Die kak vraag

April 5, 2010 in Sonder kategorie

As julle een van my vroeër blogs gelees het, dan sou julle weet hoe voel ek oor die ou duiwel en dié se weird fokken ways and means om vir yours truly oppie broad-and-winding te probeer hou.

Onthou julle dalk nog die ou storie van hoe ek my grot probeer opruim het en toe maar op die ou end myself oorgegee het aan nostalgie en die bottel? Drink ‘n bietjie, huil ‘n bietjie? As jy nie uitmaak van wat de fok ek oor aangaan nie, scroll maar af en gaan lees self.

In any case, vir die benefit van die wat te fokken lui is om deur al die kak op die blog te staat en sif, sal ek nou maar ‘n kort verduideliking gee. Sien, sodra ou Nick besluit ek raak nou weer te na aan ‘n oordentlike fokken witmens, dan staan en spike hy my padjie sodat ek eerder papwiel omdraai en voortfok op meer bekende trand.

Oor die jare het ek ook nou al begin savvy van die tos en het dit soos ‘n tipe unspoken challenge begin raak tussen ek en hom. Die ewige stryd tussen skemer en donker. Bert en die Bose. Ek is seker julle copy sonder dat ek meer melodrama hoef te betrek.

Nou ja, daar is iets van Snor City wat mense wat nie hier bly nie seker nie van weet nie. Ek reken dis die elfde plaag. Die een wat die bybel jou nie van vertel nie. Klein fokken swart miertjies wat in alles klim. In die suikerpot, in die dishwasher, in die koskaste en selfs in die fridge. Jy kan nou maar spuit en fumigate, dit alles help jou fokkol. Hulle gaan haal net reinforcements en kom dan terug met ‘n fokken vengeance. Skadeloos maar ‘n pyn in die gat.

Dis nou tot ek hulle goed befok gaan staan en maak het met my blikkie Dy-Ant en hulle besluit het om hulle fokken nefies, die klein rooi miertjies na my ou stukkie bosveld-paradys skuins annerkant die airport te nooi. En net daar begin my kak toe. Wel, amper.

Eintlik het die kak begin toe ek gemoan het oor die manier wat Suzie die wasgoed doen en sy toe maar besluit het om te sê “fok u, meneer… watch my nou” en opgehou het om die sakke van my broeke leeg te maak. Of dalk het ek my eie fokken lyding staan en besweer toe ek met my dronk gat al die sweeties wat saam met die rekening by die restaurant aangekom het in my broeksak gesteek het. So asof ek die kak ooit eet. Maar mens is mos geregtig op wat jy voor betaal, of hoe dan?

So kom dit toe dat ek en ou satan weer koppe stamp, en hy besluit om vuil te speel. Steur ek my toe aan die Langhaar Kombuisdier se geteem en gaan ek mos kerk toe. Seer lewer en rooi ogies en al. Gaan sit heel agter. Net die twee van ons in die laaste bank.

Min fokken wetende dat die kak plastic waarin hulle die sweeties toedraai gaan staan en oplos het in die lekker warm water waarin Suzie die ding gaan staan en was het.

En haad ek nog sout nog water oor die feit dat klein Moerskont die Mier en al sy trawante besluit het te gaan staan en piekniek hou in die ding se gatsak. Daar waar al die sweeties staan en vasplak het.

Heel preuts gaan sit ek toe en luister actually vir die eerste keer in ‘n lang tyd na wat die man daarvoor my probeer vertel, en van hoe ek my hart nie ‘n moordkuil moet maak nie, en hufffels en suffels.

So skuins anderkant gesang die twede en Psalm die derde besluit die ou duiwel toe mos om my te herhinder wat die verskil is tussen Meneer Mier de Swart en Meneer Mier de Roode. Die rooi fokkertjies byt. Seer. Veral as hulle begin voetpad vind so langs jou ass-crack af.

Ek gaan nie in details ingaan nie. Los dit maar net daarby dat ek gesit en skuif en krap het soos ‘n matroos wat die verkeerde duifie opgesaal het en huis toe is met meer as wat hy mee gekom het.

“Meneer, kan jy asseblief probeer stil sit?”

Teen die tyd was die dominee meer as net bietjie fokken annoyed. Ek sweer ek het gedink hy gaan my swets van die preekstoel af. Sou dinge beter gemaak het as hy my net gevra het om te fokof. Maar nee. Maane van die kleed is mos oor die algemeen hopeloos te fokken oordentlik.

In plaas van my wegjaag soos die ou sondaar wat ek verseker ook maar is, vra hy my toe daai simpel ou Afrikaner vraag.

“Meneer, het jy dan rooi miere?”

Nou kyk, my ma het my geleer om nie vir die dominee te lieg nie. Dit het sy by my ingebliksem reg na daai pastourie insident, so net voor ons van gemeente verander het.

Ek antwoord toe maar.

Reken die punt-stert bliksem het die rondte gewen. En ek gaan nie vinnig weer probeer geloof vang nie.

3 antwoorde op Die kak vraag

  1. abrham het gesê op April 5, 2010

    uit fokken stekend – net die juice om n kak week reg te begin. jy kan bly wees dit was nie luise nie anders was jy kaal, ballas and all!

  2. HeavyHenry het gesê op April 6, 2010

    O Jirre dis snaaks!

  3. o jinne – laat my dink aan die keer toe die rooimiere in my panty beland het … dit het ook nie ‘n goeie einde gehad nie

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.