Jy blaai in die argief vir 2010 April.

‘n Quickie virrie pêlle

April 29, 2010 in Sonder kategorie

Ek wil net gou ‘n vinnige nota gooi vir almal wat my gekontak het omdat hulle ook vêr verby die beskaafde fokken vlak van gatvol vir die kak in die land is.

Ek is besig om met mense te praat sodat daar iets gedoen kan raak. So vinnig as wat ek iemand raakloop wat iets fokken sinlik sê, sal julle eerste wees om te weet. Promise.

Ek wil nie fokken half-styf tussen die lakens induik nie, as julle figure wat ek sê. Nog ‘n pis-in-die-wind plan is die laaste ding wat nou nodig is.

Funny, maar daar is altyd die grootbêk bliksems wat nie kan wag om ‘n fokken pennie in die fishpond te gooi nie. Waar’s julle dan nou, en wat het van al julle wonderlike fokken oplossings geword?

Om vreeslik te wees

April 27, 2010 in Sonder kategorie

Ek het gaan rus. Dit was aand, dit was oggend, dit was die derde dag wat die storie oor die baba aan my staan en krap.

Kyk, toe Eugene Terre’Blanche doodgemaak was het ek nie te veel gesê daaroor nie. Daars mos die ou ding van die wat lewe met die swaard sal sterf met die swaard, en ten tye het ek gefigure dat dit seker maar ironies en tragies is. Maar meestal ironies.

Maar die ding is groter as ET of die baba nie, is dit nie? Daar is ook die kind wat van haar scooter afgery is, die dogter wie se hande afgekap is, die matriek laaitie wat in sy bed doogeskiet is, en al die ander kere wat kinders gebreek word, oumense verkrag en hulle kele afgesny word en al die vreeslike dinge wat met gewone en weerlose mense gebeur.

Hoe meer ek oor die groter prentjie sit en kyk, hoe meer raak ek de fok in. Ja, dit is seker genoeg om de fok in te raak oor sulke dinge, maar dis nie waarvan ek praat nie. Enige oordentlike mens sal mos maar effens befok raak oor so iets.

Nee, ek raak bloedig de bliksem in omdat daar nie genoeg monsters onder my eie mense is nie. Dis reg, ek praat van mense wat nie ‘n oog sal knip of ‘n haar sal draai oor die idee om dieselfde dinge te staan en doen aan die anderkant van die draad nie. (Ander kant van die draad? As jy nou nog nie agter gekom het daar is ‘n draad nie, trek jou kop uit jou gat uit en word wakker.)

Met die Franse revolusie was daar ‘n man wat die werke verstaan het. Sy naam was Danton, en hy het gesê “Let us be terrible so that the people will not have to be.”

Hy het verstaan dat die reg om te stem en jou stem te laat hoor nie net ‘n nice en fuzzy fokken gunsie is wat die staat jou gee nie, maar dat die gevaar van vreeslike dinge oor die koppe hang van die in beheer van ‘n land as hulle nie jou stem hoor of mooi vir jou sorg nie.

Net jammer meeste mense hier cover te hard vir hulle eie fokken wickets.

Net jammer ons is so ‘n nasie van fokken roompoffertjies en ruggraatlose banggatte.

Help my verstaan, asseblief

April 26, 2010 in Sonder kategorie

Ek het vanaand nie vir julle ‘n storie nie. Ek het vir ‘n slag net ‘n vraag wat ek net wil uitgooi aan wie ookal figure hy het genoeg pitte om dit aan my te verduidelik. Want God weet, ek kan nie meer kop of gat maak hiervan nie.

Hoe moer jy ‘n 1 jarige kind?

Ek wil nie hoor hoe die aanvaller glo net probeer steel het en toe gaan staan en skrik het vir die baba en toe sy cool verloor het nie.

Ek wil ook nie weet hoe fokken onderdruk hy was toe hy klein was nie. Ek wil nie hoor hoe dit apartheid se skuld is nie. Ek wil ook nie hoor hoe die wittes alles het en hy so bitter min besit nie. Want sien, ek gee regtig nie meer ‘n fok om oor enige van daai holrug geryde fokken versies nie.

Ek wil net weet, hoe moer jy ‘n baba?

