Fokken ractions

April 12, 2010 in Sonder kategorie

My fok, maar het ek nou lanklaas so gaan staan en smile vir mense en hulle ou fokken dingetjies.

Dis eintlik heel weird, maar ek het eintlik gemeen om ‘n helemaal anner post vanaand hier te sit. Een van my ou stories oor hoe die noodlot vandag nou weer besluit het om in my ketel te staan en pis toe ek my paspoort wou gaan omruil vir ‘n vars ene.

Log toe mos nou in en ek sien die latest updated blog fokken dingetjie tune van ‘n Afrikaanse rewolusie of some such. Nou ja, die van julle wat my ken weet mos ek is altyd op vir ‘n scrap. Once.

Anyways, ek gaan check toe die ding uit en soos altyd lees ek eers alles wat daar staan wat my fancy vang en dan gaan nodge ek wat anner mense daarvan dink. Is gewoonlik baie meer amusing om te sien hoe mense dinge draai as wat die original post was.

Kyk, gewoonlik vat die res mos maar die queue van die eerste een se post af. Daar is mos nooit ‘n comment voor iemand besluit om ‘n klip in die bos te slet nie. En dan tos almal mos maar saam op dieselfde ou fokken wysie. Lekker tappit, maar wie is ek om die ketel ‘n fokken toaster te noem?

Draai toe uit die ou wat die blog skryf maak op sy eie weird fokken manier sense. Net ‘n worry dat hy fokken vloekwoorde soos afrikaner en nasionalisme en protestant en so aan staan en gebruik het. Figure hy moes maar eerder poes gesê het. Hy sou ‘n beter reception gekry het daarmee, figure ek.

Soos die ding vir my lyk wil hy mense staan en help om hulleself te help, indien die kak dan ook nou die fan strike en spat op die politieke landscape hier in die R.S. of A.

Kyk, ek hou myself maar min op met sulke kak. Ek probeer fights pick wat ek dalk kan wen, maar ek moet erken die laaitie het balls. En hy skryf so oordentlik! Ek sou lankal vir die mense getune het hulle moet fokkof. Genuine.

Die een lat staan en sê selfs vir die arme doos hy het ‘n kort slurpie! Ek meen, fokken regtig! Jy kan mos nou maar vir ‘n man staan en sê hy is ‘n fokken werf-etter met ‘n harige rug, maar party goed los jy mos nou maar uit. Jy weet, in die naam van decent wees en so aan.

Al wat ek nou nie verstaan nie, en miskien kan iemand my reghelp hierso, is hoekom almal maak asof die ou Hitler se second cousin is of iets. Het ek dan ‘n ander fokken blog gelees?

My God, mense. Daar is bitter min fokken mense oor met die ruggraat om op te staan en anner te probeer help!

Hoekom moan julle oor dinge wat kak is, en dan gooi julle die seun met klippe?

Ek meen ander as dat die aller ewige fokken latyn mou regtig ‘n pyn in doe prostaat is?

As iemand nou nog steeds wil gaan loer wat daar aangaan, hier is die addy.

http://blogs.litnet.co.za/arf/

Net nie na die tyd by ou Bert kom huil oor hoe lank dit gevat het om alles te lees nie.

Once, my skapies. Papa is nou fokken vodde, so ek gaan nou kiep. Miskien post ek more iets wat funny-funny is. Dan kan almal dalk teen my ook opgang en my vertel hoe ‘n fokken kluit ek is.

At least kan ek dan met julle saamstem, so reg voor ek vir almal vertel om my gat te byt.

Lekker doeks, my vrinne.

Bert.

1 antwoord op Fokken ractions

  1. Weereens moerse lekker gelag vir die manier wat jy dinge vertel …

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.