Jy moet wakker wees!

April 13, 2010 in Sonder kategorie

Daar is niks meer fokken haatliks as om nie te kan slaap nie. Ek figure hulle moes insomnia eerder insania gedoop het, want na twee of drie dae se wakkerte raak mens mos maar minder ge-fokken-ballanseerd, if you know what I mean.

Slaappille kan ek nie, so moenie eers voorstel nie. In any case remind dit my nou weer aan die kak grappie wat ons as graad een kinnertjies vir mekaar vertel het. Hoekom loop Jan van der Merwe so saggies verby die apteek? Hy is bang hy maak die slaappille wakker… Ha-fokken-Ha. Kak grap.

Ek sou later in my lewe ‘n Jan van der Merwe ontmoet. Hy sou uitdraai om ‘n regte fokken doos te wees. Die wiel het vir hom ook gedraai en ek kon nie anders as om te smile toe die dominee op sy gatgrou dag staan en vertel watse fokken champion hy nou eintlik was nie. Figure meeste van die smiles in die kerk was nie nostalgies nie.

So pille en salwe is nie ‘n opsie nie. Nie oordat ek Jan nie veel gesmaak het nie, maar oordat die goed my so fokken naar maak dat ek wil vrek. En dan slaap ek nog steeds nie. Lê net fokken so siek soos ‘n lokasie brak op die toilet se koue teëlvloer en oefen elke nou en dan my uitspraak in Grot-man.

“Huhrk, huhrk… HAAWAAZINGGABAAAA!” gevolg deur ‘n snuif. “ghooob… ghooooob… KARAMATANAGARAA!” Gevolg deur die afdroog van trane, geblaas van neus en die suur nasmaak van jou aandete wat êrens tussen jou neusholte en klein tongetjie rondhang.

Ek verstaan daar is die lucky fokken mense wat die kak drink en dan net omdop. Sleep of the dead and righteous. Wys jou nou weer net.

Soos ek netnou ook gesê het is ek en Insomnia se affair nie ‘n nuwe ding nie en kom soek die slet elke aand my bed op. Die kak daarmee is dat mens se kop jou stadig aan begin los en dinge wat jy eers veilig kon bêre as fantasie en bullshit raak maar net all to real vir jou overstressed ou fokken peanut.

Jy begin kak sien wat jy nie regtig daar is nie en jy hoor dinge wat jy weet nie regtig bestaan nie.

Vat nou maar vanoggend toe ek besluit om nou maar die huisgenoot neer te sit en te gaan pis voor ek vir Suzie die koffie perculator aansit sodat die lucky bliksem kan probeer wakker word. I fucking ask you.

Stap toe die badkamer in en sien ek in die spieël die eerste fokken hallucination vir wat belowe om nog ‘n lang en kak dag te wees. In plaas van die jong, aantreklike en gespierde mannetjie wat gewoonlik daar vir my kom staan en kuier, sien ek ‘n bebaarde hangpens fokker wat so begin raak-raak aan die middeljare.

Ek het maar vinnig gevluit en ge-fokkof kombuis toe, koffiepot ge-kick start en vir Suzie gaan probeer oortuig dat sy ook ‘n pay check moet gaan maak. Tot my grootste fokken relief lyk sy toe darem nog dieselfde. Nes toe ek haar ontmoet het. Thank God for small mercies.

En net toe ek begin reken dinge is terug na normaal, toe fok alles weer in mekaar.

“Dink jy ek word oud?” vra ek toe terwyl ek in die kombuisdeur staan en ‘n Chesterfield brand maak. Suzie antwoord nie dadelik nie. Skuif die suikerpot rond, staar by die venster uit. “Ja, ek dink almal word maar ouer” sê sy en stap nader. “Moenie worry nie, ek is steeds lief vir jou. Selfs al pak jy die ponde aan…”

Ek is dadelik befok en besluit om maar eerder die topic te verander. “Ek het gisteraand aan Jan van der Merwe gesit en dink. Jy weet mos, daai ou fokker wat met Adrie gestaan en sukkel het?”

“Ja” sê sy toe vir my. “Die twee van hulle was gelukkig saam…” Sy drink haar koffie en ek verwonder myself, nie vir die eerste keer nie, aan hoe sy goed kan vind in enige mens.

“Hy was ook nie so oud nie, Bertie.” Die glimlag sê meer as wat ek hoor. “Hy was maar twee jaar ouer as wat jy nou is toe hy die hart aanval gehad het.”

Ag fok.

Ek begin stilletjies wens sy wil gaan werk sodat ek kan gaan slaap. Maar ek gaan nie slaap nie. Ek gaan in die bed klim en daar rondfok met my skelmpie, Insomnia die onuitputbare teef.

Daai suur smaak is terug, so skuins neffens my mangels.

“Het jy planne vir my? Jy weet ek is mos maar fokken arm jong, en jy erf nie vreeslik fokken baie nie, huh?”

Die min slaap doen nou weer dinge aan my ore. Dit gebeur. Jy hoor goed. Stemme en stront. Genuine.

Die keer is dit Suzie se stem. “Nee, maar miskien moet jy ophou rook…”

Slaap. Ek moet. Ek kan nie. Fokker.

3 antwoorde op Jy moet wakker wees!

  1. GOUWSG het gesê op April 13, 2010

    Ek weet presies hoe jy voel! En glo my skape tel help ook nie!! Ek kry dit as ek nie oefen nie, en ek moet bieg ek is nie mal daaroor nie maar as ek wil slaap moet ek oefen. Gaan soek vir jou ‘n spin klas. Sterkte!

  2. My skoonma drink slaappille en dan is sy éérs wakker, en dan kry sy nog amnesia ook, dan loop sy die hele nag in die huis rond en jaag kak aan en môre wil sy weet wie het die plek so omgekrap.

  3. Wolletjies het gesê op April 13, 2010

    Ken van – as dit by dag 4 kom – wil my kinders my stil-stil uitvat – brullend bedonnerd,ringtones in ore en oe wat soos padkaarte lyk – slaappille werk nie – `n dop skoon brandewyn JA! – Sterkte hoor!

    ps: “Ek gaan in die bed klim en daar rondfok met my skelmpie, Insomnia die onuitputbare teef.” – briljante beskrywing!!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.