Om bleek te voel…

Januarie 6, 2010 in Sonder kategorie

Goedige fok, maar is ek nou bly dat ek ten minste weer kan sien. En my fingers werk ook nou weer reg genoeg om te sit en tik. Dis ‘n goeie ding figure ek, want sien, ek het so reg by die dood se poorte gaan staan en fokken braaivleis hou. Amper fokken langboompies toe. Tickets. Toegezip, weggepak en ge-fedex na ou Nick toe. So amper-fokken-amper ‘n one way trippie oppie ou hallelujah train gewen.

Dit was die eerste en hopelik ook die laaste fokken keer wat ek met ‘n vier-dag-babalaas hoef te sit. Teen dag twee is jy bang jy vrêk, en teen dag drie is jy bang jy vrêk dalk nie. Seriously fokken sad, my skapies. Heavy tos.

Maar laat ek julle nou eers bietjie terugstap en julle nou mooi beduie hoe ek in die sorry fokken state beland het.

Soos die van ons wat nou so vêr terug kan onthou sal weet, was dit nou die dag new years. Twenty-ten, we wish you a happy new year en drink nog ‘n ice cold beer. Laa-dee-daa. Sal ons ou vriende ooit vergeet? Not fucking likely.

En so met oujaarsaand saam gaan die Combrinks mos nou maar groot. Sommer so by my ou kaja die jaar ook, anners moet ons weer te fokken wyd cruise met die helfde van Solly Kramers innie ou lyf. En die met al die fokken plastic poliesmanne wat die strate koekeloer is dit nie so solid fokken roep nie, verstaan?

Any case, ek en Thinus het vroegdag al agter die wendy house op ‘n stel draadstoele gaan sit en ‘n paar koues aangerand. Daar waar die vroue ons nie sal sien en ons te veel kak tune nie. Kyk, dit was ook nou nie net my idee om so vroeg vles te vat nie, maar soos gewoonlik het hy te veel fokken drank gekoop en toe moes ek hom help om van die kak ontslae te raak.

So uit broederlike liefde maak ek myself toe maar diensbaar om die ou kas pinte. Teen so 3 uur die middag het ons altwee nou al ‘n stewige fokken buzz aan en dinge tussen ek en ouboet gaan fokken famously.

Dis toe dat ou Bomies toe ook opdaag en die laaste kans vir redelikheid en moderasie en matigheid voor oë hou besluit om vroeg pas te vat. So teen die tyd wat die anner mense begin inklaar vir die aand se waansin was die drie van ons al sterk oppad Melmac toe.

Dinge draai toe so uit dat so twintig mense my stoep vol sit en reg maak vir die groot fokken dors. Maar teen die tyd was ons bier al baie naby aan gedaan en Plan B moet in werking gestel raak.

B vir brannas en coke, fokken obviously. En daarmee kak die eerste liter Wellington vinniger as wat ek aan net drie mense kan toeskryf. Moet ek seker ook maar in alle regverdigheid byvoeg dat ons vroue ook nou al teen die tyd regtig die fokken joke se punch line gemis het en nie te vreeslik fokken dik van die lag was vir ons nie.

Nie eers toe Boomies meeste van sy kit verloor het, in sy jocks bo-op die een tuintafel geklim het en ‘n redelike goeie job van ou Robbie se leeuloop nie. Seker met die wat hy toe afmoer en amper in die fokken braaier beland dat hulle nie meer wil saam giggle nie. Jy weet, party mense het ook net geen fokken skaamte of brieke nie. Simpel doos het toe ook maar net opgestaan, getune hy is sorry, en weer soos ‘n blinde kamakaze pilot weggestap en neergekont oor Hermanus, my tuindwergie. Een van daais met die rooi punthoed en die gieter in sy vet ou fokken handjie.

“Ag sorry ou maatjie…” preuwel die eenvoudige fokken kluit toe nou maar en tel Hermanus weer mooi regop. “Ek figure nie hy mind te veel nie… Check hy smile nog steeds!” laat Anton weet uit die hoek uit waar hy iemand anners se vrou of girlfriend probeer op-square.