Ek kan regtig nie worry of hy previously of selfs fokken currently disadvantaged is nie. Ek gee nie om of hy snags in ‘n park onder ‘n fokken card board box moet lê en slaap terwyl ek in my warm bed lê nie. Ek kan nie fokken worry of hy vrek van die honger nie. Inteendeel dink ek dis te goed vir een soos hy. Moet ook net nie verwag dat ek gaan slaap verloor oor hoe hy kaalvoet deur die ryp vir twintig myl moes stap skool toe nie.

Maar sê my bietjie, hoe staan en kraak jy ‘n baba se skedel as al wat jy glo soek ‘n laptop en ‘n selfoon is?

Ek het nie veel tyd vir politiek of die duisende redenasies daaroor nie. Ek wil net probeer, die Here hoor my, probeer verstaan hoe ek hulle moet reken as my naaste? Hoe reken ek hulle as mense, as nie eers ‘n dier dit aan een van sy eie trop sal doen nie?

Help my verstaan, mense. Help my asseblief verstaan hoekom daar nie geweld moet wees nie? Hoekom moet almal staan en kalm bly? Hoekom moet daar nie vreeslike dinge gedoen word om hierdie tipe vreeslike dinge te stop nie?

En dan, verduidelik my sommer ook hoe de fok ek en jy eendag sal moet verduidelik hoe ons net kop geskud en fokkol gedoen het toe die dinge met ons kinders gebeur het?

Elke een van ons hoort vreeslik fokken skaam te kry. Ons is almal beter groot gemaak as om die klas van kak te duld.

http://www.news24.com/SouthAfrica/News/Baby-fights-for-her-life-after-attack-20100423

The more things change…

April 25, 2010 in Sonder kategorie

(‘n cut-n-paste storie oor ‘n cut-n-paste lewe)

 

 

“So dis dan nou maar dit?” Die vraag was onnodig. Ons altwee het die waarheid geken sonder om dit te staan en opjaag uit die lang gras van te veel sê en te min bedoel.

“Mens word mos maar anders” het jy gesê.

“Ja, seker maar” het ek gesmile en nog ‘n sluk gevat.

“Help nie mens staan en stry teen dinge wat jy nie kan reg stry nie. Maak nie saak hoe hard jy dit wil reguit hê nie, party dinge staan en trek in elke geval maar net skeef…” Miskien was die blink wat ek daar gesien het wel ‘n traan, of dalk was dit net die lig wat staan en reguit dinge skeef trek het in my eie kop.

“Ek het gister aan die plaasdam gedink” sê ek meer vir myself as vir jou, en skud nog ‘n sigaret uit die gekreukelde pakkie op die toonbank. Jy stop en kyk vinnig om voor jy deur toe stap.

Die beeld speel weer voor my af. Die eerste keer toe ek jou gesien het was op daai stoep gewees. Vêr weg van waar ek en jy vanaand gesit en skerwe probeer optel het.

Jy was jonk en seker maar mooi op jou eie manier. Jy het ‘n sonrok aangehad en trailbuster boots met rooi in veters gedra. ‘n Blom agter jou oor ingesteek. ‘n Plattelandse Prinses in Pep Stores chique.

Ek het daar gesit op die punt van die winkelstoep, lyntjiesboek en pen in die hand. Besig om los verse te soek in die bleek godsverlate niks wat anderkant die draadheining, oorkant die stofpad, gelê en bak het onder ‘n genadelose son.

“Kry jy nie warm nie?” Jou stem was effens te diep vir jou skraal bou. Ek het omgekyk en die eerste keer jou glimlag beleef. Jou hare het effens om jou gesig gewaai en jy het dit met ‘n sagte laggie weggevee. “Ek gaan swem. In die dam. Sommer hier agter die winkel.” Jy het jou rug op my gedraai en begin wegstap. “Kom jy saam?” het jy oor jou skouer gevra. Ek het.

Op die rand van die sement plaasdam, waarvan die water groen en slymerig was, het jy netjies gaan sit en skoene losmaak. Ek het eenkant gaan sit, nog ‘n sigaret opgesteek en nie mooi geweet van my verwag word nie. “Daai goed is nie gesond nie” het jy toe gesê, feitlik en sonder kritiek.

Jy het opgestaan, jou rok oor jou kop getrek en kaal op die rant van die dam geballanseer. Jou lyf was baie wit waar die son jou nie geraak het nie. “Kom jy?” het jy weer gevra en in die water geklim.

