Skoonmaak:

April 2, 2010 in Sonder kategorie

Ek maak vandag my grot skoon, want dit fokken reën alweer in Snor City. En Suzie werk oor die hele fokken lang-naweek.

Lekker fokken tos.

Al my pêlle (die wat nog met my praat na daai klein insident innie Dros) is weg êrens heen. Almal behalwe Boomies, wie in any case dink hy is beter as die res van ons common fokken kindertjies. Sy voicemail wou gister weet waar ek vandag is ant hy is by die huis. Ek het nie terug gebel nie. My bêk is nog te dik.

Ek is te fokken arm om smokes en bier te koop. Lekker fokken boring.

So in uiterste fokken waansin figure ek toe dis dalk champion om my kamertjie waar ek skryf en wegkruip vir die skoonfamilie, daai donkere bedompige gat langs die buite-kakhuis, aan die kant maak.

Kyk, as mens so iets begin doen dan reken die ou duiwel mos dat mens nou te fokken produktief lyk en hom in die skande steek. Dan gooi die ou doos mos allerlei afleidings in jou pad sodat jy eers sit en kyk hierna, luister na daai ou tape en elf-en-dertig-jaar-gelede se fokken skool jaarblaaie sit en deurgaan.

So teen die tyd wat jy so fokken depro is dat jy jou polse wil afkou en besluit om eerder ‘n Prozac te gaan soek, lyk die fokken plek drie keer erger as toe jy begin het om alles “netjies te maak”. So dan sit jy maar eerder, down in the dumps, in die fokken dump wat jy self veroorsaak het.

Nou ja, ek is mos nie ‘n baie fokken komplekse dier nie, so ou Nick het my baie maklik en baie vroeg al ge-side track. Ek het net twee skoenbokse vol allerhande foto’s en kak uit ‘n kas gehaal. Agter die bokse vol kiekies van allerlei familie en ander dose staan die eerste temptasie toe ook lewensgroot. ‘n Driekwart bottel Captain Morgan van ‘n hele paar Birthday parties gelede.

Daar is Coke innie fridge en ek is lewende getuie dat Rum nie na drie jaar af gaan nie. As jou pêlle dit vir jou vertel, dan beter jy maar jouself fokken watch ou china, want hulle probeer net jou fokken Cappies snake as jy nie kyk nie. Daai tipe pêlle sal dit vir jou girl probeer slip as jy nie kyk nie. Hulle is dose. Soos die so foudies wat ek in die bokse het.

Any case, met Klopjag kliphard en ‘n Beck’s bierbeker vol Kaptein en Kola, kom ek toe af op ‘n boks vol ou briewe en dinge.

Dodelik, ek weet, naar wie het ooit getune die ou man met die rooi pajamas en die spitvurk is stupid? Nie ek nie. O, nee. Ervaring het my beter geleer en na baie duur lesse bly ek maar nog steeds dom en arm.

Die eerste paar notas was maar dieselfde ou kak wat ek seker is julle ook êrens het of aanhou. Ou valentines kaartjies, briefies in kinderhand wat my vertel ek is wonderlik en lieflik en elke anner fokken vorm van “lik” wat hoërskool kindertjies aan kan dink. Ek onthou haar. Ek wou en sy was te oordentlik. Toe raak sy in matriek oppie paal by iemand anners. Ek onthou hoe fokken suur dit my gemaak het. Teef.

Daar is ‘n foto van ek en Boomies en Frans en Ansie, daai trip by die dam. Toe ek teruggekom het met ‘n fokken vleiswond en ‘n verkoue. Ons staan sonder hemde voor ‘n swembad, bier in die hand. Good times. Ansie is later met Dirk getroud. En weer geskei.

Tyd vir nog ‘n dop. En nog ys. Want ek leef gevaarlik en ys is ook gevaarlik. Dit het after all die fokken Titanic gesink. Ek is weer bly oor daai bar fridge wat ek gekoop het toe dinge beter gegaan het.

Pyp gestop want die smokes is klaar, lyk dinge minder kak.

Mindie se kortverhaal lê oppie tafel en ek lag weer vir Lisa, die hoofkarakter se oppervlakkigheid en Mindie se klein voetnota’s na dinge waarop sy comment soek. Mooi gemerk in pen so rooi soos die cutex wat sy soveel keer teen my rug probeer agterlos het. Weird poppie. Sy is nou in die happy clappy kerk se band en is bly Liewe Jesus hou van haar ook.

En toe, net daar, lê die ou slang in die gras. Onder al die soet en suur dinge lê die bitter.

Monétte se laaste brief. Haar gedig wat die deure na twee jaar toegemaak het. Kanker het die lig toe maar vir ons afgesit an ons altwee geloop het. Ek mis haar. Die bottel is nou net onder half. Ek dink ek gaan nou die deur toetrek op die mini orkaan-gebied en maar tog vir Boomies bêl.

          *                 *                 *                 *                 *                 *

Bede:

Vir Bertie

Mag ek vir jou bid?

Mag my woorde dan ook struikel

oor die halfhartige wense

van Gouwsblomme, of Botterblomme,

of selfs die tevrede stilte van herfs?

Mag ek dan vir jou bid?

En wanneer my bedel-tong

kortkom voor jou God,

Kan ek dan eerder vir jou offer?

En as ek mag;

Kan ek hierdie dag se trane

gebruik om ons albei mee

skoon te was?

Monette De Wilde

1997

2 antwoorde op Skoonmaak:

  1. Wolletjies het gesê op April 2, 2010

    More Bert – goed om jou weer te sien – jou writings is great soos altyd.

  2. pasella het gesê op April 2, 2010

    Net toe ek lekker smaail vee Monette hom af.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.