Te veel

Februarie 25, 2010 in Sonder kategorie

“Fok, Oom…” Hy kyk na my met oë wat te groot lyk vir sy gesig. Sy hande bewe terwyl hy rondgrou in sy Levi’s se sakke vir ‘n lighter. ‘n Gekreukelde Winston hang van sy lip af.

“Wat nou? Wat de fok maak ons nou, Oom?” Die jong man van amper twintig lyk of hy nie kan besluit of hy moet lag of huil nie. Hy lyk soos een van daai japanese cartoon mannetjies wat ‘n moerse surprise gekry het en ek sukkel om nie te smile nie.

My eie hande bewe nie. Ek het nog altyd die manier gehad om myself kalm te skrik. Die bewe en naar word sal later kom, na die kak verby is.

Ek steek ook ‘n sigaret op, meer om tyd te wen as enigiets anders. “Oom? Wat moet ons maak, Oom? O fok tog. O fok, o fok, o fok fok fok…” Hy bewe sy sigaret tot tussen sy lippe en begin rukkerig te giggel.

“Stadig nou, chomma” antwoord ek en begin bakkie toe stap om my selfoon te gaan haal. Die jong man dink nie veel van die idee nie en maak dit duidelik deur my aan die arm te gryp en terug te ruk in sy algemene rigting. “Waar gaan Oom? Moenie my hier los nie!”

“Ek gaan net my foon in die bakkie haal…” Hy kyk my wantrouig aan, maar knik in elke geval sy kop.

“Vat so” sê ek en gee vir hom die rubber sambok aan.

Op die paving, hande mooi bymekaar gemaak met ‘n cable tie, lê ons Zimbabwean mede-mens. Sy gesig is geswel en my hande is seer.

Die vrou wat in die deur staan met ‘n pienk gown en ‘n verwilderde uitdrukking op haar gesig knik net stadig haar kop op en af terwyl sy haar arms stywer om haar lyf trek. Ek hoor haar dogter huil in een van die huis se kamers.

“Wat maak ek as hy iets wil try, Oom?”

Ek maak die bakkie se deur oop.

“Dan vat jy daai sambok en jy moer hom. En jy hou aan om hom te moer tot hy stil lê. Verstaan jy?” Die trane staan duk in die mannetjie se oë. Hy knik en sluk so hard dat ek hoor hoe sy keël ‘n droë klikgeluid maak.

Ek bêl die noodnommer. Die polisie vat twee ure om op te daag. 

1 antwoord op Te veel

  1. lekker storie

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.