Die water was koud teen my lyf. Jy het gelag en my natgespat. Jou hare was nat en het geruik na geelperskes. Jou mond het my herhinder aan die wilde heuning wat ons as kinders op die plaas uit klipskeure gehaal het.

“Tertia” het jy kortliks gedeel voor ons lippe mekaar weer gevind het. “Bert” het ek tussendeur aangebied. Jy het net weer gesmile en ek het gewonder oor hoe maklik dit was om jou te soen.

“Waarvoor is die boekie?” wou jy weet terwyl jou hand saggies om my nek gegly en jou vingers in my hare begin dans het.

“Ek… uh… ek skryf. Probeer skryf, eintlik” het ek skaamteloos my foute aan jou bely.

Jy het net weer diep in my oë gekyk. Deur my gekyk en geglimlag. Breed, sonder om te tart. Na aan perfek. Selfs met die effense gaping tussen jou voortande.

“Soos ‘n storie of iets? Soos daais in die Huisgenoot?”

Dit was my beurt om te glimlag. Die Huisgenoot was nie hoog op my lys van mense vir wie ek destyds geskryf het nie.

Nie omdat ek myself beter gereken het as Huisgenoot stories nie. Ek het net gedink aan die brief  wat voor in die kar gelê het onder die kaartboek en soortgelyke briewe van ander tydskrifte, uitgewers en ander fok u dokumente.

Die een van die Huisgenoot se redaksie wat my mooi laat weet het dat my stories nou nie eintlik binne hulle teikengroep val nie. En dat ek asseblief nie weer iets hoef te stuur nie.

“Nee” het ek stil geantwoord. “Gedigte.”

Jy het jou oë toegemaak. “Lees vir my…” het jy stilweg gesê.

My gedigte was aalwyn op my tong. Vir my het die hartseer van die strofes die oomblik verkrag en die leuen van ‘n onvervulde lewe teen jou onskuldige vreugde vasgegooi.

Na ‘n tyd het jou oë weer oopgegaan, maar daar was iets anders in die grys dieptes van jou siel. Amper soos ‘n hartseer wat mens het vir iemand anders se pyn. Of die simpatie wat mens het vir ‘n dier se seer.

“Ek is jammer” het ek probeer verduidelik. “Dis dalk ‘n bietjie swaar… Jy weet, dalk ‘n effe te veel…”

“Nee, man.” Jy het weggeswem en uitgeklim. Die son het diamante in die water teen jou lyf wakker gemaak.  “Een van die dae, dan skryf jy iets mooi. Iets oor die mooi, jy weet? Mens word mos maar anders” het jy toe gesê.

“Ja, seker maar” het ek destyd ook gesmile voor ek nog ‘n sigaret opgesteek het.

Happy birthday to jew

April 20, 2010 in Sonder kategorie

Raai wie verjaar vandag?

Dis reg, maatjies.

 

Die een man wat die hele wêreld sal onthou vir sy kak smaak in snor-stilering.

 

Sou vandag 121 jaar oud gewees het as jy nie soveel kak aangejaag het nie.

 

Twat.

Net mooi fokkol om te sê nie

April 20, 2010 in Sonder kategorie

Soveel as wat ek vanaand iets wil sê, is daar fokkol wat by my opkom nie.

Ek is seker maar oorwerk. Ek was after all ‘n volle twee ure vandag produktief. Fokken skandes, ek weet, ek weet…

Ons speel darem die naweek paintball, dan kan ek weer ou mans opfok en klein kindertjies laat huil by hulle ma’s. Altyd fun om gesuip te raak en dan anner mense seer te maak.

Dis die beste fokken sport ever. Once.

Any case, ek gaan maar hier rondloer of iemand anners dalk die een of ander fokken spitsfondigheid gaan staan en kwyt raak het.

Sal dalk more aand weer iets opsit. Maybe ietsie vir die grootmense. So ou stukkie tref-en-trap 18SNLVP skrywe. Ek figure julle vedien weer bietjie matras olympics van die kant af.

Cheers, my skapies. Lekker doeks.

Bert.

Ps) Gertjie, as jy die lees, fok jou. Jy weet hoekom. Fokken sleg moer.

B.

Van bure en naastes

April 13, 2010 in Sonder kategorie

Ek is vanaand moerse cross cultural en bi-rational en al daai mooi fokken dinge wat polities korrekte mense net so hard probeer om te wees.

