Ho Ho Ho !

Desember 25, 2009 in Sonder kategorie

Howzit,

Net gou vinnig vir almal kom sê merry, happy!

Hoop die dag is beter as wat meeste vermoed dit gaan wees.

Geseënde kersfees, my skapies.

Once.

Bert & Suzie

Kersdag 2009

 

Vroegdag kry my op die vorstoep, waar ek oor-soet koffie drink uit ‘n beker wat iemand vir my persent gegee het. Een met die ou landsvlag voorop. ‘n Sigaret brand stadig uit in die asbak op die stoeptafel. My hond lê by my voete en lêk ingedagte aan een van my kaal tone.

Dit gaan ‘n warm dag wees reken ek, en kyk verby die stoepdak na die wolkelose hemel. Miskien gee iemand vir my ‘n swembad vir krismis, hoop ek stilletjies. Daar is beweging in die kombuis. Verseker my ma wat gisteraand se skottelgoed begin was. In die agtergrond hoor ek een of ander onbekende familielid snork soos ‘n walrus in hitte.

Die huis is vol mense wat ek lanklaas gesien het. Party van hulle weens omstandighede, ander met goeie rede.

Agter in my kop maak ‘n stoomtrein reg om stasie te verlaat en ek wonder weer waar ek die Grandpa’s en Proheps weggesteek het.

Ou kersaand was nie te goed vir my nie In retrospek is vles vat saam met familie seker nooit regtig ‘n goeie ding nie.

“Dankie vir my geskenk”. Jy staan in die deur, daardie pragtige stoute smile van jou ooral oor jou gesig gesmeer. Jy het een van die kinders se groen krismis-elfie hoed op en ek voel hou die lag in my wil oorkook.

Jy kom sit op my skoot, vou jou arms om my nek en soen my op die voorkop. “Geseënde kersfees, Bertie…” Jy ruik na perskes en sonskyn. My hart trek skeef in my bors van al die liefde wat hy sukkel om te dra.

“Happy, happy Suzie…” Daar is ‘n knop in my keël. Die koffie help.

‘n Kar ry verby en my getroue waghond storm die heining om sinneloos te staan en kef, agterbene wyd uitmekaar, kop vorentoe gestrek. Sy stert staan stokstyf in die lug en hou die ritme van sy eenvoudigheid.

“Simpel fokken brak” mor ek en sit my arms om jou lyf. Jy lag saggies en sê iets oor hoe hy nes sy baas staan en doelloos geraas maak. “Gedra jou” antwoord ek verby my eie glimlag.

Dis kersdag.

Daar is niks wat ek hoef te kry nie.

In die oomblik het ek alles wat ek voor kon vra.

1 antwoord op Ho Ho Ho !

  1. pasella het gesê op Desember 25, 2009

    Nice Bert, heppie ook daarso.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.