In sy eie fokken driveway.

So voor jy weer staan en teem oor Malema en die A.W.B. en die A.N.C. en die D.B.V. en die Y.M.C.A. en al die res van die ou fokken bondeltjie bra’s en panties wat die land se vuil wasgoed opmaak, lees eers die stel vrae en antwoorde.

Dit mag jou dalk nuwe insigte gee.

Polarisasie vraelys:

1) Was ET en Hani ewe deur die kak?

Beslis. As jy nie saamstem nie, dan kan jy sommer ook maar fokkof. Hierdie is ‘n vraag en antwoord sessie, nie ‘n perskonferensie nie. Bastard. (Thanks vir daai ene Julius, dis nogals fokken handy).

2) Het die twee van hulle verdien om dood te gaan?

Almal gaan dood. Almal skuld die lewe ‘n lewe. Ek ook, nes jy. Nes hulle en ons en die res van die mensdom.

3) Het hulle verdien om vermoor te word?

Ek figure dis ‘n baie kak manier om te gaan. Nee, ek dink nie enigiemand verdien dit nie.

4) Het almal destyds met Hani se dood gekak en gekerm oor die land wat gaan brand?

Ja. En nie fokken hoe nie! Was amper iets bybels, soos mense reggemaak het vir hulle uittog uit die beloofde land, en so aan.

5) Het dit gebeur?

Uhm, het dit ooit regtig opgehou? In watter fokken land bly jy, doos? Die land brand nou al vandat wit en swart saam hier kom plak het, oor die 300 jaar gelede.

6) Is ons kak regtig in die pos?

Wie is die “ons” waarvan jy praat? Die blankes? Om te praat van ‘n “ons” moet meer as twee eers saamstem en saamstaan. ‘n Ding wat blankes nie eers kan regkry as jy hulle aan mekaar sou fokken vasbind nie. Fokken “ons” nogal! Moenie laat ek fokken lag nie.

7) Nou goed, vergeet van “ons”.  Is daar oor die algemeen dan kak oppad? Gaan daar geweld en bloed en derms en hare waai?

Jy let nie op nie, doen jy? Sien vraag 5 se antwoord.

8) Is Julius Malema regtig ‘n haatlike fokken clown wat nie die witmense like nie?

Wys my enige politieke figuur wat nie ‘n haatlike fokken clown is nie.

9) Maar like hy nie die whiteys nie?

Nee, tien-teen-een doen hy nie. Maar at least het hy baie company. Meeste Afrikaners like hulleself nie eers nie, nevermind mekaar.

10) Maar Bert, hoe raak die situasie my?

Dit doen nie regtig  nie. Ja, drank gaan duurder word. En kos. En petrol. En smokes. En movies toe gaan. En tolpaaie se pryse. En belastings. En pretty much alles tussen in. Maar jy sal dit aanvaar soos al die ander kak wat jy met soveel heldemoed klaar onder die belt gekry het.

Nou ja, met dit uit die pad uit vra ek nou weer…

Die volgende keer voor jy in een of ander publieke plek gaan staan en doemprofeet speel, moenie.

Jy maak die oumense onrustig en die kinders bang.

En dis nie nodig nie.

7 antwoorde op Politiek, en hoe gatvol ek is vir ander se kak menings

  1. lienke het gesê op April 13, 2010

    Eet jy met hierdie selfde vuilbek van jou, hmmm? Ek stem saam met jou algemene strekking, maar die vet weet, behoede ons nasie met die manier waarop ons dinge sê. Plein Afrikaans kan dit net so goed doen! Vrede vir jou, broeder

  2. Ja, ampers soos die Heidelbergse Kategismus, is dit nie?

    Ek raak net heavy fokken tense as mense staan en praat net om te fokken raas.

  3. Dankie suster. Baie fokken dankie.

  4. lienke het gesê op April 13, 2010

    LOL!!

  5. pasella het gesê op April 13, 2010

    Ek het julle gewaaarsku, in’68 al (1968), teen die Rooi Gevaar, Die Roomse Gevaar, Die Swart Gevaar. Bly blank my volk, maar julle wou nie luister nie! En nou moet julle alweer kondensmelk en baked beans oppot. Fok.

  6. Haai nee, poppie. Jy kan mos nie so staat wees nie.

    Ek het baie respekte vir die opposite species.

    Nog van altyd af gefigure die Langhaar Kombuisdier is heavy fokken yummy…

    Thanks virrie howzits, koekie. Altyd sweet om van jou te hoor.

  7. wesnwew het gesê op April 22, 2010

    en daar is niks erger as die ewige gefokken teem…
    stem met jou saam: NIEMAND verdien om vermoor te word nie, en nee ons koppe is JUIS nie in ons gatte nie, dis hoekom ons nie op loop hoef te raak oor elke fokken bangmaak halwe waarheid wat aan ons afgesmeer word nie

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.