Sien, na ‘n tradisionele afrika aandete van pap and curry shiekên, kompleet met ‘n blikbeker suurmelk, sit ek nou in my grot en eet die fokken yanks se Mike & Ike sweets en drink belgiese Stella bier wat een of ander ryk poepol hier vergeet het na die laaste groot piss up. Is nie ‘n kak bier nie.

My pens is vol, die bier is koud en ek is so gelukkig as wat mens seker maar kan verdien om te wees. Half-getrek, met jelly sweets wat in die groewe op my agterste tande staan en vasplak.

Suzie is na die skoon-adders toe, so ek en Ballas die brak hou mekaar maar geselskap. Klopjag gooi saggies miellies in die background. In my asbak brand ‘n franse gwai uit. Gitanes. Courtesy van dieselfde fokken yuppie wat die kas bier hier ingesleep het en toe uitgepass het na sy vierde een. Fokken groentjie.

Die bierbottel maak ringe op die traffic fine wat ek as coaster gebruik. Daai hoerskind van ‘n fokken werf-etter spietkop wat die ding vir my gegee het loop seker nog steeds skeef, mits hy daai kramp in die gat gekry het wat ek hom toegewens het. Fokken plastic polisieman. Kon seker ook nie ‘n regte job kry nie.

In hierdie toestand moet mens seker nie probeer skryf nie. Mens raak mos geneig om diep te staan en raak. Amper soos na ‘n paar plukke aan so ‘n ou rolletjie papagaai slaai.

Langsaan is die buurman en sy tert-van-die-week is weer besig om griekse party te hou figure ek, en luister na die gegil en nog ‘n bord wat breek. Dis ten minste fun om langs ‘n spannetjie platkoppe te bly wat regtig borde en shit gooi wanneer hulle befok raak.

Die dowwe stukkie mens moes mos nou die dag tanne laat regmaak. Sy squeeze het my getune hy was doosdronk en die moer in vir iets of die anders, wat gewoonlik ‘n kak kombinasie is. Hy het toe glo uit frustrasie probeer om ‘n hap uit ‘n steenmuur te probeer vat. Die steenmuur het die fight gewen. Partykeer kan mens ook maar net jou kop laat hang in skaamte, jy weet?

Ek luister hoe sy hom weer ‘n fokken bliksemse verfokte fok-op noem, net voor nog ‘n koppie ‘n onverwagse einde van sy bruikbaarheid bereik.

Vanaand slaap ek seker weer nie, want hulle wil mekaar mos al ewig bliksem tot goed na twaalf en dan besluit hulle mos ‘n opmaak steek is actually ‘n beter fokken plan. So omstreeks twee uur vanaand pomp hulle weer hard genoeg om die hele fokken kompleks se honde en oumense te ontstel. En dit nog in Afrikaans ook. God weet.

Well, ten minste is hulle nie ‘n fokken lot well-to-do finger innie gat snobs nie. Ek verkies tappits bo aansitterige fokken mense. Daar was ek seker darem lucky, want snobs is die twee nou wragtag nie, en daarom moet ek seker maar hulle kak tollerate. It could have been worse.

Die jirre hoor my, die laaste fokken ding wat ek nodig het is om weer langs ‘n fokken BMW brigade te bly.

Ek smile vir Ballas die baster brak wat begin grom vir ‘n gecko wat my grot se muur uitklim opsoek na ‘n mozzie vir sy eie aandete. Selfs Ballas, en ek reken meeste anner diere, het dinge wat hom annoy. Geckos is hoog op sy hate list. Seker maar wat gebeur as jou pa en ma boetie en sussie is. Honde het mos nie skrome nie.

Dit laat my dink aan tolerance en ek figure jy hoef nie ‘n anner ou te like om hom te fokken verdra nie. Al wat dit actually van jou vat is om die beste deel van sy kakkerigheid op te spoor en dit deel te maak van jou eie self, en dan te hoop hy het genoeg fokken savvy om ook maar iets te kry wat die moeite werd in jou eie bestaan is om dieselfde mee te maak.

Suzie gaan seker netnou hier wees, so dis tyd om ‘n laaste ingevoerde skuimkop deur die kraag te jaag.