En so word Hermanus en Boomies boesemvriende en moet daar vir die ou fokken seun ook ‘n dop gegooi word. Niemand kla nie. Teen die tyd is meeste van ons al so goed poeskas toe dat ons nie regtig meer mekaar, of ons eie, name kan onthou nie. Almal se name word vervang met Ouboet, groot seun, my ou of china. Selfs Hermanus die tuindwerg word eers Germanus en toe Gert en uiteindelik Gerrie.

So met die dat ek en Thinus vir Gerrie vertikaal-uitgedaagde nuwe vriend nog ‘n dop wil gooi dat ons agterkom dat die brannas ook sy gat gesien het. Maar ons het no fear en sonner veel kopkrap gaan ons oor na Plan C. Die C wat obviously staan vir search en suip. Maak meer sin as jy goed fokken warm is, maar dit behels dat jy teen daai tyd so fokken motherless is dat jy enige fokken drank se baas is. Selfs daai bottel rooiwyn wat iemand seker so drie jaar terug by my vergeet het na ‘n braai en ek net nooit terug gegee het nie.

Nou moet julle mooi fokken verstaan, die wyn was seker gebottel so kort na Gam vir sy pa gelag het. Maar met die ou bottie en die res van die alles wat ons bymekaar kon maak fok almal wat nog kan loop, Gerrie die tuindwerg inkluis, swembad toe. Al moes ons beurte maak om Gerrie te dra, want teen die tyd het hy nie meer sy bene so lekker gevoel nie.

Meeste mense is toe ook nou maar in die water in wat warmer gelyk het as wat dit regtig was. Party met hulle klere aan, party sonder. Niemand het te veel gemoan nie. Behalwe miskien Gerrie, wat teen die tyd ook nie meer kon swem nie en reguit bodem toe gegaan het. Met ‘n moerse gejuig het Thinus hom toe maar gered van versuiping. “Hy’sj nog fokken pisj-naaish… tjak hom, hy sjmile nog altyd!” roep Anton toe weer en almal gaan in holskeur-mode in oor die kak grappie.

En so raak ek toe honger en begin die bak chocolate fudge brownies wat Annelize saamgebring het omsingel en erg skade gee. Ek sien nog hoe sit en grinnik sy nadat ek die vierde een so halfpad pens toe gestuur het. “Ek het gedink jy gaan die space cakes like, Bertie” is die laaste ding wat ek onthou sy gesê het en die meer ernstige gaps in my onthou begin het.

Die volgende dag kry my en Thinus in die kompleks se jacuzzi, leë wynbottel langs ons op die grasperk en Gerrie die tuindwerg gesig onder in die water tussen ons. Ek vis hom toe nou maar uit en sit hom mooi eenkant neer voor ons begin klere, sleutels en dinge bymekaar maak en terug stap huis toe.

“Waar de fok was julle? Ek het gedink julle het gery?” Suzie se bêk was so ‘n effe dik met my, maar ek reken seker ook maar met haarself ook. Sy het ook redelik goed gedoen oppie Bacardi Breezers en was so effe bleek.

“Innie Jacuzzi, saam met Gerrie” antwoord ek en probeer hard om te smile. Dit maak te seer en ek skuif verby Thinus om ons kortstondige vriendjie maar weer op sy pos langs die boomvaring te gaan installeer. “Hy het amper weer versuip” vertel ek ernstig terwyl ek om my rondkyk na al die leë bottels en dinge ooral op die grasperk.

“Maar ek figure hy is fine…” Thinus begin hakkelrig lag. Suzie se oë trek net nouer.

“Check hom, hy smile nog steeds!”

6 antwoorde op Om bleek te voel…

  1. Neeeee o vet, ek kan nie onthou wanneer laas ek myself uitasem gelag het terwyl die trane loop nie. Dis amptelik, jy’s fokken snaaks dude.

  2. Giegie giegiegiegieigie!
    😀
    😀
    😀

  3. katrina het gesê op Januarie 6, 2010

    Lmga!!!

  4. Dude jou storie is fokken snaaks, en daar is wragtag geen ander manier om die nuwe jaar in te donner nie, well done!

  5. 🙂 nee kyk Bert…jy het n manier ne… hehe

  6. kl0nkie het gesê op Januarie 7, 2010

    jirre .. lmbimpi!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.