Die lewer is ‘n bose ding…

April 2, 2010 in Sonder kategorie

En moet gestraf word.

Heel dag se pity party om Noag se rum (sien vorige blog entry) het my nou droog innie bek en styf om die wange gelos.

Ja, ek weet ek moes gister gaan stock koop het, en dat ek nou soos een van die bybel se tannies sonner olie vir my lamp staan. Maar never fear.

Die wyk van Snor City waar ek bly is amper soos Sodom en Cremora. Moet net weet waar om te gaan. En as jy versigtig is, kom jy dalk nog huis toe sonner ‘n mes in jou ribbes en ‘n stok in jou gat.

Ek roep nou eers sela, want Pappa Bert gaan nou kuier saam met my skaapies.

Hoop om iemand raak te loop waar ek myself ookal bevind. Om vir Jack Parrow te quote “ek is die ou met die snor by die bar”…

So wees nice. As jy vanaand uitgaan, groet die man met die baardbêk en vra of hy Bert is. Dalk is jy lucky.

Is in any case ‘n heavy goeie fokken manier om ‘n gesprek te begin.

Once, mense.

Bert.

1 antwoord op Die lewer is ‘n bose ding…

  1. bvolschenk het gesê op April 2, 2010

    eks nuut opi blogs met ‘n lewer wat kak gee, maar ek punish triple terug, once..en vir ‘n fok vlieg daai kite heelnag! as j wil weet hoe kyer ‘n meester met ‘n snor, pak ‘n lyn skelmbos toe, want STELLenboscH is waar die snor koning is…..en ‘n mullet natuurlik…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.