Terwyl ek nou besig is om die klein moffie se fokken bier uit te suip, steek ek maar nog een van sy smokes ook op en gee myself ‘n pat on the back.

Tolerance is nie te kak nie.

Ek figure ek het gegroei as mens vanaand.

Politiek, en hoe gatvol ek is vir ander se kak menings

April 13, 2010 in Sonder kategorie

Ag, kan almal van julle nou asseblief net ent kry met julle kak? Lyk my elke twede doos het nou weer gaan staan en soap box afstof en probeer die land red van God weet wat.

Nee, ek loop nie met my kop in my gat rond nie. Ja, ek weet die land is in sy moer.

Maar nie meer so as vir die afgelope 16 jaar nie. Ek wil net weet wat jou planne is nadat jy die land oorgevat het? Gaan jy die fokkop probeer regeer? Hoekom sou jy wou? Simpel bliksem.

Maar hulle het ‘n groot naam in die Afrikaner sirkels vermoor! Ons is almal volgende!

Ja, ET is doodgemaak. In sy eie bed. Maar Chris Hani ook. In sy eie fokken driveway.

So voor jy weer staan en teem oor Malema en die A.W.B. en die A.N.C. en die D.B.V. en die Y.M.C.A. en al die res van die ou fokken bondeltjie bra’s en panties wat die land se vuil wasgoed opmaak, lees eers die stel vrae en antwoorde.

Dit mag jou dalk nuwe insigte gee.

Polarisasie vraelys:

1) Was ET en Hani ewe deur die kak?

Beslis. As jy nie saamstem nie, dan kan jy sommer ook maar fokkof. Hierdie is ‘n vraag en antwoord sessie, nie ‘n perskonferensie nie. Bastard. (Thanks vir daai ene Julius, dis nogals fokken handy).

2) Het die twee van hulle verdien om dood te gaan?

Almal gaan dood. Almal skuld die lewe ‘n lewe. Ek ook, nes jy. Nes hulle en ons en die res van die mensdom.

3) Het hulle verdien om vermoor te word?

Ek figure dis ‘n baie kak manier om te gaan. Nee, ek dink nie enigiemand verdien dit nie.

4) Het almal destyds met Hani se dood gekak en gekerm oor die land wat gaan brand?

Ja. En nie fokken hoe nie! Was amper iets bybels, soos mense reggemaak het vir hulle uittog uit die beloofde land, en so aan.

5) Het dit gebeur?

Uhm, het dit ooit regtig opgehou? In watter fokken land bly jy, doos? Die land brand nou al vandat wit en swart saam hier kom plak het, oor die 300 jaar gelede.

6) Is ons kak regtig in die pos?

Wie is die “ons” waarvan jy praat? Die blankes? Om te praat van ‘n “ons” moet meer as twee eers saamstem en saamstaan. ‘n Ding wat blankes nie eers kan regkry as jy hulle aan mekaar sou fokken vasbind nie. Fokken “ons” nogal! Moenie laat ek fokken lag nie.

7) Nou goed, vergeet van “ons”.  Is daar oor die algemeen dan kak oppad? Gaan daar geweld en bloed en derms en hare waai?

Jy let nie op nie, doen jy? Sien vraag 5 se antwoord.

8) Is Julius Malema regtig ‘n haatlike fokken clown wat nie die witmense like nie?

Wys my enige politieke figuur wat nie ‘n haatlike fokken clown is nie.

9) Maar like hy nie die whiteys nie?

Nee, tien-teen-een doen hy nie. Maar at least het hy baie company. Meeste Afrikaners like hulleself nie eers nie, nevermind mekaar.

10) Maar Bert, hoe raak die situasie my?

Dit doen nie regtig  nie. Ja, drank gaan duurder word. En kos. En petrol. En smokes. En movies toe gaan. En tolpaaie se pryse. En belastings. En pretty much alles tussen in. Maar jy sal dit aanvaar soos al die ander kak wat jy met soveel heldemoed klaar onder die belt gekry het.

Nou ja, met dit uit die pad uit vra ek nou weer…

Die volgende keer voor jy in een of ander publieke plek gaan staan en doemprofeet speel, moenie.

Jy maak die oumense onrustig en die kinders bang.

En dis nie nodig nie.

Jy moet wakker wees!

April 13, 2010 in Sonder kategorie

Daar is niks meer fokken haatliks as om nie te kan slaap nie. Ek figure hulle moes insomnia eerder insania gedoop het, want na twee of drie dae se wakkerte raak mens mos maar minder ge-fokken-ballanseerd, if you know what I mean.

Slaappille kan ek nie, so moenie eers voorstel nie. In any case remind dit my nou weer aan die kak grappie wat ons as graad een kinnertjies vir mekaar vertel het. Hoekom loop Jan van der Merwe so saggies verby die apteek? Hy is bang hy maak die slaappille wakker… Ha-fokken-Ha. Kak grap.

Ek sou later in my lewe ‘n Jan van der Merwe ontmoet. Hy sou uitdraai om ‘n regte fokken doos te wees. Die wiel het vir hom ook gedraai en ek kon nie anders as om te smile toe die dominee op sy gatgrou dag staan en vertel watse fokken champion hy nou eintlik was nie. Figure meeste van die smiles in die kerk was nie nostalgies nie.

So pille en salwe is nie ‘n opsie nie. Nie oordat ek Jan nie veel gesmaak het nie, maar oordat die goed my so fokken naar maak dat ek wil vrek. En dan slaap ek nog steeds nie. Lê net fokken so siek soos ‘n lokasie brak op die toilet se koue teëlvloer en oefen elke nou en dan my uitspraak in Grot-man.

“Huhrk, huhrk… HAAWAAZINGGABAAAA!” gevolg deur ‘n snuif. “ghooob… ghooooob… KARAMATANAGARAA!” Gevolg deur die afdroog van trane, geblaas van neus en die suur nasmaak van jou aandete wat êrens tussen jou neusholte en klein tongetjie rondhang.

Ek verstaan daar is die lucky fokken mense wat die kak drink en dan net omdop. Sleep of the dead and righteous. Wys jou nou weer net.

Soos ek netnou ook gesê het is ek en Insomnia se affair nie ‘n nuwe ding nie en kom soek die slet elke aand my bed op. Die kak daarmee is dat mens se kop jou stadig aan begin los en dinge wat jy eers veilig kon bêre as fantasie en bullshit raak maar net all to real vir jou overstressed ou fokken peanut.

Jy begin kak sien wat jy nie regtig daar is nie en jy hoor dinge wat jy weet nie regtig bestaan nie.

Vat nou maar vanoggend toe ek besluit om nou maar die huisgenoot neer te sit en te gaan pis voor ek vir Suzie die koffie perculator aansit sodat die lucky bliksem kan probeer wakker word. I fucking ask you.

Stap toe die badkamer in en sien ek in die spieël die eerste fokken hallucination vir wat belowe om nog ‘n lang en kak dag te wees. In plaas van die jong, aantreklike en gespierde mannetjie wat gewoonlik daar vir my kom staan en kuier, sien ek ‘n bebaarde hangpens fokker wat so begin raak-raak aan die middeljare.

Ek het maar vinnig gevluit en ge-fokkof kombuis toe, koffiepot ge-kick start en vir Suzie gaan probeer oortuig dat sy ook ‘n pay check moet gaan maak. Tot my grootste fokken relief lyk sy toe darem nog dieselfde. Nes toe ek haar ontmoet het. Thank God for small mercies.

En net toe ek begin reken dinge is terug na normaal, toe fok alles weer in mekaar.

“Dink jy ek word oud?” vra ek toe terwyl ek in die kombuisdeur staan en ‘n Chesterfield brand maak. Suzie antwoord nie dadelik nie. Skuif die suikerpot rond, staar by die venster uit. “Ja, ek dink almal word maar ouer” sê sy en stap nader. “Moenie worry nie, ek is steeds lief vir jou. Selfs al pak jy die ponde aan…”

Ek is dadelik befok en besluit om maar eerder die topic te verander. “Ek het gisteraand aan Jan van der Merwe gesit en dink. Jy weet mos, daai ou fokker wat met Adrie gestaan en sukkel het?”

“Ja” sê sy toe vir my. “Die twee van hulle was gelukkig saam…” Sy drink haar koffie en ek verwonder myself, nie vir die eerste keer nie, aan hoe sy goed kan vind in enige mens.

“Hy was ook nie so oud nie, Bertie.” Die glimlag sê meer as wat ek hoor. “Hy was maar twee jaar ouer as wat jy nou is toe hy die hart aanval gehad het.”

Ag fok.

Ek begin stilletjies wens sy wil gaan werk sodat ek kan gaan slaap. Maar ek gaan nie slaap nie. Ek gaan in die bed klim en daar rondfok met my skelmpie, Insomnia die onuitputbare teef.

Daai suur smaak is terug, so skuins neffens my mangels.

“Het jy planne vir my? Jy weet ek is mos maar fokken arm jong, en jy erf nie vreeslik fokken baie nie, huh?”

Die min slaap doen nou weer dinge aan my ore. Dit gebeur. Jy hoor goed. Stemme en stront. Genuine.

Die keer is dit Suzie se stem. “Nee, maar miskien moet jy ophou rook…”

Slaap. Ek moet. Ek kan nie. Fokker.

Fokken ractions

April 12, 2010 in Sonder kategorie

My fok, maar het ek nou lanklaas so gaan staan en smile vir mense en hulle ou fokken dingetjies.

Dis eintlik heel weird, maar ek het eintlik gemeen om ‘n helemaal anner post vanaand hier te sit. Een van my ou stories oor hoe die noodlot vandag nou weer besluit het om in my ketel te staan en pis toe ek my paspoort wou gaan omruil vir ‘n vars ene.

Log toe mos nou in en ek sien die latest updated blog fokken dingetjie tune van ‘n Afrikaanse rewolusie of some such. Nou ja, die van julle wat my ken weet mos ek is altyd op vir ‘n scrap. Once.

Anyways, ek gaan check toe die ding uit en soos altyd lees ek eers alles wat daar staan wat my fancy vang en dan gaan nodge ek wat anner mense daarvan dink. Is gewoonlik baie meer amusing om te sien hoe mense dinge draai as wat die original post was.

Kyk, gewoonlik vat die res mos maar die queue van die eerste een se post af. Daar is mos nooit ‘n comment voor iemand besluit om ‘n klip in die bos te slet nie. En dan tos almal mos maar saam op dieselfde ou fokken wysie. Lekker tappit, maar wie is ek om die ketel ‘n fokken toaster te noem?

Draai toe uit die ou wat die blog skryf maak op sy eie weird fokken manier sense. Net ‘n worry dat hy fokken vloekwoorde soos afrikaner en nasionalisme en protestant en so aan staan en gebruik het. Figure hy moes maar eerder poes gesê het. Hy sou ‘n beter reception gekry het daarmee, figure ek.

Soos die ding vir my lyk wil hy mense staan en help om hulleself te help, indien die kak dan ook nou die fan strike en spat op die politieke landscape hier in die R.S. of A.

Kyk, ek hou myself maar min op met sulke kak. Ek probeer fights pick wat ek dalk kan wen, maar ek moet erken die laaitie het balls. En hy skryf so oordentlik! Ek sou lankal vir die mense getune het hulle moet fokkof. Genuine.

Die een lat staan en sê selfs vir die arme doos hy het ‘n kort slurpie! Ek meen, fokken regtig! Jy kan mos nou maar vir ‘n man staan en sê hy is ‘n fokken werf-etter met ‘n harige rug, maar party goed los jy mos nou maar uit. Jy weet, in die naam van decent wees en so aan.

Al wat ek nou nie verstaan nie, en miskien kan iemand my reghelp hierso, is hoekom almal maak asof die ou Hitler se second cousin is of iets. Het ek dan ‘n ander fokken blog gelees?

My God, mense. Daar is bitter min fokken mense oor met die ruggraat om op te staan en anner te probeer help!

Hoekom moan julle oor dinge wat kak is, en dan gooi julle die seun met klippe?

Ek meen ander as dat die aller ewige fokken latyn mou regtig ‘n pyn in doe prostaat is?

As iemand nou nog steeds wil gaan loer wat daar aangaan, hier is die addy.

http://blogs.litnet.co.za/arf/

Net nie na die tyd by ou Bert kom huil oor hoe lank dit gevat het om alles te lees nie.

Once, my skapies. Papa is nou fokken vodde, so ek gaan nou kiep. Miskien post ek more iets wat funny-funny is. Dan kan almal dalk teen my ook opgang en my vertel hoe ‘n fokken kluit ek is.

At least kan ek dan met julle saamstem, so reg voor ek vir almal vertel om my gat te byt.

Lekker doeks, my vrinne.

Bert.